Ek’s ‘n dapper muis

Februarie 8, 2011 at 6:37 nm 9 Kommentaar

Ek het onlangs vir banksake Hazyview toe gegaan.  By die parkeerterrein, via ‘n verkeersirkel, gee ek toe aan ‘n motor van my linkerkant.  Poephol dink ek, sien dis ‘n vrou en wonder of ‘n vrou ‘n poephol kan wees.

Soos gewoonlik, ry ek in die verkeerde rigting, parkeer in elk geval, Olga is mos gn bang om te stap nie.  Ek wissel ‘n woordjie met die karnar, hulle ken my al teen die tyd, ek is die mens wie altyd vergeet waar sy haar kar geparkeer het.  Stap toe maar die paar honderd meter bank toe.  Mensig, ek staan sowat 12de in die tou.  Die “poephol” staan so twee mense voor my.  Daar is vier beamptes aan diens by navrae. Whoop whoop!  Vandag is my gelukkige dag.  Helaas1  Ons staan en staan en staan.  Die vervlakste ry beweeg uiteindelik.  Maar net met twee mense.  Daar is ‘n dame met ‘n ou dogterjie.  Ek sal sê sy is tussen 18 en 24 maande.  Te oulik met ‘n honderd ponytails op haar koppie.  Sy doen die high five op ‘n ander manier as waaraan ek gewoond is.  Eers die high5 dan elmboog dan duim.  Op en af is sy in die ry.  Ons doen maar meer.  Siestog,  sy is later moeg geîrriteer en klaerig.  Die “poephol”  merk later op dat sy al vyf en veertig minute wag.  Wow!  Sy is my met twee minute voor.  Vererg sê sy dat sy ‘n punt maak daarvan om telling te hou van hoe lank sy in die toue staan.

Ai, dit duur toe nog sowat agtien minute voordat ek uiteindelik aan die beurt kom.  Heel verbaas toe ek stap en my bene beweeg.  Ek het nie wortel geskiet nie.  Daar sit sy, gesig uitdrukkingloos, soos ‘n donnerse zombie.  Ek stel my saak en wag.  Siestog, die beampte wie my help is die enigste wit personeellid wat daar werk.  Die vrou val my amper om die nek so bly is sy om iemand tee te kom wat weet wat sy wil hê.  Ek moet sê, ek het haar jammer gekry.  Dit was toe 13:o2 en die vrou het regtig stokflou daar uitgesien.  As ons dus dink dis net in die rye wat ons tyd gemors en ons geduld beproef word, is ons so verkeerd.  Die mense is maar ook net dienaars van die menigte.

 

gedagte van die dag:  Probeer iemand wie net so beswaard soos jy is met ‘n glimlag en ‘n vriendelike woord bemoedig.

Advertisements

Entry filed under: Sug.

Under the Moon of Love Thriller

9 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Februarie 8, 2011 om 8:45 nm

    Eerste!!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Februarie 8, 2011 om 8:51 nm

    Ek het wragtig nie daardie geduld nie. Aan die anderkant kan ek in my broek bollie as hulle my nie dadelik met iets kan help nie. Hoekom moet ek bv 72 uur lank wag om ‘n staat van my kar te kry. Pateties

    Antwoord
    • 3. Olga  |  Februarie 8, 2011 om 11:19 nm

      Belaglik. 72 uur vir ‘n kar staat? Hoe moeilik kan dit wees? Dan weer. . . ek het in Okt met ‘n tjek iewers betaal. Die begunstigde se bank het my tjek laat wegraak. Ek sukkel steeds om net uit te vind was my tjek gewissel voordat dit weggeraak het? Ek het nou al seker ‘n tenk petrol uitgery bank toe om klaarheid te kry. Ek het nie die betrokke maand eers ‘n staat gekry nie. Intussen moet ek die mense in die gesig kyk. Kan jy dit klop?

      Antwoord
  • 4. Olga  |  Februarie 8, 2011 om 11:22 nm

    Enige een? Die bank stel voor ek betaal nie weer nie totdat hulle uitvind wat het van my tjek geword. Elo????? Hoe moeilik kan dit wees????

    Antwoord
  • 5. Olga  |  Februarie 9, 2011 om 8:01 vm

    more, more.

    Antwoord
  • 6. BB  |  Februarie 9, 2011 om 8:19 vm

    Môre is niks… VANDAG is DIE dag!! 😉
    (ek hettie raad vir banksake et al nie… BLABSA kan een van die dae my eeeeehhhhhhmmmmm soen :mrgreen:

    Antwoord
  • 7. Olga  |  Februarie 9, 2011 om 9:02 vm

    biebs, die ander banke is ongelukkig niks beter as gapsa nie. Ek het my tjekrekening al sedert 1985 by hul. Ek oorweeg dit nou ook sterk om my rek te sluit. Did mosterblikkie onder die vloerplank gaan nie rente verdien nie, maar dit gaan ook nie diensgelde kos nie.

    Antwoord
  • 8. Xena Phoenix  |  Februarie 9, 2011 om 12:04 nm

    Beste is dat die 72 uur al 3 weke terug verby is en ek het nog nie die staat gekry nie.

    Antwoord
  • 9. Olga  |  Februarie 9, 2011 om 12:43 nm

    Dit is blabsa op sy heel beste.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: