Watter kleur is ‘n tamatie

Junie 24, 2011 at 7:00 vm 14 Kommentaar

Doer in my dae by die kunsgalery, stuur Justin my mos om ‘n kursus te gaan doen.  Oor hoe om skilderye skoon te maak.  Dit is eintlik nie so moeilik om olieverfskilderye skoon te maak nie.  Mens moet net die regte tegniek he.  Maar dis omtrent ‘n kuns om waterverf skilderye skoon te maak.  Justin het elkeen van ons wie daar gewerk het, ‘n ander aspek van restourasie geleer.  Of laat leer.

Ewentwel, daar sit ek toe en die mens skuif langs my in.  Ek sien die bene in ‘n bruin broek wat ver vooruit onder die ry banke voor ons ingeskuif word.  Groot skoene.  “Great” dink ek.  Simpel mansmens.  Ek loer in elk geval.  Wow!!!!  Goue engelhare, groen oë, kuiltje in die ken.  Mens!  Laat ek voor my kyk.  Die lesing bevat geen verrassings of enige iets wat ek nog nie voorheen by Justin gehoor het nie.  Later begin ek al kriewelrig raak.  Toe voel ek dit.  Die stamp teen my voet.  Ek loer af terwyl ek hard probeer om ongeërg voor te kom.  Bruin broekspyp teen my been.  Voel weer die stampie teen my voet.  Ari gedorieereee!  Probeer die man nou voetjie voetjie speel?

Tikkie op my hand.  Ek loer na hom.  Hy beduie met sy kop en ek kyk na waar sy kop beduie.  Dis die papierservet wat saam met ons middagete gekom het wat hy na my kant toe druk.  Ek trek nader en loer.  Daar is ‘n groterige # op die ding.  Daar bloos ek weer.  Trek die servet nader, onder die indruk dat hy my telefoon nommer soek,  skryf netjies 77 2148.  Stoot terug sy kant toe.  Ek kom agter dat hy fronsend na die  servet kyk.  Toe glimlag en weer skriffel op die servet voordat hy dit weer in my rigting stoot.  Ek kyk en sien dat hy ‘n groter # daarop getrek het en sak toe amper dwaarsdeur my stoel weg van skaamte.  Want toe kom ek agter hy wil 0’s en x’s speel.

Gedagte van die dag:  Gee altyd hope prys.  Dit wat vir ons klein lyk, mag vir die ander ‘n hengse prestasie wees.

Geniet die naweek.  bly veilig en bly warm.

Advertisements

Entry filed under: Rooi gesiggies.

Kul jou hier, kul jou daar Bedagsaamheid

14 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Junie 24, 2011 om 7:18 vm

    Eerste!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Junie 24, 2011 om 8:10 vm

    😉 Ek het nou die dag gelees ‘n tamatie kan ook swart wees.

    😆 😆 😆

    Het die Adonis jou toe ooit probeer bel?

    Antwoord
  • 3. Olga  |  Junie 24, 2011 om 8:28 vm

    ons het leke o’s + x’s gespeel. Hy het gebel, kom kuier by die galery ook. 😆 hy en justin was gou n paartjie.

    Antwoord
  • 4. Xena Phoenix  |  Junie 24, 2011 om 8:42 vm

    HIe Hie Hie!!!

    Tipies mooi man, jy moes geweet het toe hy nie getroud was nie.

    Antwoord
  • 5. Olga  |  Junie 24, 2011 om 9:33 vm

    😆 😆 vandag steeds so.

    Antwoord
  • 6. murphy  |  Junie 24, 2011 om 8:51 nm

    Hierdie is baie snaaks! Ek het ook al ‘n paar oomblikke in my lewe gehad waar ek nie so cute was as wat ek gehoop het ek is nie! 😉

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Junie 24, 2011 om 10:05 nm

      Blonde oomblikke. laat mens altyd so weerloos. :mrgreen:

      Antwoord
  • 8. Gerda. J  |  Junie 24, 2011 om 11:42 nm

    ek wonder wat het hy gedink toe hy besef dit ws jou tel nr. 😉

    Antwoord
    • 9. Olga  |  Junie 26, 2011 om 5:05 nm

      He he. hy het nogal gebere en gebel.

      Antwoord
  • 10. toortsie  |  Junie 25, 2011 om 12:28 nm

    Plaas dat hy eerder by JOU kom kuier het! Of was jy toe al getroud??

    Antwoord
  • 11. toortsie  |  Junie 25, 2011 om 12:29 nm

    En indien jy al getroud was, het jy mos die nommer gegee vir advertensie van die galery???? 😉

    Antwoord
  • 12. Olga  |  Junie 25, 2011 om 1:19 nm

    hi toorts. Ek het die galery se nr gegee. Nee ek was toe nie getroud nie. 😛 om mee te begin het hy vir my kom kuier. Maar toe raak ek moeg vir 0’s en x’s. 😉

    Antwoord
  • 13. leonvonmoltke  |  Junie 27, 2011 om 1:10 nm

    Ouch! Julle het seker lekker gelag na die tyd 😉

    Antwoord
    • 14. Olga  |  Junie 27, 2011 om 3:18 nm

      Leon, dis gewis. Mens is mos maar lekker dom wanneer jy jonk is. Ek din hy trek vandag nog sy # groter. Papier is nie meer ‘n issue nie. 😆 :mrgreen:

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: