Kruis en dwars

Julie 16, 2011 at 5:36 nm 3 Kommentaar

Grieters doen dit alweer.  http://herriemerrie.wordpress.com/2011/07/16/littekens/

                                                           

Ewentwel, sy weet waar ek woon daarom beter ek die huiswerk doen wat sy uitgedeel het.  Waar begin ek?  My elmboë en knieë is natuurlik oortrek met kwitansies van die grond wat ek al gekoop het.  Ek kan nie meer die liggings  onthou nie, maar die kwitansies dra ek trots deur die lewe.  Getuig ook seker van my vermoeë om telkemale my lip raak te trap.

Dan het ek ‘n litteken op my linker oogbank as bewys dat ek ook geleer duik het.  Ek het ‘n ronde litteken op my regterwang van die tyd toe ek drie en my sus twee was en sy so honger was, dat sy ‘n hap uit my regterwang gevat het.  Die dokters het so paar gelede gedink dat ek hopeloos te min praat, toe gee my ‘n ekstra mond in ‘n vou van my nek.  Hulle moet my nou sien, ek sweer dan kanseleer dit summier. Op my linker been dra ek voorts twee oë aan die agterkant.  Die kat het kleintjies gehad en my vyfjarige dogter wou opsluit hoor hoe praat ‘n kat.  toe storm die kwaaie Lulu die kombuis binne en gee my oë agter my kop.  Maar omdat ek al soveel bodybuilding gedoen het, sit dit op my kuit.

Voorts het die einste Lulu my met die werpsel daarna, (sy was ‘n regte slet gewees) bestorm omdat ek te na aan die kas waar sy kleintjies gekry het, gestap het en my dwarsdeur ‘n opgestopte pantoffel gebyt.  Die 1 cm lange litteken sit ses en twintig jaar later steeds.  Ek het ook my voet daar in gesit.  Vra maar nie waarin nie.  Ok, ok. (tjk.  Sy weet waar ek woon.)  Ek het sowat drie jaar gelede by die kerk deur die plankvloer getrap en vyf snye oor my linkerbeen opgedoen.  Almal sowat vyf sentimeter uitmekaar.

My laaste val, meer as vier maande gelede het my ‘n oog op my linkerblad besorg waar ‘n klip my geghef het.  Dwaarsdeur my themp sonder dat die hemp ‘n gat ingekry het.  Skone geluk by die ongeluk, ek weet.  Ek het verder drie intieme operasie littekens wat ek nie met julle gaan deel nie.  Dan ‘n paar inwendiges ook.  Natuurlik ook ‘n mooi pienk kwitansie op my linkerknie van die prima stuk grond wat ek 2004 reeds by Wonderuitsig gekoop het.  ingeval dit ook tel, ek is met geboortemerke geseend wat ‘n landkaart op my bolyf en regterbeen uitbeeld.

O, ja, my voorarms is vol brandmerke courtesy madam Defy.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Chain reaction Aanhouer wen.

3 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Julie 16, 2011 om 8:43 nm

    Eerste!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Julie 16, 2011 om 9:46 nm

    Ons moet n kabel karretjie aanle van jou grond tot my grond. Ons sal skatryk raak.

    Antwoord
  • 3. Olga  |  Julie 16, 2011 om 10:58 nm

    dis nou n bakgat idee. Hoef mos nie self te ry nie.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: