ai jai jai….kommin

Junie 30, 2011 at 10:16 nm 6 Kommentaar

Wee jy Grieters, ek hou nie van huiswerk nie.  Kommin?  Ek het nog altyd gedink kommin gaan so:  ” klop klop.  Kommin.”  Nou wil jy ‘n opstel daaroor hê.  Sal maar probeer.

Hoe kommin is ek?

1.  Sms of miss call van vreemde nommer delete ek.  My lugtyd kom nie goedkoop nie.

2.  Vloek my en ek vloek terug.

3.  Ek vloek ‘n straal en forward dan tog daardie epos of sms.

4.  Ek hou van wyn uit ‘n box nie uit ‘n bottel nie.  Mits dit leke wyn is.

5.  Ek antwoord in Afrikaans as oënskynlik Afrikaanse mense Engels met daardie fake Engelse aksent met my praat.

6.  Ek lag as ek senuagtig is.

7.  Ek vloek as ek skrik.

8.  Ek skree nie vir die bulle nie.  Ek skree vir Homer, die kinders, die honde, kat en hoenders.

9.  Ek krap in my neus en gaan was dan ewe skynheilig my hande natdat ek die booger weggeskiet het.

10.  Ek was die bad.  Self as ek alleen is en dus self die bad “vuil” gemaak het.

Is dit genoeg?  Wie tag ek?  Almal is seker alklaar getag.  Indien nie, Klippie, ToortsKrappie,  hoe kommin is julle?

Advertisements

Entry filed under: Huiswerk.

Skrik nie Vele oë

6 Kommentaar Add your own

  • 1. murphy  |  Julie 1, 2011 om 7:53 vm

    Van die goed is net half kommin! 🙂

    Antwoord
  • 2. Olga  |  Julie 1, 2011 om 8:12 vm

    skuur murph. 😆 as jy aan my deur klop, sal ek darem skree ‘kommin’

    Antwoord
  • 3. Xena Phoenix  |  Julie 1, 2011 om 9:28 vm

    Jy het vergeet om te noem dat jy jou eie bed opmaak.

    Antwoord
  • 4. So gemaak en so gelaat staan | Klip in die bos  |  Julie 1, 2011 om 10:08 vm

    […] Olga, jy gee vir ’n ou tannie harde werk so vroeg op ’n wintersoggend. En vandag wil die bene juis […]

    Antwoord
  • 5. Sonlig  |  Julie 1, 2011 om 11:26 vm

    Nommer 5 is beslis nie kommin nie. Ek doen dit ook. Party mense onderskat nie net ‘n mens se intelligensie nie, maar ook jou vermoë om te kan hoor!

    Antwoord
  • 6. toortsie  |  Julie 3, 2011 om 8:09 nm

    O gits! Ek was ‘n rukkie afwesig. maar ek het geantwoord!

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: