Does your mother know

Februarie 15, 2011 at 11:49 nm 10 Kommentaar

Ai, Grietrers het die ander dag gevra of die wet van desjare dat kinders ouer as twaalf moet wees om voor in ‘n kar te sit, dan verval het.   Nes Selene en ander kon ek wragtig nie eerlik daarop antwoord nie. Sover my kennis strek bestaan daardie wet nog steeds. Of het dit ook so saam met die wet op anneksasie verdwyn?

Sover ek weet, bestaan die wet van rommelstrooi ook nog steeds, Maar as die polisie dit nie weet nie, tot die mate dat hulle vuil , vetterige tjipspakkies deur ‘n bewegende motorvoertuig se oop ruit kan smyt, teen die uwe se voorruit vas, wat weet hulle? Verbaas it julle dus dat hulle nie wet suip op ‘n openbare pad is ‘n oortreding van die landswet nie?  Dit is ook nie al nie.

Het ander dag amper dronkies, met ‘n quart bier elk in die hand (glo darem nie dit was jww nie) omgery.  Hulle het net van die sypaadjie afgestap reg voor my kar in.  Ek het darem nie vinnig gery nie en kom ‘n katastrofe vermy.  ‘n SAPD voertuig het reg oorkant die pad gestaan en weet julle wat?  Hulle beduie vir my dat ek my oë moet gebruik.  Hello?????   Die mense was dronk op straat.  Nog ‘n oortreding of hoe?

Die polisie weet deesdae maar blerrie min.  Vir die afgelope agt jaar al, probeer die vervoer afdeling dit as ‘n wet deurgevoer te kry dat voertuig ligte aangeskakel moet wees as jy op ‘n provinsiale pad, of dan pad buite dorpsgebied reis.  Glo my, ek het al opgehou tel hoeveel polisie beamtes al vir my ligte geflits het en met hulle hande beduie het dat my ligte aan is nie.

Dan nou weer, as polisie beamptes steel, korrupsie pleeg, verkrag, moor (soos weer vandag in Pelgrimsrus)  hoe moet die publiek weet dat dit onwettig is?  Maar dan, as die mense ‘n reg het om te staak, dan het hulle ook seker reg om sex te hê of dit met ‘n gewillige maat is of nie.  Dan het hulle seker ‘n reg om die reg tot ‘n ander se eiendom of die wettige eienaar saamstem of nie.

Die mense wie nou so staak oor SWAK DIENSLEWERING gaan eersdaags weer vir die ANC stem.  So hoekom staak hulle?  Dit is net ‘n verskoning om werreloos te wees.  Die tyd is hier dat die SAPD  en die publiek as ‘n geheel ingelig word oor wat oortredings van die wet is.  Ons het dit op skool geleer.  Onthou julle?  Eers Omgewingsleer toe op hoërskool in die Voorligting klas.  Maar vandat geleerdheid soos ons dit geken het, mos as onnut uitgeroei was, kan mense maak wat hulle wil solank hulle dit op Apartheid kan blameer.

Gedagte van die dag:  As die onnies op skool nie weet wat reg is nie, behoort ‘n ma te weet en dit aan haar kinders oor te dra.

Advertisements

Entry filed under: Askies????.

Sexy Eyes Words

10 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Februarie 16, 2011 om 6:34 vm

    Eerste

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Februarie 16, 2011 om 6:38 vm

    Sny munisipaliteite nie meer sypadjies nie? Ek kan verstaan oor woonbuurte, maar wat van besigheidsgebiede? Terwyl daar grasgesny word, kan die wat cheer sommer al die gemors op tel. Dit is regtig pateties verby en ‘n ideale werkskeppings geleendheid.

    Antwoord
  • 3. Olga  |  Februarie 16, 2011 om 8:14 vm

    more, more.
    Munisipaliteitd is nog veronderstel om sypaadjies skoon te hou. Om die dorpe skoon te hou. Maar veronderstel is ver van doen. Hulle staak alweer maar swak dienslewering. Maar hul gaan in die munisipale verkiesing weer vir die anc stem. So staking is teen wie? Net om hul kriminele spree te wettig.

    Antwoord
  • 4. Olga  |  Februarie 16, 2011 om 8:39 vm

    graskop se munisipale stortingsterrein is op die hazyview / bosbokrand pad. Dit is op die panorama roete. Panorama wat uitsig beteken. Die vuilis word sommer langs die pad gestort. Deur die munisipaliteit. Dit in n plek wat baie swaar op toerisme steun om ekonomiese oorlewing.

    Antwoord
  • 5. Selene Phoenix  |  Februarie 16, 2011 om 9:23 vm

    Goeie more!

    Ag asb, hulle is te lui om te werk en nou staak hulle – hulle is te dom om te besef dat hulle dinge net erger maak! Maar ook te slim om te weet nou kan hulle sommer vure maak, winkels beroof ens ens!

    Maak my die hel in… wens mens kon soontoe ry, paar skote skiet en sê maak skoon, gaan terug werk toe of die volgende skoot sit jou in ‘n massa graf! Useless!

    En ja, om in die publiek te drink of dronk te wees is teen die wet… en om rommel by die venster uit te gooi… het Sondag agter ‘n kar gery wat ‘n vuil doek by die venster uitgegooi het… 👿

    Antwoord
  • 6. Olga  |  Februarie 16, 2011 om 10:55 vm

    gross. Regtig. Wat het van sindelikheid geword? Maar weet jy selene, n paar skote gaan nie werk nie. Stuur n peleton met lang swepe in. Man, sal beter werk as n blikkie breins by pnp.

    O,ja, dari blikkies is jare terug al uitverkoop.

    Btw, het jul gsteraand op die nuus gesien daar in wesseltom waar op die sapd geskiet en met petrolbomme bestook was, al die WIT arms wat uit die uniforms gesteek het?

    Antwoord
  • 7. Gerda  |  Februarie 16, 2011 om 1:49 nm

    kaalgat in die openbaar was ook altyd teen die wet. maar dit bestaan ook nie meer. kyk maar hoe swap hulle sommer in die hoofstraat klere.

    Antwoord
  • 8. Sonlig  |  Februarie 16, 2011 om 2:26 nm

    Moenie eers praat van sypaadjies nie!

    Ek het nou seker al vir 3 weke agtermekaar twee kartondose waarin ek groente gekoop het bo-op my trollie-asblik (waarvan die munisipaliteit die deksel afgebreek het) gesit. Elke keer word die lee bokse gelos. Ek meen…..Hello????!!!! Ek betaal vir hierdie diens!

    Die bure in die straat se vullisblikke staan tot doooeeeerr gepak van goed wat bo-op gestapel is en dit word elke keer weggevat. Is dit omdat ek nooit vir die spul stakers “krismis” gee in Desember nie?

    Toe besluit ek gister…nou moet die dose maar daar le totdat die bokse besluit om hulle te vat!

    Antwoord
  • 9. Olga  |  Februarie 16, 2011 om 3:29 nm

    kan mens ooit met hul wen sonlig? Wette is net op ons vao toepassing.

    Antwoord
  • 10. Olga  |  Februarie 16, 2011 om 3:32 nm

    gerda jy weet mos wat hul se. If u’v got it, flaunt it. Of dit nou die klere of di bates is.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: