Wetsgehoorsaamheid

Julie 29, 2011 at 7:00 vm 5 Kommentaar

Julle weet mos ek skinder graag van my gunsteling oom.  Vandag maak ek weer so.  So paar jaar terug, net nadat hy die grootskerm tv in sy kroeg laat installeer het, het hulle weer die dag om die tv gekuier. sy span het gewen en dit was ‘n groot oorwinning op die rugby kalender en die manne het die oorwinning goed  gevier.  Oom Doep ook.

Ewentwel, die nag nadat oom Doep die kroeg gesluit het, of liewer net voordat hy dit gesluit het, het hy ou Elias gebel en gevra om die hek oop te maak.  Dit gebeur nie dikwels nie, maar ou Elias weet al as hy die opdrag kry, is daar gewoonlik ‘n bonussie betrokke.  Dus, as hy gesvra word om die hek oop te maak, dan maak hy die hek oop en staan maar rond ingeval hy moet vure doodslaan.  Hy staan toe en wonder wat gaan nou weer gebeur want julle weet mos, my oom Doep is ‘n man wie opwinding aanroep.  Maar hy is nie te veel gepla nie want oom Doep sou hom laat kroeg toe kom om die kar huis toe te ry as hy self by kapabel verby was.

Hy sien eers die ligte,  toe nog ligte, toe nog ligte.  Dit kom nader en nader.  Die pad is reguit.  Gelukkig is daar ook geen op of afdraend nie.  Wat sal hy toe nou sien?  Oom Doep loop langs sy kar hand binne in die kar en ou Elias begin wonder of hy nie maar teen oom Doep se bevele in, nie tog vir tannie Doep moet gaan roep nie.  Hier kom ‘n ding.  ‘n Anderste ding.  Maar hy wag maar.  Daar is karre wat agter oom Doep aanry en hy wonder watse onheil gaan hier uitbroei.

Toe die kar egter die werf binne kom, skree hy vir Elias:  “Sien jy eliasj, ek isj nog ‘n wetsgehoorsjame man.  Ek het my kar huisj toe gebring maar ek ht nie dronk besjtuur nie.  Toe het hy die kar se tjouk uitgetrek en langs die kar gestap om dit te stuur.  Al die pad van die kroeg af huis toe.

Gedagte van die dag:  Laat ons ook nie drink en bestuur nie.

Advertisements

Entry filed under: Staaltjies, Uncategorized.

Wat nou Wat maak jou dag???

5 Kommentaar Add your own

  • 1. leonvonmoltke  |  Julie 29, 2011 om 7:27 vm

    Hehehehe, oulike storie! Blykbaar gaan die hele Jhb vandag vol padblokkades wees (ter ondersteuning van jou GvdD).

    Antwoord
  • 2. Olga  |  Julie 29, 2011 om 8:11 vm

    hoog tyd ook leon. 😉 gelukkig is oop doep ver vau daar.

    Antwoord
  • 3. Olga  |  Julie 29, 2011 om 8:12 vm

    ai, ai, oom doep ver van daar.

    Antwoord
  • 4. Gogga  |  Julie 29, 2011 om 5:55 nm

    Slim oom Doep, jammerte vandag se karr werk nie met so plan nie, ek sal maar daai plan moet aanpas

    Antwoord
  • 5. Gerda. J  |  Julie 30, 2011 om 9:21 vm

    lmga. vandag se karre sal seker n rek en n baksteen nodig he.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: