I’m too sexy for my shirt

Februarie 2, 2011 at 9:33 nm 17 Kommentaar

Ek het die afgelope tyd tot ‘n gevolgtrekking omtrent mans gekom.  Dit is eintlik belaglik, maar nou ja, dis maar hoe mans is.

Soos ek nou al geskinder het, was ek onlangs by ‘n troue.  Julle sal my nou nie glo nie, maar voordat die foto’s nog afgehandel was, was meeste van die mans. die strooijonkers inkluis in hulle lables.  Dit is regtig waar ‘n bekotsingswaardige neiging.  Menere, julle is mos nie meer kinders nie.  Ek glo nie een vrou of sy middeljarig, oud, jonk, recycled was, gee een donnerse duit om vir julle Quick silver, billabong, bad boy, jeep, volcom of wat ookal se t hemp nie.  Ons vind dit belaglik.  Manne soos Brad Pitt, Ryk Neethling en Kie word BETAAL om ‘n t hemp wat ‘n lewens grote logo op het te dra.  Hulle dra dit nie gratis nie.  Julle dom mans aan die anderkant betaal ten duurste vir die voorreg (BAH) om die gemors te dra.

My seuns is albei net so skuldig aan die banaliteit.  Ek moet hier egter sê my noolste Nolie het my trots gemaak.  Hy het die hele aand sy hemp, nee, nie levis of enige so naam nie, heelaand aangehou en baie aantreklik en volwasse gelyk teenoor die ander.  Dalk was hy net bang ek sou my neus aan sy duur t hemp blaas as hy halfpad deur die verrigtinge sy hemp veruil vir ‘n t hemp met ‘n naam op.  Dan sou hy dalkies Quici silver moes herdoop na Olga as ek ‘n blerts daarop gelos het.

Dis regtig lagwekkend hoe die mans altyd ‘n naam of logo, ‘n lable of wat jy dit wil noem wil dra. Maar dan ook net op hulle t hemde.  Asof ons nou nie kan sien dat die jeans waaroor die t hemp hang ‘n river trader is nie.  O, Ekskuus Nolie, jy is mos ‘n regte blink Stefaansie, jou jeans sê Levi en jou cargo broeke Jeep.  Die blerrie goed verskil nie van mr P se R50 t hemp of A.C.kermans se R40 t hemp nie.  Vra my, ek stryk die goed.  Ek moes al van Bad Boy se (he he he) bad boy t hemde wegsmyt so voos was dit.  Dan kon ek die Ackermans t hemp wat hy op skool gekry het en saam met hom gegroei het en wat hy nou werk toe dra opvou en in sy sak terug sit.  Die materiaal is al dun gewas maar al die sweis en grindwerk het dit nog nie verteer soos in die geval van die tienvoudig duurder lables t hemp nie.

Gedagte van die dag:  ‘n gek en sy geld word maklik geskei.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Heal the world O die donkie

17 Kommentaar Add your own

  • 1. seegogga  |  Februarie 3, 2011 om 12:10 vm

    Hallo Olga, my pay ir forwarpresentjies is uiteindelik opgemaak, maar nou benodig ek jou posadres! Mail dit asb na seegogga@gmail.com en wie weet, miskien pos ek dit reeds more!

    Antwoord
  • 2. leonvonmoltke  |  Februarie 3, 2011 om 6:28 vm

    Ok, so alle mans is so?

    Antwoord
  • 3. BB  |  Februarie 3, 2011 om 8:04 vm

    Ek onthou nie soiets van onlangse troues wat ek bygewoon het – die meeste mans sal wel van hulle dasse ontslae raak en die hemp bietjie oopknoop…
    Die enigste ding wat my erg kan grief by troues is die dames wat getoor en getof is en dan almal hulle skoene uittrek en in swerms saam begin ronddans – oh man! Die ergste was toe dit een jaar op ‘n (formele) jaareindfunksie ook gebeur het. Die rok kos duisende en die voetsole is pikgietswart. Gross!!

    Antwoord
  • 4. Xena Phoenix  |  Februarie 3, 2011 om 8:29 vm

    More

    Vrouens se etikette sit seker in hulle skoene of handsakke. Die etiket van die klere maak seker nie so baie saak nie, die ontwerper is seker belangriker.

    Antwoord
  • 5. Olga  |  Februarie 3, 2011 om 9:00 vm

    leon, by doop en ander geleenthede dra die jonger mans hul hemp met das kerk toe. Na die kerkdiens haal die ouer mans hul dasse af, die jonger mans (en glo my, ek praat nie van 16 tot 25 jariges nie) verruil hemp vir t hemp. Tjk kinders. Vroue dra t hemde en bloese, met krae, daarom weet ek n bloes in net so gemaklik soos n t hemp.

    Antwoord
  • 6. Olga  |  Februarie 3, 2011 om 9:07 vm

    biebs
    dis n hartseer storie. Ten minste smeer die t hemde nie vuil oor die vloer nie. As die liewe dames self die rokke moes was, sal hul se mur 2 met (man) ontwerper wie besluit het die rok moet 30cm verby die voetsole wees pleks van knap op die enkels eindig. Gaan my verstand te bowe dat hul dat hul nie die rok vastrap en op hul neuse val nie.

    Antwoord
  • 7. Olga  |  Februarie 3, 2011 om 9:11 vm

    grieters
    dit wil my lyk gratis advertensie vir die ootwerper is baie belangrik vir n man. Maar nie een van dari perre het die t hemp ontwerp nie. Die snit is dieselfde as wat dit dekades gelede was. Ek sal nie n handsak dra wat dg of enige ander letter in elke windrigting het nie. Laat my te veel aan koerant blaaie dink.

    Antwoord
  • 8. Selene Phoenix  |  Februarie 3, 2011 om 10:18 vm

    Hello!!

    Manlief dra darem altyd sy das en hemp tot die einde… maar hy kry vreeslik gou warm so dan sal hy van sy das ontslae raak en die hemp bietjie oop knoop.

    Moet sê ek was nog nooit by ‘n troue waar mans t-hemde gaan aantrek het nie!

    Ek is een van daai girls wat my skoene verloor… eish daai hakke raak na ‘n ruk bietjie erg! Darem het ek my trou skoene aangehad die hele aand… rok was te lank moes die hakke aan hou! 🙂

    Antwoord
  • 9. Xena Phoenix  |  Februarie 3, 2011 om 11:09 vm

    Ek was al wel by meer as een troue gewees waar die themp so gou as moontlik uitgepluk was. Ek hoop egter dit is die minderheid. Die klere word mos eintlik gekies vir die onthaal en Thempe is net by informele onthale “welkom”.

    Antwoord
    • 10. Olga  |  Februarie 3, 2011 om 2:07 nm

      Elke ou wat hom gemaklik laat voel ne. Die ouer gade sou hulle dasse losgemaak het, in my tyd het hulle sommer die dasse afgehaal. Wanneer jy nou mooi groot is, Grieters, sal hulle die hemde uittrek. Kom ons hoop nou net hulle gaan darem iets vir die oog wees.

      Antwoord
      • 11. Olga  |  Februarie 3, 2011 om 2:10 nm

        Buitendien, die prys wat hulle vir die t hemde betaal, dink ek maak dit formele drag. 🙄

  • 12. Olga  |  Februarie 3, 2011 om 11:15 vm

    selene
    het die maakster van jou trourok nie vir jou en manlief gewys hoe om handevol rok op te wen sodat jy kaalvoet kon dans nie?

    Antwoord
    • 13. Selene Phoenix  |  Februarie 3, 2011 om 12:33 nm

      Ek het die rok geleen… en nee die ou wie die rok verstel het, was nie baie behulpsaam in daai are nie! O ja, dis dieselfde ou wat Kurt Darren en Bobby hulle se suits gemaak het!

      Antwoord
      • 14. Olga  |  Februarie 3, 2011 om 2:03 nm

        Nou weet jy hoekom was die skepsel so ontegemoetkomend.

  • 15. Olga  |  Februarie 3, 2011 om 11:15 vm

    selene
    het die maakster van jou trourok nie vir jou en manlief gewys hoe om handevol rok op te wen sodat jy kaalvoet kon dans nie?

    Antwoord
  • 16. Skoor  |  Februarie 3, 2011 om 12:05 nm

    Diffirent strokes for diffirent folks. As ‘n man dink sy aantreklikheid sit in ‘n lable, moet hy maar tevredenheid kry as hy ‘n vismot aantrek 😆

    Antwoord
    • 17. Olga  |  Februarie 3, 2011 om 2:14 nm

      never a truer word, skoor.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: