Facebook alweer

Augustus 16, 2011 at 7:00 vm 10 Kommentaar

Gee sommige mense die geleentheid van ‘n opebare platform, al is dit net ‘n sosiale webblad, en hulle moet dadelik wys hoe goed hulle Engels is.   Skielik kry hulle ‘n gehoor (of sal dit ‘n gesien wees?)  dan is hulle skaam dat hulle Afrikaans is.  Ek meen, die mense gaan nie net dalk status update in Engels nie, o, nee!  Skielik praat hulle net Engels.  Tot met hulle Afrikaanse ouers en susters en broers.  Wow, en is dit nou ‘n kwaliteit Engels.  Die soort wat so beslis sê:  “aai aar bêboen.”  Dikwels sit ek lekker en giggel vir wat mense doen.   Ek lees geen status van enige mens wie aan my bekend is as Afrikaanssprekend, as dit in Engels is nie.

Ewentwel, sosiale webwerwe soos Facebook, Mxit, Bing, 2Go en so voort is eintlik heel ongrondwetlik.  Wanneer jy registreer, is daar eenvoudig niks wat sê dat as jy eers geregistreer het, jy geregistreer as bly tot Piet gekom het nie.  Die geluk van klets webwerwe soos mXit, Bing ens is dat jy nie jou naam hoef in te sit nie.  Tog dink ek dat dit regtig in betreding van jou mensereg is dat jy dit nie kan uitwis as jy dit nie meer wil doen nie.  Jy druk wel die “DELETE” opsie.  Maar dit beteken net dat jy dit van rekenaar of selfoon af gewis het.  Jou profiel, besonderhede en foto’s is net in limbo.  Dit is nie weg nie.

Enige mens wie van my wil verskil,  as jy voorheen gemXit, gebing of ge2Go het en dit uitgewis het, probeer weer registreerm maar gebruik ‘n kodewoord wat jy weet jy nie daar gebruik het nie en dadelik kry jy “wrong password.”  As dit uitgewis was, sou jy mos enige kodewoord kon gebruik.  Ek wil nie net Facebook, mXit ens in limbo sit nie, as ek dit nie meer wil doen nie, wil ek dit kan uitwis en weet, niks en niemand kan dit weer heraktiveer nie.

Gedagte van die dag:  Dikwels sien mense gebed as ‘n laaste uitweg.  Moet gebed, kommunikasie met God, nie ons eerste verdediging wees nie?

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Down with the clown Die voëlding

10 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Augustus 16, 2011 om 8:19 vm

    EERSTE!!!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Augustus 16, 2011 om 8:24 vm

    Ek dink ‘n mens moet redelik wees. Die persoon wie se rekening dit is, is dalk Afrikaanssprekend, maar van hulle vriende is nie noodwendig van Suid-Afrika nie. Baie van my vriende het Britte op hulle Facebook ook, wat hulle nie noodwendig wil uitsluit nie. Ek self het weer Amerikaanse vriende. Vandaar die soms Engelse statusse.

    Antwoord
  • 3. Olga  |  Augustus 16, 2011 om 8:48 vm

    nee, wat grieters, dit kan my regtig nie skeel hoeveel damara, italiaans of somaliese vrinne iemand het nie. Txt n Afrikaanse mens in Engels, lees ek dit nie. Die webwerwe spog gereeld met reuse getalle gebruikers. Maar hoe dan ook anders? As jy geregistreer het, kan jy dit nie weer ongedaan maak nie. As jy by die bib registreer en jy kanseleer, word jou ‘kaart’ opgeskeer of jy word van die stelsel gewis. Maas as jy by n kletswerf geregistreeq het, het hul jou FOR KEEPS. Dis ongrondwetlik.

    Antwoord
  • 4. Selene Phoenix  |  Augustus 16, 2011 om 8:57 vm

    Ek skryf baie my status updates in Engels, net omdat ek dit nie elke keer vir ‘n Engelsprekende wil verduidelik nie… of herhaal nie.

    Party keer vergeet ek van hulle en skryf in Afrikaans… maar kry vinnig ‘n boodskap – I dont understand you jibber jabber!

    Wel bygesê ek verstaan ook nie altyd hulle Engels nie 😆

    Antwoord
  • 5. Olga  |  Augustus 16, 2011 om 9:26 vm

    my STATUS is mos elke dag dieselfde. Hoekom sal ek dit wil verander?

    Antwoord
  • 6. Gerda. J  |  Augustus 16, 2011 om 9:39 vm

    jy meen seker die WHATS ON YOUR MIND ding? jy lees en praat dan ook engels.

    Antwoord
  • 7. Selene Phoenix  |  Augustus 16, 2011 om 11:04 vm

    Op ‘n mens se foon is dit “Status updates” op rekenaar is dit “what’s on your mind”

    Selfde ding!

    Antwoord
  • 8. Olga  |  Augustus 16, 2011 om 12:12 nm

    lol, selene, maar. . . Hoe delete ek myself op fb?

    Antwoord
  • 9. Selene Phoenix  |  Augustus 16, 2011 om 12:49 nm

    Soos die naam sê; lets “FACE” it jy is ge”BOOK” for life! LOL

    My tannie sê FB gee almal se kontak nommers vir jou… sy het my probeer verduidelik waar sy dit gekry het – sal uitvind en deel – is maar scary stuff!

    Antwoord
  • 10. Stories is my lewe « Herriemerrie  |  Augustus 16, 2011 om 9:16 nm

    […] skryf?  Dit hoef nie vreeslik lank of vreeslik na aan die waarheid te wees nie.  Ek tag dan vir Olga, Sonkind, Klippie, Demoerin en Toortsie om ons met hulle kreatiwiteit te vermaak.  Onthou om die […]

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: