Askies????

September 12, 2011 at 6:52 vm 7 Kommentaar

Wat het een hoender vir die ander hoender gesê toe die Ford verby gery het? Cheap, cheap, cheap, cheap.  Hoe lieg sulke hoenders????  Ari gedorie, ek het amper op my rug geval toe ek Vrydag die nuwe Fords se pryse gesien het.  Die is defnitief van my “mark” af geprys.

Ek is op die stadium nog heel gelukkig met my Fordjie.  Ek betaal nog nie vir dienste nie, sy is lig op brandstof, of dan redelik lig.  Na Vrydag se skok, weet ek by voorbaat, ten spyte van wat die liegbek hoenders sê, is die fordjie, my laaste Ford.  Ek wil nie die nuwe Ford pryse bekostig nie.  So handvol jaar gelede was Ford ook maar ‘n vloekwoord in ons familie.  Toe wou Homer op ‘n stadium my kar (ander maak) inruil op ‘n Nissan.  Dit was waar ek heel verontwaardig my voet neer gesit het en gesê het, “Geen Nissan in my yard nie.  Dan gaan koop jy eerder ‘n 4ken Ford.”  Wat hy dan ook gedoen het.  Sederdien, ry ons net Ford.  Dit was in die dae voor  diè karre gewone Fords was.  Wel, ons het nooit weer terug gekyk nie.

Na die onlangse skok, kyk ek defnitief uit die kassie.  Maar ook maar nie te hard nie.  Teen die tyd dat ek moeg is vir my Fordjie, is ek dalk te oud om nog te bestuur, dan gaan die pryse my nie pla nie.

Hoop julle geniet almal ‘n geseënde, veilige week.

Gedagte van die dag:  Mislukkings, soos die donker van die nag, kan dalk my spoed breek, maar die dag sal weer breek, die son sal dan skyn, en dan sal ek weer volstoom op pad wees.

Advertisements

Entry filed under: Askies????.

He’s got a ticket to ride Net vir jou Suid Afrika

7 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  September 12, 2011 om 8:43 vm

    Eerste!!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  September 12, 2011 om 8:48 vm

    Dit is verskriklik wat nuwe karre kos. En hoe verskriklik maklik hulle waarde verloor.

    Antwoord
  • 3. Olga  |  September 12, 2011 om 11:08 vm

    die tweede deek veral is hartverskeurend. En doen die regering iets om die uitbuiting te stop! Nee, nee! Iewers is mense in beheer met blink palms. (ek meen nie klip se bles palms nie)

    Antwoord
  • 4. Gogga  |  September 12, 2011 om 5:28 nm

    Hel maar julle is duur daar met goed oor die algemeen.
    Ek dink meeste goed word julle mee ingedoen met prys.

    @n kar wat dieslefde kos as ‘n huis is mos stupid.
    En so praat ek die naweek met my boetie en vertel hy my sy laptop battery kos dieslefde as ‘n nuwe laptop hier by my kos.

    Ek sal maar hier vir hom een koop en pos. sjoe.

    Antwoord
    • 5. Olga  |  September 12, 2011 om 9:29 nm

      ek stem so saam. Veral met die indoen gedeelte.

      Antwoord
  • 6. MaanKind  |  September 12, 2011 om 7:10 nm

    My 1978 Ford Escourt was so sexy wipstert nommer, en het so lekker gery!

    Antwoord
    • 7. Olga  |  September 12, 2011 om 9:32 nm

      Ek geniet my Fordjie ook baie, Maankind. Die hoenders se strooipraatjies pla my ook glad nie. Of ten minste dit het nie. Nou weet ek hulle lieg.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: