Weegskaal

Oktober 13, 2011 at 6:28 vm 7 Kommentaar

 

Oor die jare heen, het misdaad ernstig gestyg in Suid Afrika.  Misdadigers kom dikwels op tegniese punte los, dan stap hulle weg, dikwels met ‘n vet eis vir hulle kuier in die selle terwyl hulle verhoorafwagtend was.

Ek is geen ET fan nie, maar …..  Ek glo die ET moordenaars gaan ook so los kom.  Die verdediging se prokureur het alreeds die staat se getuie, ene sgt Jack Ramonyane gekry om te erken dat hy getuienis gefabriseer het.  Eers was seksuele teistering geskree, toe weer geen getuienis by beide dat hulle ooit gesodomiseer was nie.  Nou agtien maande later raak raak hulle weer aan seksuele teistering.

 

Albei die “beskuldigdes” het skuld erken.  Mense het getuig dat hulle gespog het met wat hulle gedoen het.  ‘n “Cut and dried” saak sou ek dink.  Tog sloer die saak nou al agtien maande lank.

In Januarie vanjaar word ‘n ANC raadslid, Johan Ndlovu vermoor.  Die “beskuldigde”  Life Nkozi slaan op vlug met sy kar en ‘n paar selfone.  (Sien Grieters, dis nie net ek wat multi nie) Toe bel hy Ndlovu se vrou en vertel haar waar hy die lyk gekry het.  Hoe gerieflik tog.  Hy word dae later te Hazyview aangekeer.  Hierdie moordsaak is afgehandel.  Die “beskuldigde” is vandag tot vyf en dertig jaar gevangenisstraf gevonnis.  Laat ons nou nie bly word nie.  Al was die vermoorde se naam Johan, was hy swart en ‘n lid van die ANC.  ET aan die anderkant van die skaal, was wit en die leier van die gehate AWB.

Aangesien die hofdokumente nog nie weggeraak het nie, neem ek aan ‘ ander plan sal gemaak moet word.  Dus sal daar na ‘n tegniese punt gesoek word om die “beskuldiges los te kry.  Ek glo steeds dat hulle tot helde geslaan sal word.  Suid Afrika het mos nie ridders nie.

Gedagte van die dag:  Geregtigheid?  Nie in Suid Afrika nie.

Advertisements

Entry filed under: Politiek.

‘n Pen is ‘n pen Daai witbroek

7 Kommentaar Add your own

  • 1. iemand wat weet  |  Oktober 13, 2011 om 7:11 vm

    nou maar wat verwag jy? hulle is die laaste helde van die struggle.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Oktober 13, 2011 om 9:15 nm

      Die struggle? Moord is moord of dit nou in die naam van struggle of sukkel gepleeg word.

      Antwoord
  • 3. Olga  |  Oktober 13, 2011 om 8:19 vm

    ek dag die struggle was in die ’90’s al verby. Die wa se springs is al mur toe gery.

    Antwoord
  • 4. Xena Phoenix  |  Oktober 13, 2011 om 8:23 vm

    Die geregstelsel is ‘n klug op die beste, enige plek op aarde. Dit is daardie tegniese punte wat mense los kry.

    Die ET saak gaan interessant wees. Daar is baie mense baie ongelukkig oor die vonnis wat Bees Roux gekry het, hoewel regskenners meen dit is voldoende. Tog skree van die ministers rassisme.

    As die ouens los kom, gaan rassisme geskree word. As hulle gevonnis word, gaan daar ook rassisme geskree word. Tog moet ons onthou dat hulle nie borg gekry het nie. Ek reken wel dat hulle gaan sit.

    Antwoord
  • 5. Olga  |  Oktober 13, 2011 om 9:50 vm

    as hulle skuldig gevind word, sal dit vir moord wees. Hulle kon hul heil elders gaan soek het. Dit was nie nodig om moord te pleeg nie. As hul los kom, sal dit verkragting van die gereg wees. Maar wie gee om? Die anc het dan so pas WEER die gereg verkrag toe hul julius malema toegelaat of beter nog, opdrag gegee het om te appelleer teen die HOF, dus, DIE GEREG se uitspraak dat sy gewraakte liedjie haatspraak is. Wdf???

    Antwoord
  • 6. Gerda. J  |  Oktober 14, 2011 om 1:01 nm

    dis n indrukwekkende perd in elk geval. eers was die minderjarige nie daar nie, nou se hulle hy was fisies nie in staat om die pyp hoog genoeg te kon lig nie. ek dink hy gaan n miljoener weg stap.

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Oktober 15, 2011 om 8:15 vm

      Jong hulle waarheid het baie krinkels. Of is dit kreukels? Maar uiteindelik sal geregtigheid seevier, al is dit nie deur die hof nie.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: