Ousus weet beter

Mei 9, 2011 at 7:10 vm 8 Kommentaar

Moedersdag laat my baie onthou – werk doen.  Ek onthou toe ek swanger was met Tumi.  Ousus wie my aangeraai het om na Dr J. Te gaan want volgens haar, was ons huis dr, dr K.  ‘n seuntjies dr terwyl haar maatjies se dr, dus dr J,  ‘n dogtertjie dr was.

Haar kinderlike logika het nogal sin gemaak.  Meeste van haar maatjies wie dr J se pasiënte was, het sussies gehad.  Terwyl die maatjies wie dr K se pasiënte was, almal jonger boeties gehad het. Toevallig, ek weet.  Maar hoe argumenteer jy met ‘n agtjarige se logika?

Ewentwel, soos die noodlot dit wou hê,  het dr K my middel Junie gebel om sy reelings te tref ingeval daar iets gebeur wanneer hy op sy jaarlikse verlof sou wees.  Hy het toe reelings getref met einste drJ.  Kan jy nou meer.  Daar kry Ousus toe sommer so heel toevaloig haar sin.

Om ‘n lang storie kort te maak, Die ooievaar besluit toe om sy opwagting te maak terwyl dr K op verlof is by my en nog een van sy pasiente.  Sy ‘n paar ure voor my.  ‘n Seun.  Dus is dr J toe nie regtig ‘n dogtertjie dr nie. Ek ‘n paar ure later  ‘n dogter.

Sou eers jare later hoor, toe my Tumi en die seuntjie in dieselfde kleuterskool was dat dr K eintlik haar bevalling gedoen het en direk daarna vertrek het.  Kinder logika?  Toeval?

Gedagte van die dag:  As liefde die lewe die moeite werd maak, gee kinders ons rede om te lewe.

Advertisements

Entry filed under: Waarhede.

More than a woman ‘n Nuwe lewe

8 Kommentaar Add your own

  • 1. BB  |  Mei 9, 2011 om 7:16 vm

    Ek hoop jy het ‘n heerlike Moedersdag gehad!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Mei 9, 2011 om 10:13 vm

    LOL 😆

    Uit die mond van ‘n suigeling . ..

    Antwoord
  • 3. Olga  |  Mei 9, 2011 om 11:07 vm

    more, more. Ai, hoekom het wp weer my post titel gesteel?
    Heerlik danki bb. Hoe was joune?
    Grieters, dis dan bewys ne.

    Antwoord
  • 4. Celia Neveling  |  Mei 9, 2011 om 1:11 nm

    Kiepies is so oulik, maar hulle word net te vinnig groot, baie mooi inskrywing!

    Antwoord
    • 5. Olga  |  Mei 9, 2011 om 5:52 nm

      Celia, ek kan net beaam wat jy sê, hulle word te gou groot.

      Antwoord
  • 6. toortsie  |  Mei 9, 2011 om 1:12 nm

    Dit wil al vir my lyk of jou oudste dogter sekere talente of “GAWES” het waarvan jy nie weet nie!! 😉

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Mei 9, 2011 om 6:08 nm

      Eisj. Toortsie, nou weet jy hoekom stry ek nooit met haar nie. Ek sê net, “ja ma.”

      Antwoord
    • 8. Olga  |  Mei 9, 2011 om 10:01 nm

      Ek dink jy blok my op jou blog.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: