Thriller

Februarie 9, 2011 at 9:59 nm 8 Kommentaar

Net so ‘n paar slenterstreke wat heel moontlik heel suksesvol verloop.  Die ou wêreld is boos so waar.

Ek was eenkeer vertel hoe ‘n jong meisie (swart) ‘n jong man gesmeek het om met haar gemeenskap te hê.  ja raait het ek gedink.  Die meisie was aan my uitgewys.  Sy het ‘n paar uitstaande gelaatstrekke wat haar laat uitstaan en dis hoe ek haar die ander dag in die poskantoor herken het.  Sy was daar om te raai wat?  Kinder toelaag te trek.  Baba van seker so tien maande oud op die rug.  As hulle ‘n posspaarkaart het, kan hulle hulle toelae ‘n dag voor die tyd kry.  Die geld word uitbetaal, die jongman by haar reik oor haar skouer en tel die geld op.  Hoeveel daar is, kan ek nie sê nie, maar hy gee haar R100 en druk die kaart en die oorblywende geld in sy sak en gaan val in by die meisie agter my.  Sy ook het ‘n baba, seker so ses maande oud op haar rug.  Ek sal dink sy kan so veertien, vyftien jaar oud wees.  Ek gaan staan by die skryfbankies en hou hulle dop.  Dieselfde gebeur.  Hy gee haar R100 en gaan buite op die trappe sit.  Ek het my voorgeneem ek gaan uitvind wanneer word kinder toelaes weer uitbetaal en ek gaan daar wees, blatant, met my kamera.  Dis ons belasting geld wat so uitgedeel word.

‘n Ander slenter is die volgende.  Jy stoot tru uit die parkering.  ‘n Hilux bakkie kom en skuur teen jou kar verby.  Nou ja, almal weet in die geval is jy skuldig want jy trek uit die parkeerplek, die ander is al deel van die verkeer.  Voordat jy nog klaar “blixem” gesê het, staan ‘n magdom “toeskouers” jou karretjie toe.  Die bestuurder van die bakkie klim uit gaan gal af en sê kyk hoe het jy hom laat skrik.  Hy is vreeslik inskiklik en sê vir R250 kan hy die skraap van sy bakkie af laat haal en jou kar het nie regtig skade nie.  Hoe lyk dit?  Kom ek jou vertel, moenie dat die 4kker daarmee wegkom nie.  Klim uit jou kar, neem foto’s van waar jou kar staan.  Jy is heelmoontlik nog nie uit die parkering nie.  Stuur ten aanskoue van hom en die “toeskouers”  jou foto aan ‘n derde persoon.  As jou voertuig nog in die parkering is, bel dadelik die SAPD.  Vra die persoon aan die anderkant se naam en rang en bel dadelik die persoon vir wie jy die foto gestuur het en gee die amptenaar se naam en rang.  Dan vra jy die persoon om maar saam met jou te wag vir die SAPD.

Die twee gevalle wat ek genoem het, is ‘n gereelde gebeurtenis.  As jy in Burgersfort by die “mall geparkeer het, wees veral op jou hoede.  Die Toyota Hilux is volgens wat ek gehoor het sewe dae per week daar, nie altyd met dieselfde bestuurder nie.

Gedagte van die dag:  jy is nie altyd skuldig nie.

Advertisements

Entry filed under: Goed om te weet.

Ek’s ‘n dapper muis Bokkie wil jy dans

8 Kommentaar Add your own

  • 1. joannapingky  |  Februarie 9, 2011 om 10:00 nm

    Hi olga, your kul jou hier kul jou daar post is really one particular of the most beneficial substance that :-bd.
    Dont forget to visit back my blog (http://downloadmp3indonesia.net/), glad to meet you… Thanks…,Best!!! 🙂

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Februarie 10, 2011 om 7:19 vm

    Eerste!!!!

    Antwoord
  • 3. Xena Phoenix  |  Februarie 10, 2011 om 7:21 vm

    Mens moet teen intimidasie op staan. Seker maklik gesê as gedaan, maar as meer mense dit doen sal daar minder wees wat dit inspan.

    Antwoord
  • 4. Olga  |  Februarie 10, 2011 om 8:52 vm

    more, more.
    Die poskantoor storie pla my veral.

    Antwoord
  • 5. Selene Phoenix  |  Februarie 10, 2011 om 9:07 vm

    Sjoe Olga!!! Dis rof! Ek weet nie wat ek sou doen nie, maar dis soooo wat jy sê! Ons geld word aan daai klomp gegee vir hulle kinders… twyfel of daai kinders ooit ‘n cent sien!!

    Maak my vies…

    En dankie vir die heads up oor die bakkie, sal nou mooi uitkyk vir dit!

    Antwoord
  • 6. Olga  |  Februarie 10, 2011 om 11:07 vm

    Die tieners het in babafabrieke ontpop. Dis snert. Hoeveel is die kindertoelaat? Is dit ooit R200 per maand? Geen mens kan ‘n kind in S.A onderhou op R200 per maand nie. Hoekom gee hulle nie eerder voorligting op skool nie? Iewers moet die tiener ma met die pa (?) wie werkloos is, geld vandaan kry om die kind groot te maak. Die moontlikhede maak my bang. Ek dink regtig waar die grootste onreg wat die ANC die volgende geslag aandoen, is die kindertoelaag. Tye is swaar, ons moet daarby aanpas nie aanlas nie.

    Antwoord
    • 7. Selene Phoenix  |  Februarie 10, 2011 om 2:16 nm

      Dink dit moet ons land se motto raak!

      “Tye is swaar, ons moet daarby aanpas nie aanlas nie!”

      Antwoord
  • 8. Olga  |  Februarie 10, 2011 om 2:47 nm

    😉
    het jul agtergekom hoeveel boomblare begin al herfkleure kry? Vertel die natuur ons iets?

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: