Bek rek.

Maart 14, 2011 at 8:00 vm 6 Kommentaar

Grieters het Vrydag in har koerantbrokkies genoem van Martin Smal wie ‘n polisie dienspistool teen sy kop gedruk gekry en die sneller getrek, van die polisie gekry.  Dit was vir my ‘n skok.  Die kind is, ari, hy is Martin.  Skuus nie die kind nie, die man.  Dit het my so ontstel, ek het eers uit tydelike leeglê gekom om my 5c te gooi.

Saterdag bel my Nolie my en vra of ek die koerantberig gelees het.  ek sê toe ek het.  Toe wou hy weet wat dink ek van die kommentaar.  Huh?  Ek het geen kommentaar gelees nie.  Ewentwel, ek gaan soek toe die kommentaar en wrintie waar!  Pleks van die mense van ‘n ou dorpie soos Carolina bankvas agter hulle “Oros mannetjie” (julle het hom so gedoop, onthou?) staan, is daar wragtig mense wie hom aanval en van allerande dinge beskuldig. Onder andere dat hy enige iets sal doen om geld te kry.  Sies Carolina!!!!  Hy het voor meeste van julle grootgeword.  Nou maak julle hom af as ‘n rassis en ‘n krimineel.  Nee, nee.

Dat hy die polisieman sou lip gee omdat hy Martin se verloofde gestamp het, kan ek wel glo.  Maar is dit genoeg rede om ‘n pistool teen sy kop gedruk te gekry het? Ek wonder wat julle dapper mense sou gedoen het as julle die geklik gehoor het voordat julle besef het dat dit die geklik van ‘n ongelaaide pistool was?  Wie sê die pistool was leeg omdat die polisie man geweet het hy gaan ‘n wit boytjie daarmee intimideer???  Ek is vas oortuig dit het net geklik omdat die edele polisieman vergeet het om die pistool te laai. Hoe dapper sou julle gewees het, mense van Carolina????

Wat mens ookal van Martin kan sê, hy het nog altyd sy straf soos ‘n man gevat.  Geen mens verdien om ‘n pistool teen jou kop gedruk te kry nie.

Ek het reeds Vrydag se Steelburger gelees dat die agbare burgermeester van Lydenburg, die DA raadslid aangesê het om te “Shut up and voertsek.”  Toe gaan hy en maak ‘n saak van intimidasie en crimen injuria teen haar.  Sy het blykbaar agter gekom (vet weet hoe)  dat ‘n klomp mense besig was om onwettig te registreer om in die verkiesing te stem.

Gedagte van die dag:  leierskap gaan nie oor om die beste te wees nie, dit gaan oor die beste in ander mense uitbring.

Entry filed under: Diere Maniere.

Nog steeds Mens vir ‘n Dag

6 Kommentaar Add your own

  • 1. Shady lady  |  Maart 14, 2011 om 9:22 vm

    Klein dorpie mens is oor die algemeen baie kleinserig. As so iets gebeur dan kom jy agter hoe min gin hulle mekaar. Sterkte oros.

    Antwoord
  • 3. leonvonmoltke  |  Maart 14, 2011 om 11:13 vm

    Oi joi joi. Hoe meer dae, hoe meer dinge. Ek skud maar net my kop.

    Antwoord
  • 4. jackey  |  Maart 14, 2011 om 11:38 vm

    kopskud help nie meer nie. hul het al meer as 1 en ‘n dekades gehad om hulle bevoeg te bewys.

    Antwoord
  • 5. toortsie  |  Maart 14, 2011 om 1:27 nm

    sjoe

    Antwoord
  • 6. Xena Phoenix  |  Maart 14, 2011 om 7:45 nm

    Eerste!!!

    Daar kan seker boeke geskryf word oor klein dorpie mentaliteit

    Antwoord

Lewer kommentaar op jackey Kanselleer antwoord

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter