Los my uit

Mei 6, 2011 at 7:00 vm 10 Kommentaar

Vir iets soos twee jaar bel die dame my elke maand. Nee, nee, nie ‘n telebemarker nie. Sy praat die een of ander Afrika taal en wil met Sipho praat. Maand vir maand vertel ek haar dat die spesifieke nommer al sedert 2004 myny is, maar wat weet jy, volgende maan bel sy terug. Die feit dat sy nie sedert die begin bel nie, oortuig my dat Sipho ‘n bank gemaak het wel daarna, dus moet sy ook bewus wees van die feit dat dit nie Sipho se nommer is nie. Ek het haar ook al vertel dat die heer Sipho nie vir my werk nie. Dit help net mooi niks nie.

Sy is nie die enigste nie. Elke jaar, die eerste week van Junie, bel iemand my uit die vreemde. Dan wil hy met sy vriend Steven praat. Ek verseker Michael (volgens hom) elke jaar sedert 2004 dat dit my nommer is en hoor elke jaar dat hy net die ander dag met ole Steven gepraat het. El wil hom vanjaar die presiese datum vra sedert hy “only the other day” met good ole Steven gepraat het. Ek onthou ook altyd my vriende se verjaar dae, of meestal, maar het darem hulle nommers iewers, al is dit nie op my foon nie.

Weet julle wat? Dis alweer naweek. Geniet die naweek en bly veilig.

gedagte van die dag:Vriendskap is nie oor wat jy kan kry nie, dis eerder oor wat jy kan gee.

Advertisements

Entry filed under: Askies????.

Woorde More than a woman

10 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Mei 6, 2011 om 7:37 vm

    Eerste

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Mei 6, 2011 om 7:37 vm

    Kry n fluitjie!!

    Antwoord
    • 3. Olga  |  Mei 6, 2011 om 9:45 vm

      Ek het al daaraan gedilnk. Ek dink mev. Sipho vloek my.

      Antwoord
  • 4. seegogga  |  Mei 6, 2011 om 9:32 vm

    arme Sipho en Steven mis ‘n wonderlike vriendskap van iemand wat baie getrou gereeld aan hulle dink!

    Antwoord
    • 5. Olga  |  Mei 6, 2011 om 9:46 vm

      Al is dit in Steven se geval net eenkeer per jaar. Hy word onthou.

      Antwoord
  • 6. leonvonmoltke  |  Mei 6, 2011 om 2:16 nm

    Aag wat jong, ten minste raak dit nooit saai nie 😉

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Mei 6, 2011 om 3:57 nm

      Eisj, dis baie beter as telebemarkers wie aggro word.

      Antwoord
  • 8. BB  |  Mei 6, 2011 om 2:37 nm

    Seg: “Hold on!” en dan sit jy die foon oppie kombuiskas neer…
    as dit hulle ‘n stewige bedrag kos om jou nommer te bel, sal hulle dalk ophou 😕

    Antwoord
    • 9. Olga  |  Mei 6, 2011 om 4:02 nm

      😆 nooit nie, BB. Michael bel van ver. Nie seker waar nie. Dink sy prefix is +44.

      Antwoord
  • 10. Gerda. J  |  Mei 7, 2011 om 7:21 nm

    sommige mense verander simkaarte elke 2 of 3 maande.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: