Vodacom is rooi

April 4, 2011 at 9:40 nm 15 Kommentaar

Ek het my voorgeneem dat ek by Fr Manny se vas sou hou.  Totdat ek nou vanaand hulle nuwe advertensie sien. ai, ons kla nou al maande lank oor probleme met sein.  3G het ons nog nooit geken nie, maar wel Edge.  Die afgelope weke, dalk al maande het ons self dit nie eers meer nie.  Ek het al ‘n 3G stokkie doodgetrap.  Pure verniet.  Die stokkie het niks makeer nie, die sein was wel ‘n probleem.  Maar ek het toe mos geluister na wat die tegnikus / konsultant mens gorrel toe ek weer gekla het oor die sein.  Toe was daar ‘n ander een wat dit durf waag het om my te vertel dat ou Sally die probleem is.  Your pc seems to be the one with the problem. Daar sit Olga toe af incredible corruptions toe en sy gaan koop vir haar ‘n skootrekenaar en ‘n nuwe stokkie.  Want sien, ek het mos die selfoon wat ek gebruik het as ‘n modem teen die muur gegooi dat die stukkies gereën het en Toughie stert tussen die bene teen die muur vasgehardloop het oj weg te kom.  Het hy na Bessie geluister, sou hy al gat skoongemaak het toe ek ou Sally aangesit het.  Tuis gekom, kan ek nie wag dat alles wat gelaai moet word, laai nie.  Ek het behoorlik op warm klippe gesit.  Druk die stokkie in. . . and what do you know??????  cannot (#$^% &&*% $@@! $^&) connect to the internet.  Ek gryp my foon die Sondag nadat ek al van Vrydag af gesukkel het, bel 111, volg al die prompts en HELLO?????  Nadat ek en die konsultant deur set up sus en so is, sê die (*%# $&*# @&*) mens vir my: The problem seems to be with your equipment.  Toe ontplof ek. Want toe het ek by vier (4) van my bure gehoor al het al die inwoners dieselfde probleem gehad, was hulle ook almal vertel: the problem is not signal related, it seems to be with your handset.  Om ‘n lang storie kort te maak, Homer is baie gelukkig met sy skootrekenaar en 3G stokkie.  Vodacom het onderneem om uit te kom en die sein te kom toets in ons omgewing.  Helaas, nooit hier uitgekom nie. So ja, vodacom is rooi.  Hopelik ROOI VAN SKAAMTE!!!! Ns.  Mtn is nie beter nie.  Een van die bure het haar foon weggegee, sy he nie geweet dat sy net ‘n vodacom simkaart kon insit nie.  Die ander buurman wie ook ‘n mtn gebruiker is, het ook eenkeer te veel gehoor dat die probleem met sy foon is en nie met die sein is nie, toe smyt hy sy foon by sy kar se venster uit.  Bo en behalwe ‘ n nuwe foon, moes hy toe R90 betaal om ‘n nuwe sim met sy ou nr te kry.  En…. hy het nog dieselfde moeilikheid.  Nes ek. Toe ek hulle vertel om moer toe te gaan, ek gebruik ‘n splinternuwe foon, wou hulle weet hoe moet hulle weet daar is ‘n probleem as niemand anders as ek kla nie. Gedagte van die dag: Nugtere benadering sit probleme in perspektief.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Glo my Raindrops keep falling on my head

15 Kommentaar Add your own

  • 1. leonvonmoltke  |  April 5, 2011 om 7:57 vm

    Ek wonder wanneer gaan die reguleerder die selfoonmpye begin vasvat oor hulle netwerkkwaliteit.

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  April 5, 2011 om 8:39 vm

    Ek voel amper of ek ‘n Cell C kontrak het met die rooi wat die wereld oorvat.

    Hulle behoort hulle te skaam

    Antwoord
  • 3. Olga  |  April 5, 2011 om 9:06 vm

    die fone raak net grender en meer ingewikkel. Laaaang sug. Die seindekking al swakker. Vandag reen dit. Ons het 1 strepie sein.

    Antwoord
  • 4. Sonlig  |  April 5, 2011 om 3:08 nm

    Dit maak dat mens rooi sien! 😉

    Antwoord
  • 5. Olga  |  April 5, 2011 om 3:19 nm

    sien! Dit is wat hul nuwe kleur so gepas maak.

    Antwoord
  • 6. Xena Phoenix  |  April 5, 2011 om 4:31 nm

    Olga

    Moet my net nie vertel jy is Vodacom se nuwe mascot nie

    Antwoord
  • 7. Olga  |  April 5, 2011 om 7:21 nm

    ek wil net hulle skandes invryf grieters. Die rooi kleur is vir my xet so gepas. ROOI VIR SKANDE. Dit is wat ek van vodacom dink. Skandalige 4kers.

    Antwoord
    • 8. Xena Phoenix  |  April 5, 2011 om 7:55 nm

      😉 Nee, ek bedoel nou met die dat hulle net so rooi soos jy is? Hulle advertensies betaal glo goed.

      Antwoord
      • 9. Olga  |  April 5, 2011 om 11:01 nm

        Ek was eerste voor hulle rooi.

  • 10. toortsie  |  April 5, 2011 om 9:18 nm

    Ai tog, en nou sit ek nog vas in die vas!! (Ekskuus as ek dom is, die heks het dit darem al herhaaldelik gesê!! – maar waarvoor staan die afkorting Fr ?)

    Antwoord
  • 11. toortsie  |  April 5, 2011 om 9:18 nm

    Father?

    Antwoord
    • 12. Olga  |  April 5, 2011 om 11:02 nm

      Kolskoot!

      Antwoord
      • 13. toortsie  |  April 6, 2011 om 8:14 vm

        Ag, Sê asb vir die heksie ek is nie HEELTMAL so dom nie!!

  • 14. Olga  |  April 6, 2011 om 2:54 nm

    toorts, ek het agter gekom sedert sy reggekry het om tot 6 te tel, het ons almal dom geword.

    Antwoord
  • 15. Laviga Heks  |  April 8, 2011 om 7:15 nm

    Oe!! Oe!! Oe!!

    Ekke kan tel.

    1
    2
    3
    4
    5
    6
    9
    3
    8
    10

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: