Woorde

Julie 7, 2011 at 7:00 vm 6 Kommentaar

Ai, ‘n sucker bly ‘n sucker.  Ek dink ek is een van  die bygelowigste mense wie ek ken.

Ek is ten volle gewus dat die sms’e en eposse wat mens so gereeld kry en jou die maan, son, sterre en die lotto daarby belowe indien jy dit aan 6, 10, 0f al jou kontakte stuur, is ‘n lot stront van die “servers’ af om seker te maak dat hulle diens gebruik word.  Hoe meer mense die eposse en sms’e aanstuur, hoe meer geld maak hulle en mors ons.  Dis regtig ‘n pot stront.  Die ongeluk wat hulle mee dreig indien jy dit nie aanstuur nie, is ook ‘n lot stront.  Tog…..

Oor die algemeen as die epos vertel van die of daardie siek kind wie se ouers nie behandeling kan bekostig nie en die “server” onderneem om 4c aan sy operasie of behandeling af te staan, dan weet ek al dis ‘n lot stront.  Tog…..

Die epos of sms wat jou vertel van die internationale rekord wat hulle wil opstel met die langste gebed ketting nog, die seëninge wat jy sal ontvang as jy aanstuur, hoe meer hoe beter en die teëspoed wat jy gaan optel indien jy dit delete is in lot stront.  Tog…..

Die epos of sms wat jou vra om vir Pietertjie te bid en aan al jou vriende , of dan ten minste net ses mense te stuur.  Want Pietertjie is so siek.  Alle gebede sal help.  Jy weet dis ‘n pot stront.  Tog…..

Weet julle dit maak my nou erg gatvol.  God het nie internet waarvan ek weet nie.  Daarom gaan hy my, jou of die ander nie salif spreek met ‘n aanstuur sms of epos nie.  Die ‘server” gaan vir niemand se hospitaal behandeling of operasie betaal nie.  As daar net een “server” was, ja, dan kan dit moontlik ‘n egte geldinsameling wees.  Maar daar is deesdae al net soveel “servers” as wat daar Piete of Hesters daar buite is.  So watter “server” gaan betaal?  Die kind wat siek is, hoekom ken niemand wie die sms aanstuur nie die kind nie?

Demmit mense, stop die stront!!! As jy dink dis so ‘n gawe idee om ketting sms’e of eposse rond te stuur, moet dit ASSEBLIEF  nie vir my stuur nie.  Moenie my gewete verkrag deur my te vertel dat ek nie ‘n stoute grappie gaan delete sonder om dit aan te stuur nie.  Want weet jy wat?  As ek ‘n toepaslike Christelike sms of epos kry wat nie vra om aangestuur te word nie, gaan ek dit in elk geval aanstuur aan iemand wie ek dink het dit nodig of gaan dit waardeer.  Want sien, as ek nie die sms of epos aanstuur nie en iets sleg gebeur met my of myne dan neem ek jou, wie my die sms of epos aangestuur het, kwalik vir die slegte geluk wat jy my kant toe gestuur het.

Gedagte van die dag:  Van alle ding wat ons ander kan gee, moet ons woorde die beste “verpak” word.

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

Het jy gesien? Woef woef

6 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Julie 7, 2011 om 8:21 vm

    Eerste!!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Julie 7, 2011 om 8:25 vm

    Ek het al lankal besluit ek laat my nie so afpers nie. As ek dan ook dalk lus is om dit aan te stuur, haal ek die mindgames uit.

    Antwoord
  • 3. Olga  |  Julie 7, 2011 om 9:32 vm

    ek doen ook, as ek onthou. As die boodskap vir my die stuur werd was.

    Antwoord
  • 4. Sonlig  |  Julie 7, 2011 om 10:18 vm

    Ek stem!

    ‘n Boom word aan sy vrugte geken – nie deur die hoeveelheid sms’e of e-posse wat hy aanstuur nie.

    Antwoord
  • 5. Gerda. J  |  Julie 7, 2011 om 10:56 vm

    tog voel n mens skuldig as jy dit net delete.

    Antwoord
  • 6. Olga  |  Julie 7, 2011 om 1:22 nm

    veral die wat se as dit n stout grappie was sou jy dit fwd. Daarom, as n epos met daardie deel begin, delete ek dit summier.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: