Raindrops keep falling on my head
April 6, 2011 at 7:00 vm Olga 7 Kommentaar
Gisteroggend was nog ‘n tipiese laeveld dag. Bedompig. Warm. Bessie en Toughey wie my met lang oë dop hou. Maar ongelukkig kan ek hulle nog nie vir ‘n stappie neem nie. Ek het nog sowat sestien dae van pansy wees, dan sal ons weer lopies maak, hoor. Die middag begin dit reën en nog voordat dit behoorlik donker was, was dit koud.
Iemand wêla my toe nog boonop alles vanaand met die bakkie potjiekos wat sy in die vrieskas ontdek het. Toe begin my tanne mos te huil. Wel, dan moet dit seker maar tweede beste wees. Ongelukkig laat vodadom (wk, wa is jy?) my nie toe om die resultate vir julle te publiseer nie. Dus sal ek maar die resep vir julle opsit. Ek het toe vir my ‘n bakseltjie pannekoek-deeg aanmekaar geslaan. Ek gebruik die resep al jare lank en het nog nooit ‘n mislukking daarmee gehad nie. Geen pannekoeke wat vassit en uitmekaar skeur nie. Ek het jare gelede die resep in die huisgenoot gekry en aangesien eiers nie van my hou nie en die resep skaam met die eiers is, het ek dit beproef en sederdien nie [‘n ander resep gebruik nie. Niks se ge2eiers en ‘n eiergeel per koppie meel nie. Net straight forward onpretensieus soos dit ‘n pannekoek betaam.
Pannekoek
Gooi 200 ml kookolie, 6 eiers en 2 liter (2000ml) water in ‘n groot mengbak en klits dit goed. Sif 6 x 250ml (Koppie) koekmeel en 6 x 5ml (teelepel) bakpoeier oor die vloeistof en klits goed deur. Voeg 50 ml brandewyn nou by, klits deur en bedek en laat rus vir sowat ‘n uur. As jy dink jou niere kan die punch vat, 5 ml sout. (Ek kry skaam vir sout in soet geregte. Buitendien, ek dink my niere verdien ‘n breek.)
Smeer die pan met kookolie so vir die eerste 2 – 3 keer en bak die pannekoek tot mooi bruin aan albei kante. Gooi kaneelsuiker oor of smeer konfyt of stroop oor. Rol op en geniet.
Ek stapel die pannekoek altyd en sodra ek die laaste een gebak het, sal ek die suiker oorsprooi terwyl die pannekoek nog in die pan (van die warm plaat verwyder) is. Dan stapel ek die boonstes een vir een op. teen die tyd dat die koffie klaar gemaak is, is die suiker van die laastes darem ook al gesmelt. so laat die reën maar val. Hulle vries ook goed, seker danksy die knertsie wat ingaan.
Gedagte van die dag; Twyfel sien die versperring, geloof sien die pad daaroor.
Entry filed under: Uncategorized.
7 Kommentaar Add your own
Lewer kommentaar
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed
1.
Xena Phoenix | April 6, 2011 om 7:28 vm
EERSTE
2.
Xena Phoenix | April 6, 2011 om 7:32 vm
Nou is ek lus vir pannekoek. Dit is darem n berg pannekoek vir een vrou, n kat en 2 brakke.
3.
Olga | April 6, 2011 om 10:22 vm
moenie die vrieskas vergeet nie grieters.
4.
Gerda. J. | April 6, 2011 om 1:26 nm
so n pannekoek gevul met tuna, hoender of maalvleis is wragtig n welkom gesig. met witsous en kaas oor en gesmelt onder die oond element n heerlikheid.
5.
Olga | April 6, 2011 om 2:57 nm
ai, gerda, nou praat jy my honger. Ek het gelukkig n paar ‘skones’ ook gevries.
6.
seegogga | April 6, 2011 om 11:05 nm
sjoe dit klink so lekker.Ek’s ook lus. Maar nie vir die bak nie,net diee eet!
7.
Olga | April 6, 2011 om 11:48 nm
hi krappie. Wens ek kon se; kom eet saam.