Madam

Mei 20, 2011 at 7:00 vm 7 Kommentaar

Desjare in die goeie ou 1970’s het ek mos in ‘n galery gewerk.  Destyds het ons geroem op “Avante garde”  Galery te wees.  Ek mag nou nie name noem nie, ek wil tog nie gratis advertensie spasie weggee nie, ook nie iemand se ore laat rooi word nie.  Die galery bestaan mos nog, sien.

Desjare was modernekuns mos nou iets wat almal wou hê.  Hoe deurmekaarder die verfblertse was, hoe meer gesog was dit geag en hoe duurder was die “kunswerk.”  Ok!  Ok! Die kunswerk.  Ewentwel, ons het ‘n uitstalling van ‘n paar kunstenaars gehad.  Natuurlik ‘n baie deftige geleentheid.  Ek staan toe daar in my rooi spykerhake en mingle en probeer ingelig lyk, want sien, dis mos waarvoor ek betaal word.  Kom die dame ingewals.  Moerse sigaret koker (nes in die 19404kof mafia movies) in haar hand.  Blaas sulke wolkies rook die wêreld vol.  Kyk langs haar neus af na my.  Oeps, seker teen haar neus op, want glo dit of nie, alhoewel haar duur leerstewels hemelhoë hakke gehad het, was die uwe tog langer as sy.  Die lippe getuit asof sy ‘n suurpruimpit wil uitspoeg beveel my my om haar te vergesel.

Ons kom te staan voor twee abstrakte werke, een was ‘n plaaslike ou sn, die ander was net aan ons geleen.  Sy beduie met haar koker en sê:  “Hoeveel?”  Die skildery se titel is aan die onderkant aangebring asook die prys.  Ek herhaal dit.  Sy vra: “wat word dit genoem?”  Ek lees die naam hardop vir ou Pruimbek.  “Nee, nee, nee!” gil sy.  “Die ene langsaan.”  Die bordjie onderaan sê dan duidelik “on loan”  Ek sê:  “dis nie te koop nie dame.”  Aarde tog.  Sy dring egter aan die een wat ongeraam is.  Ek begin wonder is ek stapel gek of is dit sy?  Toe sê sy hoe wonderlik die ongeraamde protret haar eetkamer gaan komplimenteer.  Ek verstaar, woorde stol op my tong.  Ek probeer; “mevrou”  Maar word keer op keer doodgepraat.

Toe kom die uitbarsting sag sussend tussen ou pruimbek se lippe deur:  “Juffie, ek weet nie wat maak jy hier nie.  Jy is stiksienig en onnosel.  Gaan roep dadelik die bestuurder.  “Dame” probeer ek weer.  “Skoert” snou sy my toe.  “Mevrou” Sissend “verdomp Juffie.  Die bestuurder nou.”  Nou ja.  Ek loop toe maar kantoor toe en kry die bestuurder.  Staan langs hom en luister hoe sy my verkla oor my onnoselheid en onbereidwilligheid om haar, ‘n getroue kliënt te help.  Hoor weer hoe mooi die wonder haar eetkamer gaan komplimenteer.  Hoor hoe die bestuurder vir haar fluister:  “mev, die squiggle, is ons ligskakelaar, nie ‘n ongeraamde kunswerk nie.”  Ek sou my voortande gegee het om die weergawe te hoor wat sy haar vriende vertel het.

Nodeloos om te sê, ons het die ‘getroue kliënt nooit weer gesien nie.

Gedagte van die dag:  Al dra ‘n aap ‘n goue ring….

Geniet die naweek en bly veilig.

Advertisements

Entry filed under: My voortande.

Freedom???? Name

7 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Mei 20, 2011 om 8:21 vm

    Eerste!!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Mei 20, 2011 om 8:21 vm

    Mense wat dink hulle is so smart . . . is nie altyd so smart nie.

    Antwoord
  • 3. Selene Phoenix  |  Mei 20, 2011 om 8:34 vm

    Wha ha ha!!! Lekker om ‘n week so af te sluit!! 🙂

    Antwoord
  • 4. Olga  |  Mei 20, 2011 om 8:56 vm

    toffies kry jy oral.

    Antwoord
  • 5. Laviga Heks  |  Mei 20, 2011 om 9:18 nm

    1
    2
    3
    BLOK VIR TANNIE OUGAT

    Antwoord
  • 6. Olga  |  Mei 20, 2011 om 9:27 nm

    1
    2
    3
    Blok vir jou terug!!!!!

    Antwoord
  • 7. BB  |  Mei 23, 2011 om 6:49 vm

    LOL!! Jip, ek seg altyd – daar’s goed wat geld nie kan koop nie… 🙄 Oits!

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: