Luste

Mei 18, 2011 at 7:00 vm 4 Kommentaar

Ek het gister aand ‘n heerlike dik bredie vir aandete gehad.  Tog loop my voete telkens terug kombuis toe.  Reguit na die kastrolle op die stoof.  Ek is goed bewus van die feit dat ek nie honger is nie.  Ek is belustig.  So belustig soos ‘n swanger vrou.

Ek sien visioene van dit waarvoor ek so lus is, my mond vul onwillekeurig met speeksel.  Weet julle, ek hoop regtig die belustigheid gaan gou oor anders is ek in moeilikheid.  Op my hoë ouderdom van 108 jaar is cholestrol ‘n feit nie net iets wat dalk teenwoordig in my are is nie.  Ek is vanaand, ag, laat ek erken, ek is die afgelope paar dae al so lus vir bros, bruingebraaide kaiings en pap dat ek my lag nie kan hou nie.

Op die punt besef ek ook terdeë dat ek geskroef is.  Alle kante toe.  Ek sal maar my belustigheid oorkom met die pak kaas en uie tjippies wat vanmiddag in Spar ‘n saamrygeleentheid gesoek het en toe geweier het om huis toe te gaan.  Ek maar my verbeelding vrye teels gee wanneer ek toustaan om my kruisie te trek.

Gedagte van die dag:  Sterkte in die rye tussen die menigtes vandag.  Veels geluk dat julle julleself oorkom het om te gaan stem.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Musiek Freedom????

4 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Mei 18, 2011 om 1:02 nm

    Hulle het pannekoek verkoop waar ek gestem het.

    Antwoord
  • 2. Gerda. J  |  Mei 18, 2011 om 3:58 nm

    hoe maak n mens kaijangs? kan n mens dit met pannekoek eet?

    Antwoord
  • 3. Olga  |  Mei 18, 2011 om 4:47 nm

    verkoop? Nie uitgedeel nie?

    Antwoord
  • 4. Olga  |  Mei 18, 2011 om 4:49 nm

    if not, y not gertjie? Kaiings word van vet wat opgesny word, gemaak. Ek hou nie van die gemaalde vet kaiings nie.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: