Freedom????

Mei 19, 2011 at 7:00 vm 9 Kommentaar

Wel, nou weet ek die rede hoekom ons so gou vandag ons reg om te kla en kritiseer kon besleg.

Ons het by die stemlokaal aangekom en natuurlik kon hulle skandeerder elke tweede stafiekode nie lees nie.  Dit was seker die wat Afrikaans was.  Ewentwel, minder as vyf minute later was ons weer terug by ons Fordjie en met die merk van Kain op die linker duim oppad huis toe.  Dis omdat omtrent twee derdes van die geregistreerdes kiesers in munisipale verkiesings stem.

Ek hoor gisteraand die een of ander politieke ontleder sê dat mense nou begin gatvol raak om te stem.  Sien, ek dink die novelty is besig om af te werk. Hy reken die mense was eers baie bly en dankbaar dat die manne van die ANC hulle bevry het.  Ek kon eenvoudig net nie help om van hom en hulle te verskil nie.  Wie het hulle bevry?  F.W. De Klerk het.  F. W en die Np.  Toe het oompie F.W vergeet om met die eerste demokratiese verkiesing met daardie kallertjies te ploeg en waar is hy en die NP nou?  Geskiedenis, ek stem saam.

Toe maak die HNP hulle opwagting.  Helaas, hulle vergeet ook om met oom F.W se kallertjies te ploeg en WHOOOOOSSSSSHHHHH!!!!   Weg is hulle ook.  Die dames van die D.A ploeg met alles wat hulle het.   Hulle kan wys, “Dit het ons gedoen.  Dat het ons gedoen.  Hulle het ‘n ou paar embrio’s gehad wat Tony Leon goedgunstiglik aan hulle nagelaat het.  Hulle het met die embrio’s gewerk en kallers gekry waarmee hulle kan ploeg.  Ek wens hulle baie sterkte toe.

Op die punt wil ek my mening lug.  Wat het die ANC aan ons gegee in sewentien jaar?  Sweet blue boggenall.  Hoe lieg ek nou?  Hulle het ons bankrot munisipaliteite gegee.  Hulle het ons hospitale sonder medisyne of instrumente om diens te lewer, gegee.  Hulle het ons skole gegee waar geleerdheid nie ‘n prioriteit is nie.  Hulle het ons duisende der duisende kilometers roestende spoorlyne gegee.  Hulle het ons swak dienslewering op alle vlakke gegee.  Hulle het ons beurt krag en geen krag gegee.  Hulle het ons van die duurste krag op aarde gegee.  Hulle het ons water tekorte gegee.  Swak riolering.  Vryheid?  Nee, nee!  Swartmense van Suid Afrika.  Hulle het net gevat.  Hulle het julle kinders se jeug gevat teen R218 per maand.  Skreiend.  Hoeveel van die kinders wat teen R218 per maand gekoop word, sal oud genoeg word om te mag stem eendag?  Sal hulle ‘n geleerdheid kan kry?  Sal daar enige plek op die gesig van die aarde vir hulle werk wees?

Ek hoop dit reën katte en honde met die volgende nasionale verkiesing.  Die ANC verdien om te stik in die niks wat hulle die land gegee het.  Die paar mense wat met hulle gatte in die botter geval het deur die beheer van die ANC verdien om die niks met hulle boeties te deel.  Het julle gesien hoe word die skeuring in die ANC gekenmerk?  Dit is tog so duidelik.

Gedagte van die dag:  Om een ding vir die beter te verander is soveel meer werd as om duisende verkeerde ding te bewys.

Advertisements

Entry filed under: Hoogsb4k, Politiek, Uncategorized.

Luste Madam

9 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Mei 19, 2011 om 8:07 vm

    EERSTE!!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Mei 19, 2011 om 8:10 vm

    Ek dink dit is die tyd dat Suid-Afrikaners vir eers die ideale laat skuins lê. Stem vir iets of iemand wat jou belasting sal laat werk. Wat gaan doen wat gedoen moet word. Wat die land weer op die been gaan bring.

    Stem daarna vir ideale – as joune dan nog saak maak.

    Antwoord
  • 3. Olga  |  Mei 19, 2011 om 9:38 vm

    ideale? Ari gedorie. Vir meeste Suid Afrikane vandag, is die ideaal bloot om n werk te he. Om n dak oor die kop en kos op die bord te he. Dit is hoe ideale al sedert die heengaan van apartheid gekrimp het.

    Antwoord
  • 4. Olga  |  Mei 19, 2011 om 9:47 vm

    dan kry jy nou die mens wat reken dat hulle maar eerder vir die anc gestem het, want hul is so gewoond om vir die verloorders te stem, hul kan netsowel die anc in die kategorie bring.

    Antwoord
    • 5. Gerda. J  |  Mei 19, 2011 om 12:26 nm

      hoe dom kan hulle wees?

      Antwoord
  • 6. Sonlig  |  Mei 19, 2011 om 2:48 nm

    Wat het van Tony Leon geword?

    Antwoord
    • 7. Xena Phoenix  |  Mei 19, 2011 om 4:31 nm

      Hy is ‘n ambassadeur iewers vir SA.

      Antwoord
      • 8. Olga  |  Mei 19, 2011 om 11:14 nm

        dus tog ‘n globetrotter.

  • 9. Olga  |  Mei 19, 2011 om 3:47 nm

    getrou met n israelise vrou. So wie weet? Hulle het dalk in israel gaan aftree. Of globetrotters geword.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: