Enige iets

September 6, 2011 at 12:10 vm 3 Kommentaar

Onthou toe ons nog kinders was hoedat ons ‘n daglange speletjie uit absoluut enige iets kon maak?  Meeste kinders vandag het iets , nee, nie iets nie, maar ‘n speletjie nodig om te kan “speel.” onthou julle hoe ons kennetjie, bok in die hok, rounders, open the gate, wegkruipertjie, vrot eier en vele meer wat ek nie nou kan onthou nie, gespeel?

Aan die eenkant kan vandag se kinders dit nie eintlik waag om te speel nie.  ‘n Mens durf die kinders nie vir ‘n oomblik buite onbewaak laat nie.  Met al die misdaad is dit net te verstane dat ouers hulle kinders eerder voor die tv laat waar hulle darem tot ‘n mate veilig is.  Dit is dus geen wonder dat amper drie uit elke vyf kinders pokkeltjies is nie.  Maar ai, die kinders van vandag mis die heerlike genietinge wat ons as kinders gehad.  Dit is tog so ‘n jammerte dat mense vandag geen respek het vir mense lewens nie.

Ek sou nogal dink dat vandag se kinders wat na skool kom en uit ‘n magdom tv kanale kan kies wat hulle gaan kyk wel te tale sal wees, maar toe nie.  Afrikaanse kinders kan deesdae wel baie beter Engels praat as in ons tyd, maar kan dit ook nie skryf nie.  Of dan, hulle kan nie juis spel nie.  Nie eers hulle Afrikaans spelling is op pyl met wat ons sn op dieselfde ouderdom was nie.  Dis net asof niemand omgee nie.  Die onderwyser laat dit aan die ouers oor en die ouer laat dit te reg  aan die onderwyser oor.  Hulle betaal immers om hulle kinders geleerd te kry.

Met al die tv stories wat kinders deesdae kyk, wonder ek hoe goed hulle net opstelle vaar.  Ek moet egter op hierdie punt my klein Pokkedil vol punte gee.  Ek kan hier darem spog oor sy taal vaardigheid.  Hy is stellig net vier jaartjies oud, maar mensdom, kan die kind ‘n storie vertel.  Hy hoor iets op tv, iets wat iemand dalk in ‘n onbewaakte oomblik voor hom kwyt geraak het en die volgende wat jy weet, vertel die kind jou ‘n storie wat jou hare sal laat regop staan.

Gedagte van die dag:  Leef en laat lewe.  Behandel kinders met respek dan sal hulle op hulle beurt kinders eendag respekteer en so die lewe veiliger genoeg maak dat kinders weer kinders sal wees.

Advertisements

Entry filed under: Kos.

Pure vertoon The monkey and the donkey

3 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  September 6, 2011 om 7:19 vm

    Eerste

    Jy het vergeet van bemoeisiekte ou tannies wat ledig rond sit. Netnou eet hulle die kinders soos die heks van Hansie en Grietjie.

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  September 6, 2011 om 7:20 vm

    Ek hoop Pokkedil verloor nooit sy entoesiasme vir ‘n goeie storie nie.

    Antwoord
  • 3. Olga  |  September 6, 2011 om 9:52 vm

    😆 my pokkedil sal dan beslis n storieverteller van formaat wees.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: