Daai witbroek

Oktober 14, 2011 at 6:25 vm 7 Kommentaar

Ek het gister by ‘n buurvrou gaan skinder toe ons ander buurman daar aangekom het.  Ag, ek meen gaan kuier.  Ewentwel, die buurman, maak tuin in sy err en hare ook.  Hy staan toe gister en vroetel in die tuin maar ai.  Sy kortbroekie kom nog uit die ark en ek giggel toe die wind so met die pype te kere gaan.  (ou mans kan tog so potsierlik lyk.)  Sy kom agter dat ek giggel en merk toe op;  “ou Faan kan net sowel ‘n mini dra so min verskil is daar tussen sy kortbroeke en jou Tumi se mini’s.”

Toe neem dit my weer vêr weg en lank terug.  Ons was oppad Kaap toe vir ‘n vakansie en my jeugvriendin en haar gesin ook.  Ons het wel verskillende bestemmings in die Kaap gehad, maar het saam gery.  Haar man het ook een van die mini kortbroekies gehad.  ‘n Witte om alles te kroon.  Hy was vroeg so heilig op die broek.  Toe sy kleuter seun hom aan die broekspyp beetgekry het, het hy die kind se handjie gou afgehaal en gevryf oor die plek waar die handjie was.  Toe ons gestop het om te eet, het hy ook elke liewe krummel gou en deeglik afgeskud wat op die broek geland het.  Die broek was so hoog opgetrek dat dit heelwat potsierlik gelyk het.  Hy was destyds ‘n lang maer man.  Hoe nader ons aan Kaapstad gekom het, des te meer het die wind gewaai.

Die laaste stop was op Beaufortwes.  Hy het uitgeklim en hy en Homer het eers beraadslag toe is hy terug na hulle motor by die petrolpomp voor waar ons petrol ingooi.  Toe buk hy vooroor met sy hand op hulle kar se dak en hy begin die kar te skud on sodoende meer petrol in te kry.  (ek het mos al genoem dat mans potsierlik is.)  Kyk, toe kry die wind daardie kortbroek se pype beet.  Omdat Hans maer was, was daar heelwat pyp om mee te speel.  Hoe meer daardie pype om sy bene gefladder het, hoe meer het ek gelag.  Mol het haastig nader gekom en gesê:  ” vertel vir my ook ek wil ook lag.”  Toe het ek haar gesê om te kyk hoe Hans se broekspype ‘n riel om sy bene dans.  Sy het ook gelag.  Dit was regtig snaaks.

Tot vandag toe, het ek hom nooit weer die broek sien dra nie.

Gedagte van die dag:   Beelde is dikwels saadjie van herinnering.

Geniet die naweek en bly veilig.

Geluk met jou verjaardag Ouboet.  Godseën oral en altyd.

 

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Weegskaal Piesangbrood

7 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Oktober 14, 2011 om 8:36 vm

    EERSTE!!!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Oktober 14, 2011 om 8:37 vm

    So al asof dit die broek se skuld is. 😆 Het hy darem langer broeke begin dra?

    Antwoord
  • 3. Olga  |  Oktober 14, 2011 om 9:01 vm

    dit was nie eintlik die lengte van die pyp wat dit potsierlik gemaak het nie, dit was die feit dat mans mos altyd hul bene wyd uitmekaar plant. Toe het die wind mos baie gehad om mee te speel.

    Antwoord
  • 4. Sonlig  |  Oktober 14, 2011 om 9:45 vm

    Ek hoop Hans het ‘n onderbroek aangehad…

    Antwoord
  • 5. Olga  |  Oktober 14, 2011 om 10:23 vm

    ek het wragtig nie geloer nie, sonlig.

    Antwoord
  • 6. Gerda. J  |  Oktober 14, 2011 om 12:56 nm

    hoekom trek oumans altyd hulle broeke so hoog op? dan is dit jare gelede se broeke, lankal te groot maar hulle trek net die belt stywer vas.

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Oktober 15, 2011 om 8:17 vm

      Jong, ek is al so gekondisioneer dat ek soos in glad nie in ‘n sittende ouman se rigting kyk nie. Ek wil nie nog skeel word ook nie.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: