Snaaks

September 14, 2011 at 6:58 vm 4 Kommentaar

Dis so maklik om te kom sit en oor my neef Mac of oom Doep te skinder.  Tog vind ek dit minder maklik om oor ‘n vriendin te gesels.  Om oor my ouers, my kinders, my susters of broer te praat.  Dis net absoluut asof ek bang is vir wat daaruit gelees kan word.

Ek het in my lewe nie veel vriende gemaak nie.  Ek kom uit ‘n groooot gesin en dis mos asof ons dan nie vriende nodig het nie.  Tog kom meeste van my paar vriendinne uit my jeug.  Wat maak hulle dus so moelik om oor te praat?  Ek wens ek het geweet.  Dalk is dit net makliker om oor ‘n spesifieke gebeurtenis te praat as oor ‘n spesifieke mens.

Dis alweer klein Saterdag.  Die week storm weer tot ‘n einde.  Soos ‘n rivier in vloed wat niemand kan keer nie.

Gedagte van die dag:  Alles in die lewe het ‘n prys.  Vertroue koop soveel.  Soos harde werk en lojaliteit.

Advertisements

Entry filed under: Hartsake.

Net vir jou Suid Afrika Lekker lekker

4 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  September 14, 2011 om 8:20 vm

    Eerste!!!

    Ek kan ook nie oor my private lewe skryf nie. Seker te veel van ‘n pissie daarvoor.

    Antwoord
  • 2. Olga  |  September 14, 2011 om 8:52 vm

    pissie? Ag, nou ja!

    Antwoord
  • 3. Gerda. J  |  September 14, 2011 om 11:26 vm

    as jy aan n vriendin dink, dink jy altyd lig en donker. m.a.w. goeie tye, swaar tye. dus, gebeure. hoekom nie die geheel nie?beure. hoekom nie die geheel nie?

    Antwoord
  • 4. Olga  |  September 14, 2011 om 4:17 nm

    wonder ek dikwels gerda. Maar nou ja.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: