Bangmaak praatjies

Oktober 6, 2011 at 6:22 vm 7 Kommentaar

Ek stuur dit aan net soos ek dit ontvang het.  Dit is heelwaarskynlik net weer bangmaakpraatjies maar soos my wyse Moedertjie sou sê “Forewarned is forearmed.  Daarom deel ek dit maar in elk geval.  Ons sal nie gelukkig genoeg wees om met griep in ‘n luukse hospitaal met griep te lê nie.

WAARSKUWING: 27/28 OKTOBER 2011 – ‘NATIONAL DAYS OF MASS ACTION’

Die ANC se Jeugliga het ‘n massa-mobilisasie-en-aksie-program vir Oktober op hulle webblad geplaas by http://www.ancyl.org.za/show.php?id=8085 genoem die NATIONAL DAYS OF MASS ACTION.

Hulle het op Sondag 18 September in die Albert Luthuli Huis vergader om ‘n konkrete program tot massa-aksie te beplan. Daar is toe besluit om op 27 en 28 Oktober 2011 massa-optredes in strategiese dele van Suid-Afrika te hou. Oral in die land sal daar betogings voorkom maar die hoofberoeringe sal op 27 Oktober gedurende die dag in Johannesburg en op die hoofpaaie oppad daarnatoe wees, en die middag op die paaie na Pretoria, die aand, die nag en die volgende dag op 28 Oktober in Pretoria oppad na en in die omgewing van die Uniegebou voortduur.

Dit behels NIE-VREEDSAME protesoptogte waartydens oor ‘n hele aantal sake protesteer sal word, onder andere om die nasionalisering van myne te eis.

Johannesburg:

Ná die myn-eise by die Kamer van Mynwese is hulle plan om na die Johannesburgse aandelebeurs in Sandton te beweeg en daar die land se rykdomme te op te eis, vinniger transformasie van die ekonomie, en nog meer belangrik, werk vir al die jong swartes te eis.

Pretoria:

Van daar sal hulle na die Uniegebou in Pretoria gaan vir ‘n nagkabaal waartydens hulle ‘n memorandum sal oorhandig waarin onder andere geëis word dat onderwys- en ander opleiding gratis sal wees, werksgeleenthede vir almal, asook beter behuising met genoegsame sanitasie, elektrisiteit en watertoevoer vir almal. Pretoria sal dus op die nag van 27 Oktober en die dag van 28 Oktober sleg deurloop deur die massa beserktes wat alles met klipgooi en brandstigting probeer vernietig.

Die rede wat die Jeugliga aangee vir hierdie massa-betoging is dat dit hoogtyd is dat die swart jeug van Suid-Afrika die land en sy rykdomme beheer en deel in die voorspoed van die land.  Hulle is glo steeds die agtergeblewene massas wat nou aanspraak behoort te maak op al die bogenoemde voordele en sal dit met geweld afdwing omdat dit volgens hulle nie in die kabinet van die regering aan hulle toegewys sal word nie. Die ANC-Jeugliga sal in die voorafgaande weke in Oktober met spesifieke organisasies kontak om hulle te oorreed om deel te neem aan die NATIONAL DAYS OF MASS ACTION.

Daar sal glo seker gemaak word dat alle takke van die Jeugliga deelneem en hulle sal na Johannesburg op 27 Oktober aangery word waar die hoofoptogte begin.  Kleindorpse ‘agtergeblewenes’ wat nie daar kan wees nie sal hulle eie betogings hou, wees dus nie te gerus oor u plattelandse omgewing nie.

Die oproep word op die webblad gerig tot alle ‘ekonomiese vryheidsvegters wat totaal rebelleer teen die verdrukking” wat hulle in hierdie land ly. Hulle word opgestook om te veg vir wat aan hulle behoort. Ten einde word daar so ‘n oogverblindertjie ingegooi deur te sê dat Suid-Afrika aan swart en wit behoort maar dat dit verkeerd is om so baie mense in absolute armoede te laat leef terwyl Suid-Afrika oor soveel rykdomme beskik.

Wees verseker dat hierdie gewelddadige demonstrasies nie oor die wel en weë van die gehate witman in die land plaasvind nie, en defnitief nog ‘n geval van miljoene rande skade tot gevolg gaan hê soos die vorige massa-betogings waar die opgestoke swartes alles wat voorkom vernietig het – ongeveer R32 miljoen skade. Bly dus uit hulle pad met u lewe en u motor, bly weg van die gebiede waar hulle betoog, en vind veral uit wat die roetes is wat gevolg sal word.

Wees wakker op 27 en 28 Oktober!
Ek hoop regtig dit is net intimidasie taktiek. Ons weet mos nou al dat die hofnar so lief vir blankes was dat hy op 9 jarige ouderdom met ‘n 9mm pistool Johannesburg toe gegaan het met ‘n taxi om Chris Hani se begrafnis by te woon en sommer om alle blankes wie hy sou teekom te beskerm.
Gedagte van die dag:  Laat ons maar altyd op ons hoede wees.  Al het iemand weer ‘n geleentheid gekry om ons paranoia uit te buit.
Advertisements

Entry filed under: Politiek.

Simantics

7 Kommentaar Add your own

  • 1. Sonlig  |  Oktober 6, 2011 om 8:48 vm

    Oi, lyk my die jeugliga wil alweer hulle moederparty in die skande steek. Laat hulle maar so voortdoen…..gee hulle genoeg tou. By JM se verhoor was die opkoms teleurstellend. Ons sal maar sien of hulle die reaksie kry wat hulle graag wil hê van hulle ondersteuners.

    Antwoord
  • 2. Olga  |  Oktober 6, 2011 om 9:01 vm

    grond het hulle willens en wetens verruil en verkoop. Regverdig en wettig. Die eise moet regtig nou stop.

    Antwoord
  • 3. Gerda. J  |  Oktober 6, 2011 om 12:28 nm

    dis bangmaak stories maar as n mens helemal daarvan wegkyk dan gaan dit miskien net kyk. ek het ook die epos gekry en die brief op die webadres gaan lees. dis siek.

    Antwoord
  • 4. Xena Phoenix  |  Oktober 6, 2011 om 3:27 nm

    Ek gaan my nie moeg maak daarmee nie. Ek dink dit is weer iemand wat te veel tyd op hulle hande het. Ek sien in elk geval niks op hulle website nie.

    Antwoord
  • 5. Olga  |  Oktober 6, 2011 om 6:45 nm

    dis weer okt. Onthou verlef jaar okt was dit weer die omsendbriewe wat gevind was van die nieswart mense wat hul sou doodmaak. Het jy die link hierbo gebruik, grieters? Gisteraand was dit nog daar vir almal om te lees.

    Antwoord
  • 6. toortsie  |  Oktober 7, 2011 om 1:48 nm

    Sulke goed onstel ons net onnodig en dit is PRESIES wat hulle wil hê.

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Oktober 7, 2011 om 8:28 nm

      Ek dink dis die enigste rede hoekom hulle dit skryf en post Toorts. Alhoewel, dit is nie meer op die link te sien nie.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: