If I could

Januarie 31, 2011 at 11:52 nm 11 Kommentaar

Onder my kersgeskenke was daar ‘n mtn fastlink 3g dongle of wat jy die bliksem ookal wil noem.  Dit laat my nou aan die oom en sy pilletjies dink.  REgtig, life is a bastard!  If it is hard, soft, limp or perky, fuck it in any case.

 

Die oom?  Nee, dit hier bo is Olga op haar beste.  Ek sit met die 3g dingetjie en niks wat ek daarmee kan doen nie, ons het net edge. So ek is aan alle kante geskroef.  Ek kan de blixem nie eers terug neem nie, mtn het ‘n 3g aan die donor verkoop.  Nie belowe ek sal dit kan gebruik nie.  Ek sit al en knoppe druk van 20h00 af en al wat ek teen die tyd kan wys, is ‘n leë aktetas.  Ek het die inhoud gegooi.

Terug na die oom.  Ek belowe.  Die ou oom Gert gaan dokter toe.  Hy gaan daar deur sy lys klagtes en die dokter is in sy element.  “Nee, maar oom sien, die probleem is met oom se anus.  Ek gee oom nou die pille wat oom drie keer per dag, net mooi agt ure uitmekaar in oom se anus moet druk.  Sal oom regkom?”  Nou ja, tipies man, erken die oom nie dat hy tekortkominge het in die lables departement nie.  Tuis roep hy;  Ouvrou, waar is my anus?”  Die tannie antwoord:  “Nee wat ouman, dis seker in die motorhuis waar jy jou dae deurbring.”  Die oom aanvaar toe dat sy vrou nie weet wat ‘n anus is nie.  Hy skuifel gou aan na die buurman.  “Buurman,”  Skrou hy van die kombuis deur af.  “Ek het my anus so effe verlê, kan ek joue leen?”  Die buurman krap kop maar kry die antwoord gou.  “Alte seker buurman, gaan kry dit maar in karatj.”  Gerus gestel gaan die oom huis toe en sluk maar die pille drie keer per dag.  Sy probleem gedy egter en ‘n week later is hy terug by sy dokter.

“Die pille gewerk, oom?”  Vra die dokter.  Die oom antwoord iesegrimmig:  “Viral die goed wat die swernootse pille my gedoen het, kon ek dit net sowel in my gat opgedruk het.”  Nou, ja, vir al die goed wat die “fastlink” my gedoen het, …

Gedagte van die dag:  Kyk verder as die probleem wat jou krismisboks jou vandag gee.  Kyk wat dit môre vir jou kan doen.

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

Lank sal sy lewe Heal the world

11 Kommentaar Add your own

  • 1. seegogga  |  Februarie 1, 2011 om 12:23 vm

    miskien moet jy darie ding vi die ou oom gee. Hy sal wel iets daarmee doen.

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Februarie 1, 2011 om 7:26 vm

    Jy moet regtig met Kersvader onderhandel vir ‘n ASDL. Hoekom hulle goed maak wat nie orals werk nie, is bo my begrip.

    Antwoord
  • 3. Olga  |  Februarie 1, 2011 om 7:57 vm

    more, more.
    Ai, julle sal dit nou nie glo nie, maar tot die sony ericsson yari weier om as n modum op my pc te werk.

    Antwoord
  • 4. BB  |  Februarie 1, 2011 om 8:49 vm

    Ek is so tegnologies beperk – ek weet daarvan nog minder as van karre… so, ek loop nou maar weer suutjies, ja? Ag en sorry, man! Wens ek kon jou help! Maar as jy enige ander raad nodig het – vra gerus :mrgreen:

    Antwoord
  • 5. Olga  |  Februarie 1, 2011 om 9:04 vm

    he, he, dankie biebs. die karnarre help band ruil. ander selfoon help met internet.

    Antwoord
  • 6. toortsie  |  Februarie 1, 2011 om 4:24 nm

    Bly om te hoor daar is NOG mense wat nie al die TERME verstaan nie!! HEHE
    Xena, kan jy glo dat ADSL nie by ons werk nie????

    Antwoord
  • 7. Sonlig  |  Februarie 2, 2011 om 2:04 nm

    Daar’s daai woord weer….dongle.

    Toe ‘n IT ou ‘n paar jaar terug vir my sê my dongle is foutief, was ek darem baie lus om so snedig moontlik vir hom te sê: Ek het nie een nie….ek’s ‘n dogtertjie!

    Antwoord
    • 8. Charms  |  Februarie 3, 2011 om 1:51 nm

      🙂

      Antwoord
    • 9. Olga  |  Februarie 3, 2011 om 2:42 nm

      😆 Ek is in goeie geselskap.

      Antwoord
  • 10. Charms  |  Februarie 3, 2011 om 1:52 nm

    Ag Olga ek is ook nie goed met goeters wat in gaatjies moet inpas en werk nie. Gelukkig het ek vir Rooikop om al die ‘agter die skerms’ werkies te doen sodat ek net knoppies hoef te druk.

    Antwoord
    • 11. Olga  |  Februarie 3, 2011 om 2:29 nm

      😆 Whoop whoop vir Rooikop. My bleskop is ver.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: