Lank sal sy lewe

Januarie 30, 2011 at 9:52 nm 18 Kommentaar

Ek was die naweek by ‘n troue.  Raai wie loop ek daar raak?  Ene mej.  Phoenix en Baby Jane, geen juf heks nie.  Dit nadat ek sowat 600km gery het met ‘n aktetassie rooies vir my en mej. Heks.

Ewentwel, die bruid was pragtig, die stooimeisies mooi, die mans?  Ja, die goed was ook daar maar hulle was MANS!  Wie gee ‘n duit om hoe hulle gelyk het?  Die skuur was feestig en die vark op die spit was ‘n uitklopper.  Mense die slaaie was uit die boek en die nagereg niks minder as ‘n troukoek nie.  Die seremonie nomster  was gevat (darem net deur sy vrou) en hy het niemand gepynig met elle lange spietses nie.  Die spietses pis my gewoonlik af.  Die keer het van die mansgaste eintlik hulle stoele in ‘n laer gaan pak toe die bruidegom sy spiets wou maak.  Het hulle nou die mannetjie laat klippe kou.  😆  Goed vir hom.  Hy wou mos ‘n man wees.

Glo my, die mense van Natal ken nie van hulle geleenthede benut nie.  Die groter mederheid van die gaste het verdwyn net  nadat hulle geeet het.  Tot die bruidegom se ma het haar uit die voete gemaak voordat die troukoek gesny was.  Sies vir hulle!!!!  Sies, sies, sies!  Weet hulle nie dat etiket vereis dat hulle moes wag totdat die troukoek gesny word voordat hulle hulle uit die voete maak nie?  Maar nou, ja, ek kla nie, die troukoek was verruklik en met hulle uit die prentjie, was daar meer vir my.

Vir die bruidspaar wens ek hope geluk en voorspoed.  Mag al hulle probleme kleintjies wees, sommer stringe.  Maar ek dwaal af.  Weet julle daar was nogal pret ook toe die Bruidegom se oë toegebind was en hy die kousband moes vind en verwyder terwyl sy hande agter sy rug vasgebind was.  Daar dra die bruid nie ‘n kousband nie.  😆   Geldnote word toe aan die bruidegom vasgebind en die bruidjie moes dit verwyder met haar oë toegebind.  Die keer was die note met kopspelde vasgesteek en die bruid kon die note met haar hande verwyder.  Ons weergawe is weer omdie note met kleefband vas te steek.  Dan word die bruid se oë toe gebind en haar hande word vas gebind en sy moet die note met haar mond verwyder.  Watter gebruike het julle op huweliksonthale?

Gedagte van die dag:  Daar is niks so perfek soos God se onvoorwaardelike liefde vir jou, my, ons almal nie.

Advertisements

Entry filed under: Askies????.

Eye of the Tiger If I could

18 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Januarie 31, 2011 om 6:34 vm

    Eerste

    Antwoord
  • 2. BB  |  Januarie 31, 2011 om 7:08 vm

    Og! Ek love troues! Veral dié waar mens ‘n gevoelente kry dat dit sal uitwerk – of dat hulle dit sal laat werk. Mens kry mos half so ‘n feeling met elke troue wat mens bywoon, of hoe?
    Die swart band/lint in die rok? Is dit net die bruid se smaak of dieper betekenis agter? Dis interessant… My EMM het ook soiets in gedagte… ek het vir haar gevra of ons dit eerder pewter/silwer kan maak. Maar nou ja, elke diertjie sy plesiertjie. Dit lyk gladnie onaardig nie, ek wonder maar net oor die rede – as daar een is.
    Ek sukkel ook nogal met mense se ongemanierdheid by troues 👿

    Antwoord
  • 3. Olga  |  Januarie 31, 2011 om 7:09 vm

    more, more.

    Antwoord
  • 4. Xena Phoenix  |  Januarie 31, 2011 om 8:38 vm

    Persoonlik hou ek glad nie van die laer gepakkery van die stoele nie – dit gebeur net by Afrikaanse troues. Ek moet toegee, ek was by ‘n paar troues waar die bruidegom laaste gelag het.

    By die een troue het die bruidegom doodeenvoudig sy hand in die lug gesteek toe hulle sy toespraak wou afvat. Nie een van die mans kon dit daar uithaal nie. Op ‘n onbewaakte oomblik gryp hulle toe wel die toespraak. Hy het ‘n ruk uit die vuis gepraat en toe ‘n tweede afskrif uit sy baadjie gehaal.

    By ‘n ander troue weer, was dit die bruid se broer wat die meeste te koggel gehad het. Die bruidegom het net vir hom gesê: “Onthou, dit is jou suster met wie ek getrou het.” Boetie het sy mond gehou en bruidegom kon klaar die bedankings doen.

    Antwoord
  • 5. Olga  |  Januarie 31, 2011 om 9:32 vm

    ek persoonlik hou niks van huweliksonthale nie. Die toesprake doen dit nie vir my nie. Die feit dat hul trou, se dit mos alles. Tjk.
    Biebs
    dis n blouband. Dit het geen ander betekenis anders as dat dit en die kraalwerk vir haar mooi was nie.

    Antwoord
  • 6. Selene Phoenix  |  Januarie 31, 2011 om 9:35 vm

    Ek love troues!!! Veral die waar mense darem die familie ken!

    Was so 2 jaar terug by een waar ek niemand behalwe my ander helfde geken het nie… dit was nou nie ‘n lekker atmosfees nie!
    ‘n Tipiese Sandton troue, waar die girls meer bitchy as die ander een wil wees!

    Ek moet sê ek sal more weer trou (met dieselfde man natuurlik) Was vir my baie lekker… wonder hoe lank die mense dink ek en manlief se troue sal hou?? 😆

    Antwoord
  • 7. Olga  |  Januarie 31, 2011 om 11:39 vm

    ek het die naweek so n ‘i’m too pretty for this crowd’ teegekom het haar metgesel wat so ironies haar ma was in n hoek gehou.

    Antwoord
  • 8. Johnjohn  |  Januarie 31, 2011 om 1:05 nm

    Die tiepe sexc girls is in general te sexc om enige dates te kry. Hule is hi maintenance. Niemand het lus vir hule drama nie. Dan kyk jy ma na n regte girl en weet jy gaan meer as n p..p en besmeerde koigoed kry vir jou moeite.

    Antwoord
  • 9. toortsie  |  Januarie 31, 2011 om 1:16 nm

    Ag wat… hier in die Kaap kuier ons tot na-nag! Geen vroeg gelopery nie!!

    Antwoord
  • 10. Wille Kjind q  |  Januarie 31, 2011 om 1:17 nm

    Testing 1 2 3

    Antwoord
  • 11. rianabrand  |  Januarie 31, 2011 om 1:33 nm

    Trou is iets heel persoonlik. Dis my 2de keer dat ek die stap waag en dit was super intiem – ons was 5. Die huwelikspaar en ons getuie met die klerk van die hof (of soos hulle dit hier noem die die trouregistrateur van die gemeente). Heerlik gesellig en geen kommentaar van enige familie, ongewenste of ongemanierde gaste!

    Antwoord
  • 12. Olga  |  Januarie 31, 2011 om 4:56 nm

    ag, skuus rianna. Ek kuier en skinder maar so.

    Antwoord
  • 13. Olga  |  Januarie 31, 2011 om 4:58 nm

    welkom johnney. Ons girls het darem al geleer om handbriek op te trek wanneer ons poep.

    Antwoord
  • 14. Olga  |  Januarie 31, 2011 om 5:02 nm

    riana, ek moet se jou troue klink ideaal.

    Antwoord
  • 15. Wille Kjind q  |  Januarie 31, 2011 om 6:22 nm

    Soos ek nou hier by 1 uur se kant geseg het….. Ek hou niks van die gespiets nie. Die ideale trou vir my is wa die bruid enni gom blits vinnig ietsie kwyt raak dan eet en kuier ons :mrgreen:

    Antwoord
  • 16. Olga  |  Januarie 31, 2011 om 8:01 nm

    ideaal vir gaste soos jy en ek wk. Dan weer, riana se trou is wat ek vir myself sou wou he.

    Antwoord
  • 17. Wille Kjind q  |  Januarie 31, 2011 om 9:05 nm

    Lol! Met ons tweetjies da sou dit seke gelyk het asof die hele buurt genooi was 😯

    Antwoord
  • 18. Johnjohn  |  Februarie 2, 2011 om 5:17 nm

    Poep? a nee a. Ek praat van pomp. Eni make up strepe en kolle wat oral af smeer.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: