Nie vir sensitiewe kykers

September 21, 2011 at 6:43 vm 10 Kommentaar

Ari gedori!  Hoeveel kere het ek nie al die woorde op tv gehoor nie?  Wat het ek nie al alles gesien na die waarskuwing nie?  Ek het onder andere mense aan mobiele hyskrane sien hang.  Ek het liggame met komberse bedek gesien wat ek aangeneem het lyke, m.a.w, dooie mense is.  Ek het renosters met groot bloederige snoete gesien waar hulle horings uitgekap of uitgesny is.  Ek het luiperds gesien, bedek van maaiers en ek kon dit vat.  Ek was onder die indruk dat ek nie ’n sensitiewe kyker is nie.  Dit was nou tot Maandagaand. 

Ek het gesien hoe my laggende vriend van Kakaranda, Maurice Carpede, tussen ’n lot plakkershutte staan, voor die begin ’n honde jag, waarsku dat die insetsel SENSITIEWE KYKERS  mag ontstel.  Dit het gevolg nadat “rondloper” honde kinders verskeur het en  in ’n risiko vir mens en dier ontaard het.   

Ai, het ek maar liewer nie gekyk nie.  Van die honde het so sleg skurfsiekte (mange) gehad dat hulle velle soos gelooide, swart gekleurde leer gelyk het.  Geen haar op hulle lywe nie.  Die hondehanteerders het ’n rigiede paal met ’n lus gebruik om die honde mee te vang.  Sommige honde het so erg teen die gevangeneming baklei dat die wereld om hulle met bloed bespat was.  Dit moes verseker van ou wonde wat oop gegaan het, gewees het, want hulle was regtig nie onnodig wreed of hardhandig met die diere nie. 

Daar sit die uwe en huil.  Ai, des te erger toe een ou seuntjie huilende sy pa gebel het omdat hulle sy skurfsiekte hond ook gelaai het.    Weet julle, my hart was so seer vir die kinders en honde ook. 

Hoeveel kere was dit dat sommige van die honde nie geskei was van die mense vir wie hulle lief was nie?  Hoe dikwels beland die honde in plakkerskampe of erger omdat die werklose hom tot tuinwerk of haar tot huiswerk gewend het om net ‘n geldjie vir kos te he?  Dan het die “miesies” of die “baas” hom / haar die hond gegee?  Hy / sy het dan maar die hond of kat huis toe geneem.  Al weet hy / sy hulle kan nie vir die hond sorg nie, maar weet tog dat daar ‘n kossie vir die dier sal wees om op te aas.  Dan is dit wat dit mettertyd tot gevolg het.  Onbeheerde aanteling.  Ondervoeding van die diere.  Geen sorg vir die diere nie.   

 “Miesies, Baas,”  julle weet net so goed soos ek die geldjie wat ons die mense betaal, kan ons self niks mee doen nie.  Ja, ja, ek weet, ons het hulle een, hoogstens twee etes gegee die betrokke dag.  Ons het hulle dalk ‘n kamer gegee want hulle werk voltyds.  Ons, jy, ek, wie ookal, het die hondjie of katjie onweerstaan genoeg gevind om hulle huis toe te bring.  Laat ons dan nie wanneer die nuutjie of oulikheid afgewerk het, die hond aan die werker afsmeer nie.  Ons weet wat ons hulle betaal.  Ons weet of ons op die geldjie sou kon oorleef.  Kinders kon voed en opvoed.  Dink eers mooi voordat jy hulle nog belas met die troeteldier ook omdat ons vir die dier moeg geword het, hulle dragtig of stout is.  

Gedagte van die dag:  Besin eer jy begin.  Om ‘n troeteldier in te neem, is ‘n lewenslange verpligting.  So dink mooi.  Hulle gaan nie vir baie lank klein en oulik wees nie.

Advertisements

Entry filed under: Hartsake.

Another Brick in the Wall Wereld renoster – dag.

10 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  September 21, 2011 om 7:21 vm

    Eerste

    Dit is baie hartseer. Mense wat niks voel vir diere nie, voel ook niks vir mense nie.

    Antwoord
  • 2. Olga  |  September 21, 2011 om 8:05 vm

    grieters, ek kan insien hoekom dit nodig was om te doen wat hul gedoen het. Ek kan insien hoelom dit nodig was om dit uit te saai. Ek het egter nog nooit n hond of kat vir n werker gegee nie. N troeteldier is vastdr as trou in my boek. Dis tot die dood ons skei of glad nie. Daar is nie egskeidings nie.

    Antwoord
    • 3. klippie  |  September 22, 2011 om 8:44 vm

      Ek stem. Dis tot die dood ons skei. ‘n Troeteldier is mos soos ‘n kind in die huis en soms nog jou beste vriend ook.

      Antwoord
  • 4. iemand wat weet  |  September 21, 2011 om 9:06 vm

    ek weti hoek6 hou party mense diere aan nie. ek weet van mense wat net januarie langs my ingetrek het. net die jaar het hulle 4 kate en 3 honde gekry en weer weggegee het. dit is wat die gebeure in die kaap nodig maak. dis of die vangery of doodskiet. en die kids hardloop agter die dbv mense aan om te kyk. ek dink een van die dae gan dit n sport onder die kids ini townships word om die honde te vang soos 50-50 dit gedoen het kan jy dink hoe die honde aanvalle dan op die kids gaan toe neem?

    Antwoord
  • 5. Selene Phoenix  |  September 21, 2011 om 9:51 vm

    Ai dis darem maar baie hartseer… bly ek het dit nie gesien nie!

    Ek voel soos jy voel oor die storie! Ek sal eerder daai dier laat uitsit voor ek dit weggee en wonder wat gebeur met dit!

    Toe ons trek het my hondtjie (Foxy) op my tannie hulle se plaas gaan bly omdat ons nie in die tuinhuis mag diere aangehou het nie… toe ons weer vir hulle gaan kuier het, het hulle haar sommer weggee vir iemand op die dorp… weet tot vandag toe nie hoekom nie, want daarna het hulle ‘n trop honde gekry!! Seker ses!

    Tot vandag toe is ek baie bitter daaroor… en sal in my lewe nooit ‘n dier vir ‘n bediende / tuinwerker gee nie! Ons kan hulle maar sleg sê en sê hoekom kyk hulle nie na hul diere nie, maar ons is eintlik die skuldiges! Ek self sukkel met vearts rekeninge, wat nog van as dit op hulle salaris moet betaal word?? Soos Milo se toon nou die dag was R500… my bediende kry maar net oor die R500 by my vir een keer ‘n week!

    Antwoord
  • 6. Olga  |  September 21, 2011 om 10:48 vm

    dis hoe ek ook voel selene. Voordat mense n tefie koop of inneem met die bedoeling om haar te laat regmaak, moet hul eers gaan uitvind wat sterilisasie kos. My kat se sakkie kos kos r245. Kan jy dink wat sou van hom geword het as ek hom eerder weggegee het omdat hy n kosintoleransie het? Fiprotec is goedkoper as frontline en werk ewe goed. Elke derde maand kom ontwurming by, maar dis ook maar reg so. Ek het hulle gevat ‘ for better or worse. Till death do us part.’

    Antwoord
  • 7. Olga  |  September 21, 2011 om 10:52 vm

    iemand, dit sal wragtig n katastrofe wees. Ai! Wat sal dan van die diere word? Eerlank vang hul mekaar ook so. Ek sal wragtig mense in die omgewing afraai om die bure enige diere te gee.

    Antwoord
  • 8. Selene Phoenix  |  September 21, 2011 om 1:09 nm

    Ek verstaan ook nie hoe jy ‘n hond invat en nie verder dink as jou neus nie.

    Soos my man se ouers het 2 pragtige bulldogs gehad… ongelukkig het skoonma nie van hulle gehou nie, en sommer eendag net die een weggegee! Die man wie die tuindieste gehardloop het, het gesê dis ‘n mooi hond en toe gee sy sommer net die hond vir hom! As ons dit geweet het, het ons haar gevat! Ons het eers ‘n week later gehoor wat sy gedoen het. My man was woedend!! Ons het nou die ander hond, en weet jy sy is so ‘n plesier! Vra nie vir baie nie, net kos en water en bietjie aandag!

    Antwoord
  • 9. Olga  |  September 21, 2011 om 5:45 nm

    dit nadat hul n fortuin vir die honde betaal het en aan hul spandeer het. Kan nie die logika insien nie.

    Antwoord
  • 10. seegogga  |  September 21, 2011 om 6:19 nm

    Ai, daar is so baie ellende in die wereld! Ek ios bly ek het dit nie gesien nie. Ek gloook ‘n troeteldier is ne net ‘n speelding wat jy kan koop of weggeggooi soos jy wil nie. ‘n Mens het ‘n vewrantwoordelikheid teenoor nog ‘n skepsel van God

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: