Die voëlding

Augustus 16, 2011 at 10:54 nm 12 Kommentaar

Eendag, lank, lank gelede, in ‘n wêreld ver van hier, het daar ‘n snaaksigheidjie gebeur.  Laviga en haar maatjies was sommer nog sulke opgeskote dogtertjies toe die ding gebeur het.  Hulle het ‘n snaakse voëlding op ‘n nes sien sit.  Die volgende oomblik, het die voëlding omgeval.  Mors dood.  Laviga en haar niggie Kladika het gou gehardloop om Ouma Heldina te gaan roep.  Dit het mos gebeur in die tyd voordat Ouma Laviga vir ons Viga leer vlieg het.

Nou Ouma Laviga, weet ons mos, was die hoof van die hekseskool in hekseland.  ouma Heldina was toe mos die matrone by die koshuis.  Gou het ouma Heldina die meisies op haar besem gelaai en gevlieg om na die snaaksigheid te gaan kyk.  Daar gekom, het die eierding al uitgebroei en die ou dingetjie hardloop daar rond met die boonste gedeelte van die dop nog oor sy kop, so blind soos ‘n mol.  Ouma Heldina het die dingetjie opgetel en die dop sagkens weggeneem.  Dit was die lelikste ding wat die meisies al ooit gesien het.  Die ander maatjies het weggehol, maar Viga en Kladika het weerskante van Ouma aan haar voorskootpante gehang. So bang soos sandvlooie.

Ouma Heldina het hulle en die voëlding op haar besem gelaai en teruggevlieg koshuis toe.  Daar het sy al die maatjies eetsaal toe geroep en hulle die voëlding gewys.   Sy het hulle gesê die voëlding is ‘n mattensie.  Almal was onder die indruk dat die mattensies al jare gelede uitgesterf het.  Daarom sal hulle ekstra mooi na die mattensie moet kyk.  Die mattensie was ‘n dogtertjie, en hopelik sal sy eendag ander mattensies kan kry en nie meer alleen wees nie.

Hulle moes die mattensie ‘n naam gee.  Toe het hulle ‘n kompetisie gehou en al die maatjies het ‘n naam op ‘n papier geskryf en in ‘n hoed gaan gooi.  Toe het Ouma Laviga van die skool af gekom en ‘n naam uit die hoed getrek.  Sy het die naam het een kyk gegee en geroep:  “Laviga, kom vertel ons watter naam wil jy die mattensie gee.”  Laviga het tussen haar oumas gaan staan en haar hare sulke sirkeltjies begin draai.  Toe het sy haar hoed se punt vas gebyt en om die mond vol hoed gesê  haar naam moet Gatiepels wees.

Fluit, fluit my storie is uit.  Jy het niemand gelos wie ek kan tag nie.  Tensy ek vir Selene mag tag.  En vir Leon; Seegogga en Bileam.  En vir Grieters ook.  Sy het huiswerk uitgedeel, maar nie self gedoen nie.

Entry filed under: Huiswerk.

Facebook alweer Wintersdag

12 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Augustus 17, 2011 om 6:34 vm

    Dit is vreeslik oulik. Kan julle dink as dit met die regte illustrasie uit gegee word?

    Antwoord
  • 2. toortsie  |  Augustus 17, 2011 om 7:53 vm

    Dis ‘n FANTASTIESE storie!! Ek hoop daar kom NOG sulkes. Vir my met die verstand soos ‘n kind is dit VERSKRIKLIK lekker!!

    Antwoord
  • 3. Olga  |  Augustus 17, 2011 om 8:35 vm

    😆 😆 dikwels het my kinders my n leesboek of koerant in die hande gestop. Dan moes ek n storie gelees het. Hulle was nooit tevrede as ek gelees het wt in druk voor my was nie. Ek moes die REGTE storie gelees het.

    Antwoord
  • 4. seegogga  |  Augustus 17, 2011 om 8:46 vm

    Dis ‘n mooi storie en ek is seker die kinders was mal oor jmou stories.

    Antwoord
  • 5. leonvonmoltke  |  Augustus 17, 2011 om 8:55 vm

    Hehehe, so bang soos sandvlooie! Oulik!!

    Antwoord
  • 6. Tannie Tossel se blokstorie « Toortsie se Blog  |  Augustus 17, 2011 om 9:40 vm

    […] vreemd, en die kerslig gaan dood. Weer hardloop hy, terwyl hy met Klippies bestook word en ‘n Rooi Duiweltjie se lag hom […]

    Antwoord
  • 7. leonvonmoltke  |  Augustus 17, 2011 om 10:45 vm

    Hei!! Jy moenie vir my so baie werk gee nie! Darem nou klaar gedoen.

    Antwoord
    • 8. Olga  |  Augustus 17, 2011 om 12:11 nm

      dit was dan so goed gedoen Leon. So bang soos wat? Ek het nog altyd gedink ‘n sandvlooi spring so rond van vrees. 😉

      Antwoord
  • 9. Pato en Gene « Herriemerrie  |  Augustus 17, 2011 om 11:20 vm

    […] was nou so voorbarig om vir almal huiswerk uit te deel, sonder om dit self te doen.  Toe kom deel Olga ook nog huiswerk uit.  Nie juis dat ek dink my talente strek so ver as kinderliteratuur nie.  Ek […]

    Antwoord
  • 10. Bileam se Donkie  |  Augustus 17, 2011 om 9:07 nm

    Ek sal woes moet probeer dink Olga. Maar kinderstories en hygverhale is nie my forté nie, al lees ek albei BAIE graag! JY sal my so bietjie tyd moet gee…

    Antwoord
  • 11. Gerda. J  |  Augustus 18, 2011 om 8:01 nm

    ek het mos gese jy is n dogtertjies ouma. jy was seker n dogtertjie mamma ook.

    Antwoord
    • 12. Olga  |  Augustus 18, 2011 om 9:41 nm

      My dogters sal nie met jou saamstem nie. Ek was ‘n ou stiefma. Ek bederf graag my kleinkinders, ek noem dit sweet revenge!!!!

      Antwoord

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: