Nou toe nou!

Augustus 22, 2011 at 6:52 vm 6 Kommentaar

Ek voel die afgelope tyd hoe my siel lig.  Dit was wragtig ‘n kwaai, neerdrukkende winter.  Toe gegee, die koue is nog nie verby nie, maar dit sal nou nie meer lank wees nie.

Verlede week het my bene sowaar getan van paar uur wat ek in die tuin gewerk het, met opgerolde broekspype.  Dit was nie ‘n beplande tuinsessie nie.  Toe ek egter buite kom en die sonnetjie het so lekker gebak, het die bevlieging my net beet gekry.  Gister het ons die vyebome gesnoei of verniel soos Homer dit genoem het,  wraggies, toe ek daarna gaan bad, was my arms bloedrooi gebrand.

Vandag voel die windjie weer aan die skralerige kant.  Maar die sproeier kan sonder my werk en die spinasie, beet,  radyse en blaarslaai wat ek verlede week gesaai het, is al goed aant ontkiem.  Vir my is dit genoeg rede tot opgeruimdheid.  Ek wens julle ook ‘n sorgvrye, veilige week toe.

Gedagte van die dag:  Grootsheid kom bitter selde na hulle wie dit najaag.

Advertisements

Entry filed under: Goed om te weet.

My maker Stilbly

6 Kommentaar Add your own

  • 1. seegogga  |  Augustus 22, 2011 om 9:16 vm

    Ai, ek het hierdie goeie wense nodig! Bly dit gaan goed met jou.

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Augustus 22, 2011 om 9:56 vm

    Blykbaar gaan die koue front ons nie die week te kwaai vang nie. My gras raak weer groen en dit is iets om na uit te sien. Onkruid groei ook nog. SUG

    Antwoord
  • 3. Olga  |  Augustus 22, 2011 om 11:42 vm

    grieters, onkruid is ywerige groeiers. Oes en bmark die saad, dit sal hul groeikoers met ten minste 60 persent inkort.

    Antwoord
  • 4. leonvonmoltke  |  Augustus 22, 2011 om 1:52 nm

    Jou gedagte vir die dag is baie waar!

    Antwoord
  • 5. klippie  |  Augustus 22, 2011 om 8:32 nm

    Ek sien ook uit na die warmer weer. Dan sal my litte minder kraak.

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Augustus 22, 2011 om 10:10 nm

      Ag, klippie, ek hoop dit kom gou hoor. Sulke krakende litte pyn mos.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: