Dokter dokter!

Februarie 22, 2011 at 10:15 nm 11 Kommentaar

Gestel nou jy is gelukkig genoeg om na al die jare steeds na die dokter te gaan wie jou in die lewe gebring het.  Ek kan my dit nie eers voorstel nie.  As ons nog in die hometown gewoon het, sou twee van my vier kinders daarop kon roem.  My Tumi dalk ook.  Die dr wat haar in die lewe gebring het, praksiseer nou weer nadat hy ‘n paar jaar lank nie kon praktiseer nie as gevolg van gesondheidsredes.



Nou, ja.  Dit kom al daarop neer kom jy by oom Dokter aan, staan hy op en groet jou met ‘n drukkie.  Julle kry die prent?  Dan word jy een en twintig en nou is jy nie meer op Pappa se mediese fonds nie.  Dan kom jy af op ‘n vreemde kat wat die honde gecorner het.  Jy tel vir Kietsie op en probeer haar kalmeer terwyl jy haar by die nare honde verby dra.  Dan kom Woefels nader om verskoning te vra.  Jy gesels maar met Kietsie en vryf haar.  Sy misverstaan Woefels se intensies en byt jou dat jy hik.  Wat nou?

Maklik, oom dokter sal jou help.  Jy bel hom en vertel die storie.  Jy word aangeraai om dadelik in te kom vir klem in die kaak spuite en aangesien dit ‘n vreemde kat is, vir hondsdolheid voorkomings spuite.  By oom dokter se spreekkamer aangekom, vertel tannie Ontvangsdame (wie jy van kleuterskool af ken) dat dit gaan net R4 000 kos vir die reeks van sewe inspuitings.  Vooruitbetaalbaar.  Waar gaan jy nou R4 000 uitkrap?  Jy is nou al drie maande lank werkloos.  Ag wat, dan maar staatshospitaal toe.

Daar gekom, moet jy nou R20 betaal om te registreer.  Jy moet tussen die gepeupel sit.  Wat kan jy dan nou anders doen?  Dan sien jy nou nie eers ‘n dokter nie.  Dis sommer ‘n suster wat jou gaan inspuit.  Wat kan jy doen?  Jy moet maar jou arm ontbloot.  Met die sesde spuit is jy haar al so gewoond of sy vir jou, sy los sommer die spuit om in jou arm te hang en hardloop in die gang uit.  Dan wil sy haar slap lag omdat jy nie opgespring het omdat die naald nog in jou arm hang nie.  Dink julle ek jok?  Glad nie hoor.  Dit is wat regtig gebeur het.

Ek het myself verlede jaar siek geword.  Lewe op ‘n klein dorp is mos ‘n oop geheim.  Ek het by die dokter aangekom, hy het geluister na wat ek te sê het, in sy leër met die aantekenige geloer en gesien dat Homer by die ranks van die werkloses aangesluit het.  Het hy my reguit gevra, sou ek hom gesê het ons was van Homer se vorige werk af op ‘n private mediese fonds en kon met die Vader se genade die premies betaal regdeur sy werkloosheid.  Ek sou hom ook kon vertel het dat Homer gelukkig genoeg was om na drie maande weer ‘n betrekking gekry het.  Maar ai, toe kom sit hy eerder langs my op die ondersoek bank, neem my hand en sê:  “Weet jy met jou mediese geskiedenis kan ek jou nie bra medisyne gee nie.  Jy sal dit ongelukkig maar moet uitsweet.”  En hy stop my ‘n pakkie stopain wat hy aan die swart mense en ou mense uitdeel in die hande.  Toe besef ek dat hy nie bewus is van die feit dat ek nog steeds op medies is nie.

Toe ek ander dag Homer se chroniese medisyne by hom gaan haal; het, het sy ontvangsdame my vreeslik hoëwaardig ingelig dat daar nou al ‘n geruime tyd ‘n groot bedrag uitstaande is op ons rekening.  toe gaan druk sy ‘n paar knoppies op haar rekenaar terwyl sy sê:  “Dis amper einde van die maand.  As jy nou die rekening kom betaal kan jy die pille kry.  Ek is jammer, ek sien daar is niks uitstaande nie.”  Wat het geword van die eed van Hippokratis?  Is die eed van Mammon dan nou eerder aan bewind?  Toe wil mnr Dokter ook nog kom gesels.  My so ewe sê hy is bly Homer is nie daar om self sy pille te kry nie.  Dan kan hy my darem weer sien want ek is mos skaam vir hom.  Sorry pêl.  As ek verlede jaar geweet het dat ek nie op medies is nie en nie geld gehad het om te betaal nie, sou ek kliniek of staats hospitaal toe gegaan het.  Met my mediese geskiedenis, sal ek half vrek moet wees voordat jy weer ‘n bok uit my sal maak.  Sien ek verwag niks vir niks en baie bietjie vir ‘n tiekie.  Mens sal net menslikheid van ‘n mediese dokter verwag.   Of sit ek nou die pot mis????

Gedagte van die dag:  Die pad deur die lewe is dikwels vermoeiend en rof.  Maar goeie geselskap kan  die reis aangenaam maak.  Reik dus ‘n hand van vriendskap aan jou mede reisigers.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

k@k en betaal Tot verdere kennisgewing

11 Kommentaar Add your own

  • 1. seegogga  |  Februarie 23, 2011 om 12:22 vm

    Ek stem die dokter het nie reg opgetree nie- miskien aangehelp deur ‘n skinderstorietjie of twee? Verder wonder ek: In my tyd het ons net een klem -in-die-kaak inspuiting gekry as ons bv in ‘n spyker getrap nie, nie ‘n reeks nie. R4000? Klink my na daylight robbery.

    Antwoord
  • 2. Olga  |  Februarie 23, 2011 om 12:52 vm

    ekskuus krappie. Dit was soos ek kon aflei 1 klem in die kaak en n reeks van 6 hondsdolheid inspuitings.

    Antwoord
    • 3. seegogga  |  Februarie 23, 2011 om 6:35 vm

      O, dit maak meer sin.

      Antwoord
  • 4. toortsie  |  Februarie 23, 2011 om 7:57 vm

    Wat ‘n VERSKRIKLIKE ervaring!! En dit oor AANNAMES!!

    Antwoord
  • 5. Olga  |  Februarie 23, 2011 om 8:11 vm

    more, more.
    Toortsie,
    die kind wou nie gratis behandeling he nie. Soos ek gese het, hy ken haar van geboorte af. Maar nou ja, mammon se woord is wet.

    Antwoord
  • 6. Xena Phoenix  |  Februarie 23, 2011 om 9:08 vm

    More

    Ek was nou die dag by ‘n dokter waar ek moes betaal voordat ek hom gesien het. Mens raak ‘n dokter om ryk te word en vir geen ander rede nie.

    By my huisdokter het ek nog nooit ‘n sent bybetaling gehad nie. Sy is dalk nog van die ou soort.

    Antwoord
  • 7. Selene Phoenix  |  Februarie 23, 2011 om 10:55 vm

    Dis die rede hoekom ek die dokters vermy!!

    Toe ek van medies verander het, het ek met my ou medies se dag tot dag gekanseleer en net die hospitaal plan gehad.

    Gaan Dr. toe, o jy het nie medies nie betaal asb Rx vooruit – en dit voor hoeveel mense, jy voel skoon soos ‘n skelm! En om dinge erger te maak, toe ek my pille moes gaan kry het, weereens sal hulle vir my sê o ek sien jy het nie medies nie, ons aanvaar net kontant – Ek weet! Hoekom anders staan ek met my beursie reg om te betaal?? En voel nog bo-op dit goor, en wil omkap! Daai outjies moet eintlik die medisyne na jou toe bring terwyl jy sit – wie wil op hul goorste in ‘n lang ry staan en wag vir pille!

    Antwoord
  • 8. Olga  |  Februarie 23, 2011 om 11:04 vm

    jy is gelukkig, die enigste gp op ons dorp vra n r30 prof fooi. Hy se ons kan onsself gelukkig ag hy vra nie r300-500 soos AL die spesialiste nie.

    Antwoord
  • 9. Olga  |  Februarie 23, 2011 om 11:08 vm

    grieters
    weet jy dit is seker hoekom voornemende
    mediese studente deur kwaai keuringstoetse moet gaan. Seker om vas te stel of hul materialisties genoeg is. Jou gp moes dan deur n loophole geglip het.

    Antwoord
  • 10. Gerda  |  Februarie 23, 2011 om 12:44 nm

    Dokters is blixems. niemand vmrwg dat hulle vernhet werk nie, maar hulle is deesdae baie duur. en almal wil uitgekontrakteer wees.

    Antwoord
  • 11. Olga  |  Februarie 23, 2011 om 7:00 nm

    famous last words.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: