Wat nou

Julie 28, 2011 at 7:00 vm 7 Kommentaar

Goed, jy het jou tydskrifte huis toe gebring, jy het gelees wat jy wou, blokraaisels gedoen en gekyk wat jy wou.  Nou is die tydskrif van buiteblad tot buiteblad gelees.  Wat maak jy nou met die tydskrif?

Hoekom is ‘n mens te jammer vir die tydkrif wat jy ten duurste gekoop het om dit sommer in die vuilisblik te smyt en uit te sit?  Ari, gedorie.  Is dit juis oor die prys dat ‘n mens daaraan vasklou?  Ek het my voorgeneem ek sal net ‘n maand se tydskrifte op ‘n slag opgaar dan gaan ek dit wegfoeter.  dan kom einde van die maand, die kinders soek die tydskrifte om deur te blaai, hulle gaan weg en ek bere weer die tydskrifte.  Mens moet hulle wragtig uitsmyt voordat jy daaraan geheg raak.  Wat maak julle met tydskrifte?  Wil skole dit regtig hê om die kinders met projekte te help?  Wil hospitale dit regtig hê vir die pasiente om deur te kyk?

gedagte van die dag:  Gebed open ‘n kanaal na God se genade.

Advertisements

Entry filed under: Huis en Haard.

Mag van gewoonte Wetsgehoorsaamheid

7 Kommentaar Add your own

  • 1. klippie  |  Julie 28, 2011 om 8:04 vm

    Nie al die ou mense kan altyd tydskrifte bekostig nie daarom ruil ons by die Bybelstudie ons tydskrifte uit. Daar is altyd iemand wat met die tydskrifte huis toe gaan.
    Dan kan ons ook elke week saam met die vuilgoed ‘n aparte sak uitsit vir papier – alles van advertensies, koerante tot tydskrifte en karton word daarin gesit en weggeneem vir recycling.

    Antwoord
  • 2. toortsie  |  Julie 28, 2011 om 9:08 vm

    Ek weet nie van by julle nie, maar die plaaswerkers is baie dankbaar vir ‘n koerant en ‘n tydskrif. Hulle plak hulle mure daarmee. So, as jy die moed het, sit dit by jou agterdeur uit of by die tuinhekkie. Ek glo beslis iemand sal dit gou gryp!

    Antwoord
    • 3. Son  |  Julie 28, 2011 om 4:12 nm

      Ek sit myne ook bo-op my swart vullisdrom, netjies in ‘n plastiese sakkie. So ook ekstra kos, in weggooi margarien bakkies. Daar is altyd ‘n dankbare een wat dit wegvat.

      Antwoord
      • 4. Olga  |  Julie 28, 2011 om 9:45 nm

        Dis waar julle stedelinge die drop op ons plattelanders het, Son. Ek is dol oor die herwinningsdromme wat julle het.

  • 5. Olga  |  Julie 28, 2011 om 9:46 vm

    ai, wens ons hdt recycling programme gehad. Maar alles word net weggeneuk. Weet jy toorts, as ek dit so uitsit, dan gooi hul dit net so weg. Ek weet die naaste kinders, woon in die dorp.
    Klippie, jou bybelstudiegroep klink ideaal. Ek skeur niks uit nie. Resep skryf ek af. Brei of hekel patroon scan ek.

    Antwoord
  • 6. Gerda. J  |  Julie 28, 2011 om 12:46 nm

    dit moet darem maar bad wees as n mens jou huis se mure met koerante en tydskrifte moet toeplak. dit laat my weer besef hoe goed God vir ons is.

    Antwoord
  • 7. Olga  |  Julie 28, 2011 om 1:52 nm

    ai, gerdjie, ek kan jou belowe die mense is ook maar te dankbaar vir die muur om te plak. Dis hulle veilige hawe. Daar is baie met niks, ja, jy is reg. God is goed.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: