Hie ko ‘n ding!!!!

Julie 5, 2011 at 7:00 vm 16 Kommentaar

Stroes bob.  Ek weet dat die Gautrein ‘n feit soos ‘n perd is.  Ek moet egter nog een sien ry.  Ek besef dat die goue wurm nog nie in die laeveld bedryf word nie, maar ek gaan nogal gereeld Pretoria toe.   Dat dit nog nie in gebruik is nie, is ook vir my nou, na Grieters se onlangse skrywe so duidelik soos daglig.  Dalk omdat hulle nie ‘n gekwalifiseerde drywers het vir hulle goue wurms nie, dalk omdat hulle nie juis passasiers kry nie.  Ek was onder die indruk dat die trein al sedert die wsb in gebruik is.

Hoe dit ookal sy, al die reklame vir die gautrein vertel my dat hulle nou drywers gekry het.  Of dalk het die drywers darem nou die toetse geslaag om lisensies te kon kry om die goue wurms te kan dryf.

Die tariewe is tog soveel hoër as die gewone trein en taxie tariewe daarom kan dit nie vir die supermark werkers, petroljoggies ens wees nie.  Ek kan egter nie sien dat die YBE  (Young Black Execs) hulle luukse karre by die huis gaan los en ‘n bus of taxie na die gautrein stasie gaan neem, of hulle karre teen ‘n tarief gaan parkeer, op die trein klim tot die naaste stasie aan hulle werk of bestemming, dan weer of stap of met ‘n bus of taxie gaan aankarring na hulle bestemming nie.  Dit is in die eerste plek ‘n omslagtige manier van pendel.  Sal ook besonders duur wees op die lange duur.  Trein, bus en parkeer tariewe.

Nou ja, die gautrein sukkel nog om van die spore af te kom en alreeds beplan hulle ‘n sneltrein na onder meer Durban en Kaapstad.  Ek moet sê as ek na hulle tariewe kyk, kan ek my nie indink dat hulle die sneltrein tariewe na ander provinsies soos Kaapstad en Durban onder vyf syfers kan hou nie.  Die “gemak” dink ek, sal op die lange duur nie die ongerief werd wees nie.

Sal jy met die goue wurm pendel as jy nog moet bus of taxie ry, of ‘n lekker ou kilometer of wat moet loop om by jou bestemming uit te kom?

gedagte van  die dag:  Laat God eers toe om jou te verander voordat jy poog om ander te verander.

Advertisements

Entry filed under: Askies????.

Souskluitjies Het jy gesien?

16 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Julie 5, 2011 om 9:10 vm

    Eerste!!!!

    Ek wonder of die trein warm is binne?

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Julie 5, 2011 om 9:12 vm

    Die Gautrein loop darem sedert Junie 2010 tussen Sandton en die lughawe. Hulle kan passasiers daarvoor aanvaar.

    Ek hoor vanoggend dit kos blykbaar R6 vir die Bus as jy op die trein ook gaan ry.

    Antwoord
  • 3. leonvonmoltke  |  Julie 5, 2011 om 9:53 vm

    Die trein loop elke 15 min of wat nou al vir ‘n paar maande tot in PTA, maar sonder mense, want hulle moet ‘n sekere hoeveelheid ure lank toetsritte doen voor die trein in werking gestel gaan word. Dit sal waarskynlik aan die einde vd maand wees.

    Antwoord
  • 4. noutoe  |  Julie 5, 2011 om 11:15 vm

    Ek het verlede jaar van Sandton na die lughawe gery. Was heel gerieflik in die sin dat dit baie vinniger is as padlangs; geen parkering nodig by lughawe nie en die stap by die lughawe self is korter en vinniger. My grootste verbasing: hoe vol die trein was teen die goueprys wat die rit kos.

    Ek is nogal nuuskierig oor die ritte tussen Jhb en Pta – kan net dink dat ek daarvan sal hou om by die lughawe in die trein te klim en in Pta af te klim wanneer ek vir sake moet binneland toe. Hou NIKS van rondstrompel op die lughawe, huurmotorplekke te loop soek, die motor te vind en dan te bestuur na Pta nie. Maar vir daaglikse gebruik deur pendelaar-werkers? Nnnnaaaa, ek weet nie of DIT regtig gaan werk nie.

    Antwoord
  • 5. Olga  |  Julie 5, 2011 om 1:18 nm

    1 groot plus wat die gautrein kan dalk veiligheid rondom hul stasies wees. Ek self sou so n stappie geniet het. Maar wie het deesdae tyd vir dit?

    Antwoord
  • 6. Selene Phoenix  |  Julie 5, 2011 om 1:27 nm

    Ek het nog net een keer op die trein gery, en moet sê ek het dit baie geniet! Blerrie duur gewees net vir die fun of it, maar lekker!

    Ons het by Rosebank opgeklim, lughawe ietsie gaan eet en toe weer terug Rosebank toe. Baie mooi binne… wonder net hoe lank dit so gaan bly.

    Hoeveel gaan dit kos vanaf JHB na PTA? As Rosebank?

    Antwoord
  • 7. Selene Phoenix  |  Julie 5, 2011 om 1:28 nm

    Skies moet wees Rosebank na PTA

    Antwoord
  • 8. noutoe  |  Julie 5, 2011 om 1:36 nm

    Jip, sien, dit was my verstomming ook: die prys van daai kaartjies! Besigheid of te not – dit was duur, al het ek nie betaal daarvoor nie. En my bekommernis was ook: hoe lank gaan dit so netjies bly? Eish – eens lank, lank gelede was die strate ook netjies en die sypaadjies skoon…

    Antwoord
  • 9. Olga  |  Julie 5, 2011 om 2:23 nm

    selene
    volgens google is dit glo r46 van rosebank pta toe. Vir n enkelkaartjie.

    Antwoord
  • 10. Olga  |  Julie 5, 2011 om 2:38 nm

    volgens google is die langste rit op die gautrein hatfield na pta. Teen r49 per enkelkaartjie. Die bus kos voorts r6 en parkering so min as r10 per dap al2 onder hewig aan n buskaartjie. Wat my r120 vir n retoer gee. As jy egter met n weeklikse kaartjie reis, kos dit r43 per enkelkaartjie. Wat jou r108 per dag gaan kos. Met n maandlikse kaartjie kos dit r39 per enkelkaartjie wat jou dan r100 per dag kan kos. Geen tolgelde. JAMMER, EK HET AL DIE SOMME VOORAF GEDOEN. KAN NIE DINK HOEKOM EK DIT UIT DIE POST GEHAAL HET NIE. Die tariewe was op 1 apr 2011 beding.aartjie. Die bus kos voorts r6 en parkering so min as r10 per dap al2 onder hewig aan n buskaartjie. Wat my r120 vir n retoer gee. As jy egter met n weeklikse kaartjie reis, kos dit r43 per enkelkaartjie. Wat jou r108 per dag gaan kos. Met n maandlikse kaartjie kos dit r39 per enkelkaartjie wat jou dan r100 per dag kan kos. Geen tolgelde. JAMMER, EK HET AL DIE SOMME VOORAF GEDOEN. KAN NIE DINK HOEKOM EK DIT UIT DIE POST GEHAAL HET NIE. Die tariewe was op 1 apr 2011 beding.

    Antwoord
  • 11. Olga  |  Julie 5, 2011 om 2:39 nm

    wp is absoluut manies.

    Antwoord
  • 12. Selene Phoenix  |  Julie 5, 2011 om 2:41 nm

    Dis vreemd, ons kaartjies Rosebank na OR Tambo was R100 p/p soontoe en weer R100 terug!
    Mense het seker gekla! Want

    Dankie Olga!!

    Antwoord
  • 13. Olga  |  Julie 5, 2011 om 2:54 nm

    of hul webtuiste lieg weer selene. Dis hoekom ek besluit het om die tariewe uit te haal. Ja, nou onthou ek. :blush:

    Antwoord
  • 14. Xena Phoenix  |  Julie 5, 2011 om 3:15 nm

    Ek kan inderwaarheid van my huis bus ry na my werk toe. Dit sal my egter R20 per trip kos. As ek die trein gebruik het, sou dit net 6 wees. Dan sou ek (en ander) dit actually oorweeg het en ons karre by die huis gelos het.

    Antwoord
  • 15. Olga  |  Julie 5, 2011 om 4:09 nm

    grieters, hoe ver sal jy van jou huis busstop toe en uit die bus werk toe moet stap?

    Antwoord
  • 16. MaanKind  |  Julie 7, 2011 om 2:36 nm

    Die eerste keer wat ek Gauteng toe gaan, wil ek gaan ry.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: