Soos ou vriende is

Junie 9, 2011 at 7:00 vm 6 Kommentaar

Ek het gisteraand pasella gekyk, soos meeste ander Woensdae aande.  Dis darem Afrikaans, handel nie net oor aangepaste geskiedenis of leuens nie.  Iets wat my aan die dink gesit het, was die insetsel oor Ben Kruger.  Veral die karre wat sy seuns op dertien jarige ouderdom gekry het en self moes opbou as hulle ‘n rytuig wou hê as hulle agtien is.  Nee, ek het nie dieselfde gedoen nie.  Dit het my verweg na lank terug geneem.

My pa en sy vriend, sal hom maar oom Joe noem, het ook ou karre gekoop en opgebou.  Dit was hulle stokperdjie.  Sommige karre was gou gou klaar, aan die gang, oorgespuit en herstoffeer.  Ander het besonder lank geneem.  Die laaste kar wat hulle oorgedoen het was toe ek so twaalf jaar oud was.  Hulle het lank aan die kar gewerk.  Dan moes die part van die plek kom, dan daardie van ‘n ander plek.  Platteland het mos maar die nuk om jou wyd te laat soek.  Hulle moes selfd parte van oorsee kry.  Ek kan nie onthou watse kar dit was nie, wat ek wel kan onthou is dat die kar se bakwerk tekens van brand ook getoon het.  Hulle het dit weer ligblou soos wat die kleur in die binnekant van die deure was oorgespuit.  ‘n Paar ander karre in die tussentyd ook gedoen.  Maar die kar het hulle die langste besig gehou.

Ewentwel, oom Joe sterf toe onverwags aan ‘n hartaanval en die kar staan.  Soms het my pa aan die kar gewerk, maar sy eintlike werk het hom dikwels baie besig gehou.  Soms sou my pa agter die stuur inskuif, die sleutel draai maar dan sou die engin net slinger maar nie start nie.  Op ‘n dag, ag maande na oom Joe se heengaan, sê my pa:  “vandag is die dag.  Vandag start die kar of sy word môre weggesleep.”  Hy is kort kort in die kar, sleutel gedraai, uitgeklim en weer gaan peuter.  ingekom, sy beker koffie uitgeneem en weer onder die enginkap in.  Dit het later begin skemer raak, en hy het die lig wat hulle daar in die werksplek aangebring het kom aansit.

Ewentwel, elke keer as hy die sleutel gedraai het, het dit geklink of die engin wil vat.  Dan was hy weer onder die kap in.  Soos dit maar in meeste dorpe gaan, is die begraafplaas aan die buitewyke van die dorp geleë.  Daar het later ‘n afwagting geheers.  My wyse ou Moedertjie het later gesê dat die kar nie gaan start nie, oom Joe het altyd die deel gedoen.  Toe hoor ons die geluid wat al nader kom.  Mensig!  Die hare het op my lyf orent gekom.  Dit was die aardigste getjank van die honde in die dorp.  Soos ‘n volgende hond se getjank bykom, sterf die verste hond se klank weg.  My ma sê toe:  “Dit kan net oom Joe wees.  Luister” sê sy “dit klink kompleet of die getjank van die begrafplaas se kant kom.”  Ek, my ouer en jonger suster het styf teen mekaar gesit.  Een so bang soos die ander.  Want ons kon nie stry met wat sy gesê het nie.  Ons kon in ons kinderlikheid self hoor dat die klank van daardie kant af aan die naderkom was.

Styf teen mekaar sit ons.  Die ene oë, soos ons wyse ou moedertjie later gesê het.  Glo my.  Die bure se honde sit in, die honde onder in die straat word stil.  Ons honde, Rex, ‘n Alsation en Rinty, ‘n Lab sit in.  Hulle koppe na die hek gedraai.  Man, dit was die eerieste nog.  Soos hulle koppe omhoog gaan, die bure se honde neuse teen die draad na ons kant toe.  Dan gaan die koppe omhoog, hulle tjank, kyk terug hek toe.  So word die hek toe draai al korter.  Hulle kyk gelyk met die huis, hulle koppe draai werkplek toe.  I kid you not.  Hulle tjank en tog kon ons hoor die honde hoër op in die straat tjank nie saam nie.  Dit is nou net ons honde en die bure sn wat tjank.  Al die honde se koppe in die rigting van die werkplek gedraai.  Ons het woordeloos bly sit.  Te bang om te vlug.  Ons het my pa deur die venster dopgehou.

Toe raak die honde stil.  Pa is nog onder die kar se engin kap besig maar, doef, doef, doef “backfire”  die engin duidelik. Toe die engin dreun egalig.  Al het die drie van ons en ons ma gesien dat ons pa nie in die kar was om die sleutel te kon draai nie.  My ma het op die stadium opgemerk dat sy mos gesê het die kar sal net start as oom Joe dit kom doen.

Gedagte van die dag.  Vriendskap is kosbaar.

Advertisements

Entry filed under: Waarhede.

madam Stop stop!

6 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Junie 9, 2011 om 7:29 vm

    EERSTE!!!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Junie 9, 2011 om 7:30 vm

    EISH!!!

    Ek neem aan dit was die laaste kar. Oom Joe kom maar eerder in die begrafplaas bly

    Antwoord
  • 3. Olga  |  Junie 9, 2011 om 8:40 vm

    jy sal my nie glo nie, maar my pa het toe die kar gaan toets.

    Antwoord
  • 4. Gerda. J  |  Junie 9, 2011 om 9:02 vm

    is jy ernstig?

    Antwoord
  • 5. leonvonmoltke  |  Junie 9, 2011 om 10:00 vm

    Hauk!! Dis wonderlik hoe jy hierdie kom vertel het!

    Antwoord
  • 6. Olga  |  Junie 9, 2011 om 12:25 nm

    stroes bob, gerdjie. Hy en my broer het die kar seker 2 weke gery voordat dit verkoop was.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: