1, 2, 3, 4 Stap hul verby

Julie 25, 2011 at 7:00 vm 13 Kommentaar

                            

Sowat tien dae gelede het ek gaan stap met my honde toe een van die bure langs my stilgehou en vriendelik gegroet het. so gesels ons toe hy opmerk: “Oeee, Miempie is so kwaad soos ‘n slang wat kopafgesny is” Heel verbaas vra ek “hoekom is ta Miem so kwaad oom?” Toe kom dit uit:”Nee, sien, sy het gister stoep gewas en die makoue het die wereld bekak. Hulle was bie …, … en … ook gewees en hulle spore nagelaat.” Toevallig almal wie hulle gevoer het en op alle maniere aangelok het om foto’s te neem. Ek het sowat ‘n week voor dit genoem dat my halfslag makoukuikens so rondloop dat iemand hulle verseker huis toe geneem het. Waarop hy toe opgemerk het dat hy gedink het hy het hulle geerf want hulle het by hom ingetrek. Einste ta Miem het hom toe vertel dat ek hulle al weke lank loop en soek. Ewentwel, soos julle kan dink, het die uwe net daar omgedraai en makoue gaan aankeer en huis toe gejaag met ‘n stokkie in die hand. By elke huis waar hulle gevoer was, wou hulle opsluit indraai. Dan was daar vriendelik van die stoep ag aanmerkings geroep. Wat ek geantwoord het en bont moes staan om die klein drosters toegang te keer. Maar, ek het die stoepkakkers by die huis gekry. Ek het hulle vlerkvere geknip en hulle in die “kraamhok”toe gemaak. Ek het die bure tot vervelings toe gevra om nie my pluimvee te voer nie. Maar wie luister tog nou? Ek moes al hoor hoe my makoukuikens en hoenders se foto’s Skotland, Australie, Engeland, Amerika, Kanada en wie weet waar oral heen gestuur is na familie en vriende en hoeveel almal die fotostuurders beny vir hulle voorreg om sulke diere op hulle drumpels te kan voer. Ek was al gewys dat ‘n hoenderhen met haar kuikens, makou met haar kuikens, hoenderhaan wat staan en pronk wat screensaver op pc’s en selfone was. Ek het gevra as hulle wil voer, gooi die groenteskille, broodkorsies of wat ookal oor my heining. Laat hulle by die huis vreet. Maar wie luister tog!Ai, aarde! Mense dink nooit aan die implikasies wat hulle voerdery inhou nie. Telkens wanneer ek een van die bure raak loop, wil hulle weet waar die kuikens is. Hulle moet dan nou die groenteskille en broodkorsies in die asblik gooi want die volwasse hoenders en makoue wei wyd. Hulle gaan nie mense se erwe in nie. Ek het net een antwoord vir hulle. Dan se^ek ek het hulle geslag. Ari gedorie, ek was al so uitgeskel hoor. Dan sal ek hulle almal herinner dat ek hulle gevra het om nie die kuikens te voer nie. Hulle voerdery het my verplig om die makoue te slag. Nodeloos om te se^ is die uwe io die stadium baie ongewild tussen die ander inwoners. Maar ek voel ‘n vy. Gedagte van die dag: moenie dinge doen waarvoor jy nie verantwoordelikheid wil neem nie.

Advertisements

Entry filed under: Sug.

Wêreld kampioen Lente oppad???

13 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Julie 25, 2011 om 8:33 vm

    Eerste!!!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Julie 25, 2011 om 8:35 vm

    Wie nie ore het nie, moet voel. Slag hulle sommer, nie die makoue nie. 😉

    Antwoord
  • 3. Olga  |  Julie 25, 2011 om 9:18 vm

    grieters, gaan jy saam eet?

    Antwoord
  • 4. Selene Phoenix  |  Julie 25, 2011 om 10:15 vm

    Ek wens die mense in ons kompleks wil die duiwe by ons voer! Miskien bly hulle dan weg! Hulle bemors ALLES!! Eet al ons honde se kos op, en maak nes in ons dak!

    So lief as wat ek vir hulle is… en mr. al so baie gekeer het om hulle nie te skiet nie, is dit regtig ‘n gemors!

    Ek het al vir hulle saad uitgesit sodat hulle die honde se kos kan uitlos, maar nee dis mos lekkerder! Mens kannie op een van ons stoepe loop nie, want daars hope stront – ORAL!

    Ai tog!

    Antwoord
  • 5. Gerda. J  |  Julie 25, 2011 om 10:21 vm

    ek sal nie n woord se nie.

    Antwoord
  • 6. leonvonmoltke  |  Julie 25, 2011 om 11:03 vm

    Og, ek onthou hoe die eende op ons plaasstoep geskeit het.

    Antwoord
  • 7. Olga  |  Julie 25, 2011 om 11:28 vm

    lienki, hoe meer jy n geveerde voer, hoe meer skyt hulle. Hoe meer hulle skyt, hoe meer eet hulle. Aan en aan en aan. Dit was hoekom ek gevra het hulle moet eerder wat hul die pluimvee 😉 (laat hul na meer as stoepkakkers klink 😆 ) maar dit wat jy bevind wou ek keer. Toe hul donsige kuikens was het almal hul n, so oulik gevind.

    Leon, snaaks genoeg skyt hul selde indien ooit op die voortrappe of paadjie. Agter het ons toegemaak, so hulle kan nie daar skyt nie, al wil hul.Hoe meer hulle skyt, hoe meer eet hulle. Aan en aan en aan. Dit was hoekom ek gevra het hulle moet eerder wat hul die pluimvee 😉 (laat hul na meer as stoepkakkers klink 😆 ) maar dit wat jy bevind wou ek keer. Toe hul donsige kuikens was het almal hul n, so oulik gevind.

    Leon, snaaks genoeg skyt hul selde indien ooit op die voortrappe of paadjie. Agter het ons toegemaak, so hulle kan nie daar skyt nie, al wil hul.

    Antwoord
  • 8. Olga  |  Julie 25, 2011 om 11:31 vm

    wp het n blaaskans nodig. Hoekom halveer of verdubbel hul net my 5ce?
    Ook net as dit n lang txt is. Ek praat seker te veel stront. 😦

    Antwoord
  • 9. seegogga  |  Julie 25, 2011 om 11:50 vm

    Jy is gelukkig dat jou bure van jou makoue hou! Myne het so gela oor my 2 eende, dat ek hulle maar later moes weggee. Waardeer jou bure!!!!

    Antwoord
  • 10. seegogga  |  Julie 25, 2011 om 11:50 vm

    GEKLA!

    Antwoord
  • 11. Olga  |  Julie 25, 2011 om 1:04 nm

    krappie, jy mis die punt so effe. My diere wei om die huise. In die bos. Die kuikens is die uitsondering. Hul was van anderkant die pad in erwe ingelok met kos. Maar nevermind.

    Antwoord
  • 12. Gerda. J  |  Julie 25, 2011 om 1:25 nm

    lag ek nou leka olga. dis nou nes met die ape en bobbejane wat hulle skelm gevoer het. en hulle het geweet hulle moenie. toe die ape hulle tuine en vrugtebome plunder toe kla hulle. en hulle het ook gekak en kerm oor wat dit tot gevolg gehad het. bbejane wat hulle skelm gevoer het. en hulle het geweet hulle moenie. toe die ape hulle tuine en vrugtebome plunder toe kla hulle. en hulle het ook gekak en kerm oor wat dit tot gevolg gehad het.

    Antwoord
  • 13. Olga  |  Julie 25, 2011 om 3:05 nm

    ai, gerda, jy is so reg. 🙂 huk sal wel oor huself kom. Dis my makoue. As ek hul in elk geval geslag het, hul is mos bedoel om menskos te wees.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: