Glashuise?

Junie 6, 2011 at 7:00 vm 10 Kommentaar

As mens jou vir ‘n chappie wil uitgee…..

My noolste Nolie en sy Mina was die naweek by die huis.  Hy het ‘n ander werk gekry en is besig om sy bagasie aan te ry huis toe.  Maar dit is nie waaroor ek wil skinder nie.  Ek het sy laptop so bietjie deur gegaan terwyl hulle “Paradise Rally” gaan kyk het.  Hulle het dit baie teleurstellend gevind.  Maar  hy het ‘n fliek gekies wat ek moes kyk en hom terugvoer gee.  Wel, my noolste Nolie, hier kom dit.

Dit was ‘n Willie Esterhuizen fliek.  Kru, skurf, die perverse dag drome van ‘n seks honger, frustreerde ou man.  Ek wed julle sy palms is goed behaard.  “Stoute boudjies”  was die fliek se naam.  Ek kan nie help om te dink “siestog.  Verloor ‘n bietjie gewig. Toe verwyl ek maar my tyd met die huisgenoot.

Ai tog.  Die vrou met die radio gesig, onbeskaamd aan bedel, na my mening natuurlik.  Ek kon nie help om te onthou hoe het Huisgenoot al op vele geleenthede haar “spog” huis gesing nie.  Dit noem dat haar kinders ‘n “spog” skool bywoon. Ek kon nie help om  te dink nie.  My gewone, beskeie huis het meegebring dat ek van niemand ‘n aalmoes nodig het nie.  ‘n Gewone staatskool was goed genoeg vir my en ag, duisende, derduisende ander Suid Afrikaner kinders.  So, mev.  Radio, moenie jou vervreemde man se vaagheid oor sy siekte en geldsake in die media uitblerts nie.  As jy so bevrees is vir jou kinders se toekoms, daar is hordes staats skole rondom jou.  ‘n “Spog” skool beteken nie noodwendig ‘n beter geleerdheid nie.  Jou spoghuis sal jou kinders deur (staats) skool sit en jou genoeg oorlaat om jou vervreemde man se mediese onkoste te delg en vir jou ‘n gewone huis vir die drie, moontlik vier van julle besorg.  Moenie met ‘n vrugtekoek onder jou arm na die pers hardloop nie.  Jou vervreemde man het die huis gekoop waarin jy so windmakerig woon, onthou?  Want sien, ons in Suid Afrika hoor so gereeld van julle “glansmense” sonder om ooit te sien wat julle die stralekrans besorg het.  In dieselfde artikel waar jou kommer oor julle geldsake uitgebasuin word, word daar terselde tyd gespog oor die “spog” skool.  As julle die glanslewe nie meer kan bekostig nie, word gerus maar ‘n gewone mens.  Dit is nie so sleg nie.

Gedagte van die dag:  ‘n Goeie huwelik is die unie van twee goeie vergeweraars.

Advertisements

Entry filed under: Sug.

Nar Tralies

10 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Junie 6, 2011 om 8:04 vm

    Eerste!!!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Junie 6, 2011 om 8:06 vm

    Het sy nou weer vergeet dat die seun gehoorprobleme het?

    Die hele gespuis maak my naar

    Antwoord
  • 3. BB  |  Junie 6, 2011 om 8:19 vm

    Sela!

    Antwoord
  • 4. Olga  |  Junie 6, 2011 om 8:42 vm

    o, is die spog skool agv sy gehoor probleem? Tien teen een oplosbaar met plathand.

    Antwoord
  • 5. Selene Phoenix  |  Junie 6, 2011 om 11:39 vm

    Daai stories van haar raak ook so afgesaag!! Wanneer laas het sy in die spieel gekyk?? Twyfel of dit onlangs was, want die vet weet sy kan haarself seker nie meer verdra nie! Dalk hoekom mens haar make-up met ‘n graaf kan af chip.

    Kom terug aarde toe!

    Antwoord
  • 6. Gerda. J  |  Junie 6, 2011 om 12:43 nm

    wie weet? die tannie kry miskien genoeg donasie uit die artikel om die ‘versig’ op te jazz. dink net hoe jealous gaan ons almal dan wees. 😉 :-/

    Antwoord
  • 7. Gerda. J  |  Junie 6, 2011 om 12:46 nm

    askies ou wors was maar nog altyd net n jagse ou vetgat. hul kry net aksie van kyk. dis dan dat hulle cheap van gedagtes word. 😆 :mrgreen:

    Antwoord
  • 8. Olga  |  Junie 6, 2011 om 1:40 nm

    😆 ook waar van willie esterhuizen.

    Ek hoop dan die tnnie gaan bele in genoeg handskoene om die tekens van die tye daar ook te verdoesel. 😉

    Antwoord
  • 9. Son  |  Junie 6, 2011 om 3:25 nm

    Hoe gaan die gesegde nou weer? “Wat jy saai sal jy maai.” Sy vergeet natuurlik geriefshalwe dat sy destyds haar vervreemde man afgevry het by sy eerste vrou. Soos BB eendag so mooi gesê het: “If you marry a cheater, you will be married to a cheater.” Ek het g’n niks simpatie vir enige een van hulle twee nie 👿

    Antwoord
  • 10. Olga  |  Junie 6, 2011 om 4:13 nm

    albei is aandag jagters van formaat. Natuurlik moet mens ook onthou ‘ any publicity is good publicity’ sover dit enige hasbeen betref.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: