madam

Junie 8, 2011 at 7:00 vm 3 Kommentaar

Ek maak gisteraand die voordeur oop om die honde in te laat.  Kat se kind is ook buite. Ek wag vir hom en hy kom nader deur toe.  Die deur is net op ‘n skreef oop.  Dis mos koud.  Ewentwel, die kat gaan aan die gil.  Ruik aan die deur en retireer weer brom brom.  Ek pluk my gat in ‘n krul en sê:  “Dan bly jy maar buite!”  Maar soos ek dit sê swaai die deur groter oop.  Toe spring meneer met ‘n laaste brom by die deur in en loop stert in die lug, brom brom verby kombuis toe.  Gmf.  Toughey is ‘n hond wat net onder die 50kg weeg, sê ek julle.  Hy kon met gemak deur die skreef inkom.  Katterjansie wie net oor 5kg weeg moes die deur groot oopgevlek hê.

Ai, ek wou nie eers oor hom gepraat het nie.  Arrogante skepsel. Tjk!  Toe ons Bessie in 2004 gekry het, het ek vir haar ‘n matras gemaak.  Toe ‘n ou werktrui van Homer vir ‘n laken ingesit nadag die kombersie wat ek vir haar gebrei het met my eie twee hande verdwyn het.  Toe ek in Mei die trui gewas het, het dit regtig uitmekaar geval en ek was verplig om dit weg te gooi.  Sederdien slaap die madam eerder op die kaal houtvloer as op haar matras.  Ek meen, HELLO!!!!!  Dis mos koud.

Toe dit verlede week so koud geraak het, het ek dorp toe gery.  Na P.E.P boutique en vir haar ‘n kombers soos Toughey sn gaan koop.  Op haar matras gesit.  Pure verniet.  Ek kon die kombers maar net sowel aan die Heilsleër geskenk het.  Kat se (met my eie hande gebreide) kombers vir haar oorgegooi.  Mahala!  Sy het net haar neus opgetrek en eerder voor die badkamer op die vloer gaan lê.  ‘n Ander trui van Homer oorgegooi, ai tog.  Madam gaan slaap eerder op die koue sement langs die matras.  Of in my kamer op die kaal hout vloer langs die mat wat ek daar ingesleep het vir haar.  Ek kom my die moeite getroos het.  Sowaar.

Ek het gister vir haar ‘n ander kombers, gemaak.  Met my eie hande.  Mooi, met ‘n val om.  Uit ‘n ou duvet, snoesig opgevou en binne in toegewerk.  Tyd gemors.  Die kat het daarop gaan slaap.  Juffrou het my net weer verwytend aangekyk en in die gang gaan lê.  Nou vra ek met trane in my oë “Wat staan my nou te doen?”  Ek moes maar dat my noolste Nolie die naweek toe hy tuis was daarop gerol het.  Dit sou die madam dalk oorreed het om die verskoning kombers te aanvaar.

Gedagte van die dag:  Die lewe, my liefste Bessie Boooo, is groter as jou gatkrampe!!!!

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Tralies Soos ou vriende is

3 Kommentaar Add your own

  • 1. Selene Phoenix  |  Junie 8, 2011 om 12:49 nm

    Ag cute!! Haar bed is nou maar net nie dieselfde nie!
    Ons tweetjies wou nie vanoggend uit die honde hok uit kom nie, was te lekker warm daar binne met al 4 hul komberse! 🙂

    Antwoord
  • 2. Olga  |  Junie 8, 2011 om 2:32 nm

    ek het vir haar nuwd kbers gekoop, sag, warm, in 4 gevou is dit groter as die ou trui. Sy is vol fiemies. Maar jamez was bly.

    Antwoord
  • 3. Xena  |  Junie 8, 2011 om 6:47 nm

    Brrrr!!

    Het jy al mooi op jou kniee gevra?

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: