Ba ba swartskaap

Januarie 25, 2011 at 9:51 nm 6 Kommentaar

Ek het vandag ‘n paar keer deur die een of ander venster gekyk en al wat ek kon sien was wolke.  ‘n Baie droewige gesig.  Ja, ja, ek het verlede week in ‘n uur se tyd toe daar ook maar meer wolke as son in die hemelruin sigbaar was, ‘n “tan” opgedoen terwyl ek in die tuin gewerk het.  Ek belowe.  Die oomblik toe die badwater my toegemaak het, het ek daarvan bewus geword.

 

Ewentwel, toe neem dit my terug na toe ons kinders was.  Ons het ons op die grond tuis gemaak en prentjies in die wolke gesien.  Ek was natuurlik vreeslik verbeeldingloos.  Elke liewe wolk het vir my soos ‘n skaap gelyk.  Dan sou al my mede kykers iets anders gesien het.  As hulle nou uitgewys het wat hulle in die wolke gesien het, kon ek ook sien wat hulle gesien het.  Maar glo my, terwyl hulle gelag het vir die “skaap” wat ek gesien het, het almal tog saam bespiegel oor watte kleur die skaap sou wees.  Soos ons wolke deesdae lyk, sou dit beslis swart skape gewees het.  Dan sal hulle mos grys en troosteloos lyk.

Sou dit nie wonderlik gewees het as ons nou te midde van die oorvloed wat soveel ellende in sommige plekke bring die ekstra water kon opdam en bêre tot dit weer droogte is nie?  Hen, kan sommer ‘n werkskeppingsgeleentheid ook wees.  Maar nou ja.  Ons woon maar net op aarde.

Gedagte van die dag.  Op aarde is ons hartsbegeertes nie haalbaar nie.  Hoe wonderlik as dit kon wees.

Advertisements

Entry filed under: Sug.

Ou vriende Just a gigolo

6 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Januarie 26, 2011 om 6:57 vm

    Eerste

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Januarie 26, 2011 om 8:31 vm

    Wolke op wolke op wolke op wolke lyk in elk geval na vrot blomkool.

    Ek kan nie help om soms prentjies in die wolke te sien nie. Dit is soms baie oor die handliggend.

    Antwoord
  • 3. Olga  |  Januarie 26, 2011 om 8:43 vm

    more, more.
    Soms maak die verspreide trop skape darem n perd, skip of vliegtuig as ek na die geheel kyk.

    Antwoord
  • 4. Jayde  |  Januarie 26, 2011 om 10:00 vm

    More more

    Antwoord
  • 5. Olga  |  Januarie 26, 2011 om 11:41 vm

    more jayde. Hoe gaan dit met jou?

    Antwoord
  • 6. Charms  |  Januarie 28, 2011 om 1:41 nm

    Ek en Rooikop kyk nou nog vir “prentjies” in die wolke.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: