Souskluitjies

Julie 4, 2011 at 3:24 nm 3 Kommentaar

Grieters skimp so lekker vir ‘n sous kluitjie resep.  Dit maak my ook lus vir souskluitjies.  ongelukkig is ek te lui vir die skoonmaak agterna.  Ek sal egter my “tried and trusted”  resep met julle deel.  As ek haar moet los om haar vriendin Google se resep te kry, gaan haar tenant die pad vat as sy die kombuis moet sien.  As Jayde nog hier rond was sou sy haar ma se spog resep vir ons kom opsit het.

Ek is nou nie een vir tierlanteintjies nie.  Daarom is daar geen styfgeklopte eierwitte nie.  Daar is geen kluitjies eenkant gekook en sous anderkant en dan ‘n tweede huwelik van die twee nie.  Voorspoed Grieters.  As ek dit kon doen, kan jy ook.

Deeg

250 ml koekmeel, gesif in mengbak

5 ml bakpoeier oor meel gesif

100 ml suiker

30 ml smeer (botter of margarien )

1 eier

water

(Geen knippie sout nie)

Metode

Sprinkel suiker oor die meel en vryf die smeer goed in.  (of gebruik die klitser.)  klits die eier met sowat 50 ml water en voeg by.  As die mengsel te droog is, voeg nog water by totdat die deeg van lepel af kan rol.  (Gtieters, dit meen dikker as tjoklitkoek deeg maar dunner as brooddeeg)  Laat eenkant

Sous

750 ml kookwater

250 ml suiker

Verhit water en suiker in groot kastrol met deksel op.  Wanneer dit vinnig kook, skep jy klontjies deeg (nie te groot nie)  VINNIG in die kokende water.  Doop die lepel gereeld in die kokende stroop.  Sit die deksel op en verlaag die hitte na medium.  Laat tien minute kook.

Geniet!!!

Variasies.

1.  Vir karamel kluitjies:  Neem ekstra 100 ml auiker en karameliseer dit.  M.a.w,  verhit die 100ml suiker oor medium tot hoë hitte totdat dit smelt en verkleur, nie brand nie.  Voeg die water by en sit die deksel op. Wanneer die karamel gesmelt het, voeg die suiker by en volg die resep verder.

2.  Lemoen of suurlemoen kluitjies:  Rasper 1 lemoen of suurlemoen se skil in die water.  Druk die sap uit en gebruik dit in die deeg i.p.v die water om dit mee aan te maak.

3.  Vir tjoklitkluitjies: Voeg 75 ml kakoa by die stroop.  Onthou tog net om dit met ‘n bietjie koue water aan te maak tot ‘n dun paste.

4.  Vir spesery kluitjies:  Voeg 5 ml gemmer, 5 ml kaneel en 50 ml appelkooskonfyt by die sous.

Gaan jy vir ons ‘n foto opsit wanneer jy dit gaan maak????

Advertisements

Entry filed under: Kos.

Hmmmm Hie ko ‘n ding!!!!

3 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Julie 4, 2011 om 4:47 nm

    Dankie, ek gaan beslis probeer

    Antwoord
  • 2. Gerda. J  |  Julie 4, 2011 om 6:54 nm

    ek ook.

    Antwoord
  • 3. Kluitjies « Herriemerrie  |  Julie 5, 2011 om 9:00 nm

    […] het ek my skimpe gegooi en Olga het vir my die nodige resep gegooi.  Met die vereisde dat ek ‘n foto moet opsit as ek dit […]

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: