Woef woef

Julie 8, 2011 at 7:00 vm 4 Kommentaar

Een aand so paar jaar gelede word ek wakker van die honde se verwoede geblaf.  Ek steek vir Homer in die ribbes en wonder bo wonder word hy wakker.  Kyk, as Homer slaap kan hy met of sonder bed weggedra word.

Ewentwel, ons sluip na die venster en loer deur die kleinste skrefie.  Niks.  Daar is absoluut niks te sien nie.  Voetjie vir voetjie sluip ek van kamer tot kamer.  Kan darem sien in die straatlig se glans dat die kinders nog rustig slaap.  Ginatjie staan in die gang tussen die kinders se slaapkamers, hare orent, maar sy luister ook net, sy knor nie eers nie.

Homer skuur verby en gaan loer deur die voorste venster.  Hy swets gedemp en gaan pluk ‘n broek aan en kry sy rollie uit die kluis.  Hy fluister dat daar ‘n kombi in die oprit staan.  Steel seker die garage leeg.  Ai, en hy het tog soveel goed.  Gewapen met die rollie en ‘n moerse kolf wat hy self gedraai, uitgeboor en met lood gevul het,  glip hy deur die deur.  My hart het in my keel geklop.  Ek dink as een van die kinders toe agter my moes praat of beweeg, het ek myself skaamteloos beskyt van bangheid.

Homer sluip agter om die huis garage toe.  Ek staan toe met opgehoue asem en wag om ‘n slag, vloek of skoot te hoor.  Niks.  Die sekondes gaan verby.  Ek kon die getik van die sekondewyser van die “van der merwe’ horlosie agter my hoor.  Hy moet tog al daar wees.  Ek sit op my kniee so neffens die eetkamer venster en loer die kleinste skrefie in die gordyne.

Toe sien ek hom om die hoek kom.  Die honde om hom.  Ek hardloop en maak die deur oop.  Toe sê hy :  “kom kyk.”  Ek is met wild kloppende hart agter hom aan.  ‘n Vet vreemde kat sit oorkant die pad,  dis vir hom wat die honde so geblaf het.  Die kombi?  Ou Noag wat hy dae tevore gekoop het en waarvan ons in die hitte van die oomblik vergeet het.

Advertisements

Entry filed under: Staaltjies.

Woorde Where do you go to???

4 Kommentaar Add your own

  • 1. Gerda. J  |  Julie 8, 2011 om 10:11 vm

    ek kan my gesluipery net voorstel.

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Julie 8, 2011 om 11:01 vm

    WHAHAHAHAHAHAHAHA

    Ek neem aan julle het effens verlee gevoel. Gelukkig het julle nie die polisie gebel nie.

    Antwoord
  • 3. Olga  |  Julie 8, 2011 om 2:25 nm

    😆 dit was nog in die dae toe mense nie geskiet het terwyl hulle steel nie, grieters.

    Antwoord
  • 4. Laviga Heks  |  Julie 9, 2011 om 11:49 vm

    Hie Hie Hie

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: