Die sondes van die ouers

Augustus 29, 2011 at 7:00 vm 5 Kommentaar

Ek het dit al voorheen gesê, mens word as ‘n mens gebore.  Jy moet geleer word om goed te wees.  Ek het ‘n predikant hoor sê:  ” Mens word sleg gebore en goed gedonner.”  Dit was toevallig nie ‘n mafia padre nie.

Ewentwel, die mens is maar ‘n skepsel van gewoonte.  So dikwels sal ‘n dronklap of self ‘n alkoholis  se kind ook drink.  Hulle sê in elk geval alkoholisme is meer oorerflik as kanker.  Dalk het die kind, jongmens, dalk nie eers meer so jonk nie, nie nes sy ouer ‘n drankprobleem nie.  Die persoon drink dalk net per geleentheid.  Dog gaan jy die persoon kry wie dadelik gaan sê:  “Die appel val nie ver van die boon nie.”  Of iets dergeliks.  So het die kind van ‘n suiplap die anderdag  genoem van ‘n probleem wat hy met iemand anders het.  Iemand uit sy ouers se vriendekring het dadelik opgemerk:  “Chill asb.  Drink NOG ‘n bier.”  Ek het my gruwelooslik vererg.  Die man, die kind van die suiplap, drink feitlik nooit nie.  Die implikasie van NOG ‘n bier het duidelik gespreek “jy doen dit in elk geval.”

So dink ek ons as mense moet tog so versigtig lewe want alles wat ons doen, of in ons prille jeug gedoen het, gaan op die een of ander wyse op ons kinders reflekteer.  Ek meen regtig nie net drank nie.  Wat van mense met lang vingers?  Ek het al meer as eenkeer my beursie op ‘n “veilige” plek gaan neersit as iemand wie my al ingeloop het skielik opdaag.  Of hulle kinders.    As die skindersaries of hulle kinders naby is, gaan ek ook maar meer doen as net my woorde tel.  Ek gaan hulle verswyg.

Ek weet.  Ek weet.  Dis verkeerd om te oordeel.  Dis verkeerd om te veralgemeen.  Tog is ek net ‘n mens.

Gedagte van die dag:  Ons soek gewoonlik so hard na die ouer se slegte eienskappe in die kind, dat ons dieselfde ouer se goeie eienskappe in dieselfde kind nie raaksien nie.

Advertisements

Entry filed under: Sug.

Wie het dit gedoen? Die prys van nederigheid

5 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Augustus 29, 2011 om 8:17 vm

    Eerste!!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Augustus 29, 2011 om 8:24 vm

    Kinders leer wel dikwels van voorbeelde wat aan hulle gestel word. Baie kinders wat gemolesteer was, molesteer self wanneer hulle groot is. Kinders wat in geweldadige huis groot word, is dikwels self geweldadig wanneer hulle groot is. Daar is egter die uitsondering ook – meer gereeld wat ‘n mens dink.

    Mense behoort elke saak op meriete te oordeel. As die persoon nie die man gesien drink het nie, het sy geen reg om sulke aannames te maak nie. Eintlik behoort hy die aanmerking met die minagting te behandel wat dit verdien en netjies op haar omdraai.

    Antwoord
  • 3. Olga  |  Augustus 29, 2011 om 8:35 vm

    ek stem. N kind leer uit die voorbeeld wat aan hom/haar gestel word. Dit is wat dit so belangrik maak om te besin eer jy begin ne.

    Antwoord
  • 4. Selene Phoenix  |  Augustus 29, 2011 om 9:33 vm

    Dit is so… in baie gevalle sien die kind die ouers doen dit. Soos pa wat vir ma slaan – dit hoort mos so!

    En rook… my jonger sus rook! Ek sê gereeld vir haar sy moet ophou want my Ma kannie omdat sy self rook.

    My Pa was die laaste paar jaar ‘n alkoholis, en ja dit kan ons of ons kinders dalk eendag tref – maar ons het dit nie gesien as normaal nie – ons almal weet dit was verkeerd en vandag drink ons net per geleentheid en ook glad nie as ons moet huis toe ry nie. Maar as ons so groot geword het en ook so gedrink het was dit ‘n ander storie… so ja dit hang heeltemal af van jou ouers en hul vriende wat dit dalk aan help.

    En as jy ‘n sterker persoon is, sal jy weet dis verkeerd en ‘n ander pad loop. In baie gevalle maak jou verlede jou ‘n beter mens.

    Antwoord
  • 5. Olga  |  Augustus 29, 2011 om 11:53 vm

    ek stem selene. Ek het absoluut net n broertjie dood aan veralgemening. Dog in som gevalle doen ek dit self. Maar probeer die ander die voordeel van die twyfel gee.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: