Iets om na uit te sien

Augustus 24, 2011 at 7:00 vm 5 Kommentaar

Ek was gister soos meeste ander Dinsdae dorp toe.  Toe ek uit ons plaaslike Spar kom, het ek gesien dat daar plante gesmous word.  Oorkant Spar sit die smouse mos so dik soos vlooie.

Ewentwel, ek parkeer toe maar weer die Fordjie en gaan stel ondersoek in.  Nogal ‘n goeie verskeidentheid wat hy gehad het en die plantjies het almal gesond gelyk.  Ek koop toe maar so al om die kool.  Ek hou nie van kool en sy gesante in ‘n somerstuin nie.  Dit lok altyd al wat ‘n insek is.  So enige iemand wat ‘n wenk het om van goggas in die tuin ontslae te raak, voel asb vry om dit hier te deel.

O, ja, die smous vertel my toe so ewe sy koolplante is nie winter se ou plantjies nie.  Dis “somergewasse.”  Aangesien hy nie te ANC was om “somergewasse” te verkoop nie, het ek besluit om ‘n paar te koop.  Toe vra hy of die madam nou “kool, blomkool of cauliflower” wil hê.  Wat is die verskil vra ek?  Blomkool is wit en cauliflower is groen.  So, ek het huis toe gekom en die hele lot kom plant.  Sal nou maar uitsien na somer en watse “somergewasse”  die blomkool en cauliflower gaan wees.  Indien niks anders nie, sal hulle reuk hopelik genoeg wees om die snywurm van my boontjies weg te hou.

Gedagte van die dag:  Moenie die skatte van die lewe mis kyk vir materieele gewin nie.

Advertisements

Entry filed under: Go Go.

Stilbly Nou en dan

5 Kommentaar Add your own

  • 1. Toortsie  |  Augustus 24, 2011 om 7:38 vm

    Ek verkies blomkool! 🙂

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Augustus 24, 2011 om 8:53 vm

    Flip, ek raak oud. Kom deesdae nooit meer eerste nie.

    Ek het iets op Pasella gesien dat kool wel ‘n afskrikmiddel is, kan net nie onthou vir wat nie.

    Antwoord
  • 3. Olga  |  Augustus 24, 2011 om 9:07 vm

    vir snywxrm grieters.

    Antwoord
  • 4. Gerda. J  |  Augustus 24, 2011 om 7:29 nm

    laat my dink aan my tannie se resep waar garlic en knoffel inkom. hoeveel plantjies het die hoenders uitgeskrop?

    Antwoord
    • 5. Olga  |  Augustus 24, 2011 om 10:03 nm

      Sover, het die *&^%$#% uit die tuin gebly. soos dit goeie acdp lede betaam.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: