Ma sê pa sê

April 15, 2011 at 7:00 vm 6 Kommentaar

Ek kyk vanaand “lied van die lappop”  en gaan lekker aan die giggel elke keer as Marius Weyers vir Gys de Villiers “snuiter, bulletjie” of “kabouter” noem.   Ek kon wragtig nie help om te wonder hoe hy Gys vir ‘n laaitie kon aansien nie.  Hy glo dan baie sterk in recycling of is in dire need of ‘n bril.  Ek vermoed dat dit dalk laasgenoemde kon wees.  (Of die draaiboek skrywer is toet en taal blind of ja, swaer.) Dit het dit my so aan my groottantes laat dink.  Tweeling, al diep in die “seuwentig”  maar ai, met al die ma sê, pa sê waarmee hulle deur die lewe gegaan het, is die twee nou wragtig so naïef soos tien.  Albei feitlik stokblind, maar eie aan hulle aard, verseg hulle om oë te laat toets, want “die mense wil tog net geld uit jou maak.”

Baie beskermd groot geword.  Hulle was altyd op die hart gedruk dat hulle sou swanger word as ‘n man soveel as aan hulle hand sou raak.  So het die twee hulle ouers opgepas daar op die plaas en die lewe het by hulle verby gegaan.  Maar, ai, dalk het die drome in die hart nie gesterf nie.  Wie sal tog nou weet?   Nadat hulle ouers, ag nou so vyf, ses jaar gelede die ewigheid in is, het die twee maar met die boerdery aangegaan.  Ta Maraai, die ouer by sowat tien minute, het op ‘n stadium olik gevoel en moes dokter toe.  Eisj, arme mens.  (Die dr, nie die tannie nie)  Sy het geheel en al geweier om uit te trek vir die ondersoek en die dokter was toe maar verplig om so bo oor die klere sy ondersoek te doen.  Sy bevinding het ons nooit gehoor nie. Ewentwel, vir maande het dit goed gegaan, toe is dit weer sulke tyd.  Die twee sit toe maar weer af dr toe.  Ta Maraai verseg om in te gaan sonder ta Rina. Wie weet watse smarte kan dit haar besorg as sy alleen daar ingaan.

Die dr vertel toe dat ta Maraai so ‘n ou operasietjie moes kry om aan haar appendieks geboorte te gee.  Niks groot nie, tante, ons verlos tante sommer gou van die ou karnallie.  Diep geskok is die ou tweetjies daar weg.  Wat gaan die mense tog sê en dit op hulle ouderdom.  Die volgende middag bring ta Rina vir ta Maraai hospitaal toe.  Die dr kom verduidelik toe weer aan hulle dat hy die knaap deur ‘n snit in haar lies gaan verwyder.  hy vra of ta Maraai die ou stouterd wil hê.  Vreeslik geskok sê ta Maraai hy mog met sonde tot daar gekom het, maar hy is wragtig hare.  Sy laat die dr belowe hy sal die knaap reg langs die bed kom neersit.  Toe die dr uiteindelik loop, sê sy vir ta Rina “Ek moes die klein wetter wragtig laat handskoene aantrek het voordat hy aan my geraak het.  Ma was reg.  Mans is net moeilikheid.”

Terwyl ta Maraai in die teater was, kom plunder ‘n trop blou apies die hospitaal en dis met groot moeite  dat hulle weereens verwyder word.  Maar, een klein bliksempie was oorgesien.  Toe ta Maraai uiteindelik haar oë oopmaak, draai sy na die bedkassie om te sien hoe die ding lyk wat haar nou soveel verleentheid en pyn veroorsaak het.  En daar is die ou blouapie styf vasgewoel in die handdoek, vas aan die slaap tussen die blomme en vrugte.  Ta Maraai vryf haar oë en kyk weer.  Al wat sy sien, is die ou pienk gevreetjie wat daar tussen die die voue van die spierwit handdoek uitsteek.  Die lelikste wat sy al ooit gesien het.  Haar hart word sommer week.   Met ‘n swaar tong prewel sy “Appendieks, my kjend, jy is lelik, maar jy is wragtig myne.” voordat sy weer aan die slaap raak.

Gedagte van die dag:  Opvoeding kan wragtig ‘n sjleb wees.

Geniet die naweek en bly veilig.

Advertisements

Entry filed under: Sug.

Baby boogie Whoop, whoop

6 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  April 15, 2011 om 8:24 vm

    Whahahahahhahahahahahaha

    😆

    Hoe lank het sy nogal vir Appendiks groot gemaak?

    Antwoord
  • 2. Sonlig  |  April 15, 2011 om 9:03 vm

    Ai Olga! Dis skreeusnaaks! Vrolik jy hierdie effense…..eh…….kakarige…..Vrydag vir my bietjie op!

    Ek sou darem bitter graag ‘n vlieg op daai muur wou gewees het.

    Antwoord
  • 3. Olga  |  April 15, 2011 om 10:06 vm

    lol. Toe sy wakker word, was appendieks weg. Wit handdoek en al. Ta rina eni dr het n hengse stryd gehad om ha die waarheid te laat insien.

    Antwoord
  • 4. Olga  |  April 15, 2011 om 10:08 vm

    sy was op n stadium oortuig ta rina het die skandekind laat aanneem.

    Antwoord
  • 5. Wip  |  April 15, 2011 om 10:33 vm

    whahahahahaaaaa dis skreeusnaaks 🙂

    Antwoord
  • 6. Olga  |  April 15, 2011 om 12:16 nm

    ari gedorie. Hier foeter el stroes bob reg van die stoel af. Heeeee???
    Wip? Sowaar?
    Wa s my bril?
    Baie welkom.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: