Vele oë

Julie 1, 2011 at 8:00 vm 9 Kommentaar

Desjare indie hometown, was ons supermarkte maar soos groot kaffees en net so duur ook.  Ons het maar altyd einde van die maand na die buurdorp gery om die fools game te gaan speel.  ewentwel, daar is ons die dag almal gespit en gepolish toe Homer inkom en kom sê die kar verseg om te start.  Weet uit.  Hy het gekrap en gekarring.  Later weer in.  Op die foon.  Dit was mos voor die tyd van selfone, sien.

Al wat ek weet was dat die motorhawe die vorige dag ‘n motorwerktuigkundige uitgestuur het.  Die het iets verwyder onder die enginkap van Homer se kar en het dit die middag teruggebring en teruggesit.  ‘n Paar minute later is dieselfde ghriesapie toe weer daar.  Hy en Homer krap. hulle karring, maar so ‘n Opel verseg om te start.  Die kinders het maar voor die tv gekamp.  Dan kyk ek saam tv, dan is ek in die garage om te sien of hulle gevorder het.  Dan was hulle onder die enginkap in, dan onder die kar, maar Opel verseg om te start.  Met my Golfie ry was nie ‘n opsie nie.  Met vier kinders was daar buitendien nie plek vir enige iets anders nie.

Ek het op ‘n stadium weer in die garage gekom, Homer en die ghriesapie onder die kar aangetref.  Hulle koukus dat die biesies bewe.  Ek loer na die halstarrige engin en hello.  HELLO????  wat sien ek?  ” Moet hierdie draadjie so los hang?”  Vra ek.  Ghoef.  Ghoef.  ” Watse draadjie?” ego dit uit twee monde.  Ghoef!  “Eina, donner.”  Dis Homer.  “Eina.  Waar is die draadjie?  ‘n gesig loer onder elke kant van die kar uit.  Enerse brille windskeef op die gesigte.  Vryf vryf klouter hulle onder die kar uit. kom hng weer onder die enginkap in.  “Waar is die draadjie?”  Vra albei gelyk.  Ek het nader gegaan, die draadjie wat loshang met ‘n plastiese onhulseltjie om omhoog gehou.  Nodeloos om te sê, toe die sleutel gedraai word het die engin gestart en geluier soos net ‘n Opel kan.  Mans!!!!!!!!!!

Gedagte van die dag:  Gee aan God die eer.

geniet die naweek.  Bly warm en veilig.

Geluk met jou verjaardag Tumi Tum.  Mag God’s seën, geluk en voorspoed jou vergesel deur die lewe.

Advertisements

Entry filed under: Staaltjies.

ai jai jai….kommin Hmmmm

9 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Julie 1, 2011 om 9:30 vm

    LOL

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Julie 1, 2011 om 9:31 vm

    Ek kan net dink hoeveel verskonings was daar gemaak dat hulle dit nie gesien het nie.

    Vrouens sien maar net beter

    Antwoord
  • 3. Olga  |  Julie 1, 2011 om 10:09 vm

    die vrou moet egter toegee, dit was dalk al die 6de keer dat ek in garage was dat ek die los draadjie gesien het.

    Antwoord
  • 4. Selene Phoenix  |  Julie 1, 2011 om 3:04 nm

    LOL!! 😆
    Ek is seker hulle het vir niemand vertel wat fout was nie, of altans wie dit reg gemaak het nie!

    Antwoord
  • 5. Gerda. J  |  Julie 1, 2011 om 4:35 nm

    geluk tumi.
    n man sou geswyg het daaroor.

    Antwoord
  • 6. Laviga Heks  |  Julie 1, 2011 om 10:36 nm

    1

    2

    3

    Blok vir Tannie Ougat

    1

    2

    3

    Blok vir Tannie Juffrou

    Antwoord
  • 7. Laviga Heks  |  Julie 1, 2011 om 10:51 nm

    Ek het tog al draadjies op my tone gehad!

    Antwoord
  • 8. Olga  |  Julie 1, 2011 om 11:11 nm

    wie het die draadjies oor jou tone gesit?

    Antwoord
  • 9. Olga  |  Julie 1, 2011 om 11:12 nm

    1
    2
    3
    blok vir viga.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: