Dis heerlike lente

September 1, 2011 at 7:07 vm 8 Kommentaar

Dis heerlike lente, die winter is verby, weer nooi berg en  klowe vir jou en vir my.

Whoop!  Dis hoog tyd ook.  Vanjaar het die winter regtig vroeg begin.  Dit het ook aangehou tot goed in Augustus.  Hopelik gaan ons ‘n goeie nat somer ook hê.  Ek hoop regtig dat dit nie nodig sal wees dat ek absoluut moet ry nie.  Maar….  Dis ‘n brug wat ek sal kruis wanneer ek daar kom.

Die saadjies wat ek gesaai het, het al goed kop uitgesteek.  Dis nou behalwe die gesiggies.  Hulle wil net nie vir my groei nie.  Ongeluk van die saak is, die onkruid ook.  Dit terwyl Jamez elders so besig is, hy het vergeet wie het hom werk en kos gegee  toe niemand anders wou nie.  Maar nou ja.  As meen dat hy werk in die dorp het en dus nie die 13km uit die dorp op sy fiets hoef aandurf nie, dan sê ek “Good luck.”

Gedagte van die dag:  Suurheid en gelukkigheid is albei aansteeklik,  watter een versprei jy?

Advertisements

Entry filed under: Moeder Natuur.

Ag nou ja! Wie se skuld

8 Kommentaar Add your own

  • 1. leonvonmoltke  |  September 1, 2011 om 7:38 vm

    Hola drieoooeee!!

    Antwoord
  • 2. Olga  |  September 1, 2011 om 8:12 vm

    hola driehooooeee!

    Antwoord
  • 3. Gerda. J  |  September 1, 2011 om 8:29 vm

    julle sing lekker!

    Antwoord
  • 4. Xena Phoenix  |  September 1, 2011 om 8:55 vm

    ‘n Goeie nat somer kan nogal werk. My tuin kort water.

    Antwoord
  • 5. Selene Phoenix  |  September 1, 2011 om 9:05 vm

    Aaawww ek love die lente!!!! So lekker as mense weer uit hul grotte kruip en in die tuin werk met braai vleis wat in die lug hang!

    Ek is mal daaroor om in die tuin te werk, maar bietjie dom met wanneer om te begin! Wanneer kan mens begin goed plant en kompos gooi? Ons doen altyd in Sept, maar sien jy het al… so wats die beste Olga? 🙂

    Antwoord
  • 6. Olga  |  September 1, 2011 om 10:02 vm

    as die weer jou buite toelaat, selene, kan die meeste plante dit ook vat. Sept en maart is goed. Ek oes al, weet jy. Heel winter se klippe. Hul groei geiler as onkruid. Het sover 3 kruiwavragte klip geoes en 1/2 vrag onkruid.

    Antwoord
  • 7. Nadia  |  September 1, 2011 om 11:36 vm

    Ek het my voorgeneem om nie vandag enige blogs te lees of op FB te gaan nie, want ek het sommer geweet almal gaan sing oor die lieflike lente……..ek sal nou maar my donker herfsgemoed vat en in die hoek gaan sit en mor…..miskien sal ek more vir almal ‘n goeie somer met lekker baie sonskyn toewens 😉 Hoop egter wel dat dit die jaar ‘n goeie reenjaar in SA sal wees!

    Antwoord
  • 8. Olga  |  September 1, 2011 om 12:37 nm

    dankie moo. Klink of j oppad terug is s.a toe. Hoop julle stoutste verwagtinge word oortref.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: