Kinders van die Wind

Mei 12, 2011 at 10:51 nm 8 Kommentaar

“Mammie!!!!!” roep een van die kinders uit die sitkamer.

“Wat?” roep ek half vererg terug.

“Kom gou, Mammie se gunsteling liedjie!”  kom die antwoord. 

Wat kan dit wees?  Dalk Bohemian Rhapsody van Queen?  In the summer time van Mungo Jerry?  Of het die bliksempies weer een van die ander ingedag.  Vinnig snol ek en Bessie die gang af – dit is nie elke dag wat daar een van my gunstelinge op TV is nie.

Ari tog!  Een van daardie en hulle lê van die lag.  Dit kon so ‘n mooi lied gewees het, sê maar as Carika of Sonja dit gesing het.  Maar toe kry Laurika die eer en word dit boonop op elke geleentheid in die 70’s in my keel afgedruk.  Vandag laat kinders van die wind my kots. 

Waar was jy toe Laurika die land aan gesteek het met kinders van die wind?

Advertisements

Entry filed under: Musiek, Waar was jy?.

Things my father said A matter of trust

8 Kommentaar Add your own

  • 1. Gerda. J  |  Mei 13, 2011 om 7:15 vm

    dis dan so n mooi liedjie. ek onthou hoe n vriendin altyd gehuil het as sy dit gehoor het. waar was ek toe? in matriek.

    Antwoord
  • 2. Gerda. J  |  Mei 13, 2011 om 7:16 vm

    eerste.

    Antwoord
  • 3. Xena Phoenix  |  Mei 13, 2011 om 8:33 vm

    Dit laat my nou dink aan iemand wat hulle kondome gewas en opgehang het. Hulle het toe kinders van die wind gehad. 😉

    Koos Doep was ‘n goeie skrywer. As jy nie van Laurika se weergawe van kinders van die Wind hou nie, wag tot jy hom dit hoor sing. Hy sing erger as ek.

    Antwoord
  • 4. BB  |  Mei 13, 2011 om 8:54 vm

    In St… 😳 amper gee ekke my ouderdom weg 😉
    Ek sing die song nogal graag op geleenthede – jinne!!! 😯 ek moet bietjie loer en seker maak daar’s nie girls daar met so ‘n groen skakerings ommie kiewe nie :mrgreen:

    Antwoord
  • 5. Olga  |  Mei 13, 2011 om 9:42 vm

    lol. Man, laurika sing dit net. Haar stem is kras. Ek dink iemand met n lewendige stem kan reg daaraan laat geskied. Soos ek gese het, carika of sonja.
    Ek was nog nie by st… nie, bb, 😆 so ek sou nie die kloutjie by die oortjie gebring het nie. Behalwe, ek dink n vrou se ouderdom is haar kosbaarste besitting.

    Antwoord
  • 6. Sonlig  |  Mei 13, 2011 om 3:16 nm

    Olga – probeer gerus die volgende:

    Volg die instruksies noukeurig!!

    1. Neem die DVD van Liefling uit. (Moet dit nie koop nie. Ek herhaal: MOET DIT NIE KOOP NIE!)
    2. Sit dit in die matsjien en druk PLAY.
    3. Luister na Kinders van die Wind terwyl die “naampies” opkom. Dis ‘n pragtige weergawe, maar ek het nie ‘n clue wie sing dit nie.
    4. Wanneer die liedjie klaar is, druk STOP en EJECT. (Die res van die fliek is eenvoudig nie die tyd werd nie – behalwe miskien Voshaarnooi gesing deur Jakkie Louw en ‘n ander dude.)
    5. Gaan gee weer terug by die video winkel.

    Antwoord
    • 7. Xena Phoenix  |  Mei 13, 2011 om 3:32 nm

      LOL

      😆

      Ek hou van Sonlig se voorstel. Dit was regtig die grootste teleurstelling van ‘n fliek. Ek hoor hulle wil nou weer vir musicals ‘n slegte naam gee.

      Antwoord
  • 8. Olga  |  Mei 13, 2011 om 4:24 nm

    😆 sonlig ek sal dit ingedagte hou.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: