Stop stop!

Junie 10, 2011 at 7:00 vm 9 Kommentaar

Doer gunter toe my oom Doep nog ‘n jong man was, was reg reg en verkeerd was verkeerd.  Ewentwel, oom Doep se aartsvyand van die polisie kollege word in hulle dorp aangestel. Kom ons noem hom maar Dolf.  Dit was nou in die goeie ou dae toe die polisie nog dieners van die gereg was.  Soos gesê, sy aartsvyand.  Dis gou gou duidelik dat die meneer die nek van die plek wil wees.  My oom Doep was op  die stadium op verlof.

Die eerste Saterdag nadat Dolf daar aangekom het, is oom Doep haastig oppad deur die dorp toe Dolf diener hom voorkeer oor spoed.  Hy wil geen rede verstaan nie.  Maak nie saak wat oom Doep aanvoer  nie, hy wil oom Doep agter tralies sien, kollega of te nie.  Hy is daar weg met oom Doep agter in die vangwa, deftige pak klere en al.   Oom Doep en een van die ander aangehoudenes pribeer weet bietjie met hom redeneer maar Dolf diener is hard van die kak.  Stamp oom Doep in die sel en klap die deur kletterend toe.  Toe stap hy spoggerig daar uit.

Sowat twee ure later kom hy weer windmakerig daar ingewals en snou:  ” Du Plessis, dis jou gelukkige dag.  Die baas gaan in ‘n goeie bui wees wanneer hy in hier inkom.  Sy dogter trou vandag.”  Hy pluk pluk selfvoldaan aan sy pistool band.  “Nee”  sê die ander aangehoudene, darem al so bietjie aan die nugter word.  “Hy gaan moerig genoeg wees om skroewe te kou man,  jy het die donnerse bruidegom dan toegesluit.”  Terwyl hy met die hand na oom Doep beduie.

Gedagte van die dag:  Wraak is nie ‘n toebehoor van die lewe nie, mens kan daarsonder klaarkom.

 

Advertisements

Entry filed under: Staaltjies.

Soos ou vriende is Goed mens, sleg mens.

9 Kommentaar Add your own

  • 1. leonvonmoltke  |  Junie 10, 2011 om 9:42 vm

    Eina… praat nou van ‘n career limiting move!

    Antwoord
  • 2. Olga  |  Junie 10, 2011 om 10:50 vm

    en hoe! Gelukkig was die prikante destyd flexable. Of dalk net gretig gewees om agter die kap van die byl met die afwesige bruidegom te kom. 😉

    Antwoord
  • 3. Xena Phoenix  |  Junie 10, 2011 om 4:25 nm

    😆

    Dink nog as skoonpa nog niks van oom Doep gehou het nie.

    Antwoord
  • 4. Olga  |  Junie 10, 2011 om 4:59 nm

    was seker oom doep se geluk. Skoonpa was gretig enigsins SEUN te he.

    Antwoord
  • 5. Klippie  |  Junie 10, 2011 om 7:24 nm

    So vang slim sy baas, ne!

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Junie 11, 2011 om 11:57 vm

      Net so Klippie. Mense wie dink hulle is smart is gewoonlik nie so smart soos hulle dink nie.

      Antwoord
  • 7. Laviga Heks  |  Junie 11, 2011 om 8:41 vm

    Oom Doppers moes sommer die ander oom getoor het.

    Antwoord
  • 8. Olga  |  Junie 11, 2011 om 11:19 vm

    oom doppers kan nie n toor maak nie, viga.

    Antwoord
  • 9. Olga  |  Junie 11, 2011 om 11:27 vm

    whooooppp!!! (s)Koert kerm gaan sy ry kry op jukebox en jukebox. En die GROOTSTE WHOOOOPPPP WHOOOOPPPP VIR KACARANDA WAT NIE DIE RADIO VROU se kontrak gaan hernieu nie. 4ken gr8. Nou moet hul nog net meer afr bemarking doen dan sal ek dalk weer luister.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: