Alles wat julle nog altyd wou weet

Januarie 20, 2011 at 7:45 nm 36 Kommentaar

Onskuldig in die moeilikheid!

Sonkind het vir my huiswerk uitgedeel en ek sidder.  Ek hou nie van wasgoed was nie, veral nie in die openbaar nie.  Maar ‘n dare is ‘n dare en ek het nie 108 gesien deur ‘n banggat te wees nie. 

So, hier is julle kans.  Vra is vry en blykbaar mag ek nie weier nie.  Vra my dan maar wat julle altyd wou weet, maar daar is ‘n beperking van 10 vrae vir elk.  Ek sal dit tot die beste van my vermoë antwoord.

Ek moet nou ook 5 mense in die beskuldiging bank sit.  Ek ken nie eers 5 mens nie, maar kom ek probeer.  Laviga; Knipoog; Krappie; Charms en vir Leon.

Gedagte vir die dag:  Moenie vrae vra waarvan jy nie die antwoorde wil hoor nie.

Entry filed under: Huiswerk.

When I need you Ha ha

36 Kommentaar Add your own

  • 1. Knipoog  |  Januarie 20, 2011 om 8:01 nm

    O kriek, hierdie gaan mos nou ‘n gedoente afgee! Maar wat ‘n lekker ,anier om al die bloggers te leer ken. Ek sal moet dink aan vrae en vinnig!
    Hier is solank 5:

    1. Hoe lank word daar al geblog?

    2. Wat is jou grootste inspirasie?

    3. Honde of katte?

    4. Watter oomblik sou jy verruil vir niks?

    5. Gunsteling fliek?

    😉

    Antwoord
  • 2. Knipoog  |  Januarie 20, 2011 om 8:26 nm

    O ja – en my ander 5:

    6. Watter plek sou jy die graagste wou besoek?

    7. Wat is die mees gewaagste ding wat jy al gedoen het?

    8. Beste resep van jou ma?

    9. Geboortedorp?

    10. See of woud?

    Antwoord
  • 3. Olga  |  Januarie 20, 2011 om 11:35 nm

    1. Ek blog al sedert 2008. Net 5c gegooi op XP se blog. Olga se okseltjies kom sedert Mrtl 2010.
    2. Lewe self inspireer my.
    3. Defnitief honde maar ek gun enige kat ‘n lewe.
    4. Daar is soveel, watter ene sonder ek uit?
    5. Dirty dancing.
    6. Jy sal my nie glo nie, maar ek het geen begeerte om oorsee te gaan nie. Ek sou egter graag kuslangs wou stap van Kosibaai tot Walvisbaai.
    7. He, he. My vriendin ‘n oopbeksoen gegee sodat die losers met ons op ‘n blind date gegaan het ons kon “betrap.” Dit het hulle die aftog laat blaas. So, I kissed a girl.
    8. Defnitief koolbredie.
    9. Kenwyn Kaapstad.
    10. Soutwater in my are, Maar die woud is enige dag minder scary.

    Antwoord
    • 4. toortsie  |  Januarie 21, 2011 om 8:06 vm

      mag ek saamstap as jy daai kosibaai/walvisbaai ding doen??

      Antwoord
      • 5. Xena Phoenix  |  Januarie 21, 2011 om 10:54 vm

        My plek is al bespreek, maar ek het een vraag.

        Hoe gemaak met die Namib?

    • 6. Olga  |  Januarie 21, 2011 om 11:02 vm

      Alles kan gereel word. Ons moet dan net gou maak voordat my ou beende te styg word.

      Antwoord
  • 7. Olga  |  Januarie 21, 2011 om 6:17 vm

    more, more.

    Antwoord
  • 8. Son  |  Januarie 21, 2011 om 9:16 vm

    1. Watter vertrek in jou huis is jou gunsteling?
    2. Wat staan op jou spieeltafel / bedkassie?
    3. Gunsteling song / sanger?
    4. Het jy al ‘n boek meer as een keer gelees en wat was dit?
    5. Swart of wit?

    Ek sal jou spaar en maar net 5 vrae vra 😉

    Antwoord
    • 9. Olga  |  Januarie 21, 2011 om 11:16 vm

      1. Die kombuis. Alles is byderhand.
      2. Spieëltafel: Foto’s, potplant, horlosie, stofmagnete, snesies, bybel en lutirgical calender.
      badkamerkassie: Gesigrome, toner, tweezer, spititus, earbuds, lipstif en kam.
      3. Gunsteling song is “in the summertime” gunsteling sanger is Queen.
      4. A day will come van Audrey Howard, na my mening een van die beste voorbeelde hoekom geen vrou ‘n slagoffer van omstandighede moet wees nie.
      5. Swart.

      Antwoord
  • 10. Xena Phoenix  |  Januarie 21, 2011 om 9:42 vm

    1. Wat sal jy graag in jou lewe oor wil doen?
    2. Wat is jou gunsteling fliek toneel van alle tye?
    3. Hoeveel honde het jy al gehad en beskryf hulle?
    4. As jy as ‘n jong meisie moes swanger raak, wie sou jy eerste vertel het?
    5. Van al die bediendes wat jy al gehad het, van watter een het jy die meeste gehou en hoekom?

    Antwoord
    • 11. Olga  |  Januarie 21, 2011 om 11:36 vm

      1. My laaste gesels met my ma en met my pa.
      2. Waar Johnny verby stap en sê: “nobody puts Baby in the corner.”
      3. Voor begin, Fluffy (kan julle dit oorvertel) kolliehond toe ek ‘n kleuter was, tipiese “Lassie” kollie, Spikes, so ‘n astrante roomkleurige hondjie, vreeslik astrant gewees al was hy net ‘n baksteen hoog. Lady, cocker spaniel wat ek saam met Spikes gehad het, kan net in my verdediging sê dat sy al ‘n uitgegroeide hond was toe ek haar gekry het, vandaar die naam. Liza, ‘n dalmation wat my in retrospek oortuig dis tog ‘n goeie hond om by kinders te hê. Sy het geweet dat sy nie van hulle hou nie en het altyd by my kom skuiling soek. Herbie, ‘n pikswart pugkruising wat ek net nie kom maniere leer nie. Jamey, brindle en so dom soos grond. Bessie, wat kan ek sê? Nee, Grieters, ek wil dit nie hoor nie. Dus, sewe wat ek myne geag het.
      4. My wyse ou moedertjie. Na haar teleurstelling sou die res maklik gewees het.
      5. Rita. Sy was later meer vriendin as huishulp.

      Antwoord
  • 12. leonvonmoltke  |  Januarie 21, 2011 om 9:49 vm

    O nee genade! Ek gaan jou maar nie soveel moeite aandoen nie, geniet eerder ‘n lekker koppie koffie of iets in die tyd wat jy my vrae sou antwoord 🙂

    Antwoord
    • 13. Olga  |  Januarie 21, 2011 om 11:38 vm

      Dankie Leon. (Wonder, kan ek dit wyn maak? Daar is tog nie ‘n son wat skyn nie. : lol: )

      Antwoord
  • 14. BB  |  Januarie 21, 2011 om 11:30 vm

    Ek vra dieselfde 1ste vraag oral waar ek kuier, ok?
    1. Wat sal die allermoeilikste ding in die wêreld wees as jy dit móét opgee?
    (a) Mens
    (b) besitting
    (c) gewoonte

    Vir jou:

    2. Wat is die ergste verjaarsdag persent wat jy nog ooit gekry het?
    3. Wat is een ding wat jou ma altyd gesê het wat jy self sê – of watter aanwendsel het sy gehad of gedoen, wat jy jouself al ‘gevang’ het doen?

    Antwoord
    • 15. Olga  |  Januarie 21, 2011 om 2:13 nm

      Skuus, biebs, ek sien ek het ene oorgeslaan.
      Gewoonte . . . hmmm, dis nou ‘n bummer. Seker die gewoonte om laat te slaap. Dêm, dis in elk geval die ene wat ek die meeste mis.

      Antwoord
  • 16. Olga  |  Januarie 21, 2011 om 11:44 vm

    1. Mens . . . eisj, Ek kan nie dink dat ek maklik van enige van my kinders sal afsien nie.
    Besitting . . . my foto albums dink ek.
    2. Kerse.
    3. Hoe ouer ek word, hoe meer van my ma se maniere kry ek. Die opvallendste is seker om hande agter die rug saam te vat as ek net stap. drentel, nie loop met ‘ doel nie.

    Antwoord
    • 17. BB  |  Januarie 21, 2011 om 11:50 vm

      Ek laaik daai Olga – daai ‘ding’ wat ons so oorerf van ons ma’s – party dinge sonder om te besef, tot iemand ons daarop wys – of tot ons vir onsself ‘bekend’ begin lyk/klink en ons weet nie hoekom nie…

      Antwoord
    • 18. BB  |  Januarie 21, 2011 om 11:51 vm

      Kerse??? Oits!! Ek LOVE kerse!! Ek brand vir enige en geen rede kerse, so ek sal dit enige tyd virre present kry!

      Antwoord
      • 19. Olga  |  Januarie 21, 2011 om 2:15 nm

        😆 ek voel te jammer vir die dure kerse om te brand as die krag af is, en die kerslig ding is nie vir my nie. Of helder lig of stik donker.

  • 20. Xena Phoenix  |  Januarie 21, 2011 om 12:56 nm

    😈 Wie is jou idol?

    Antwoord
    • 21. Olga  |  Januarie 21, 2011 om 2:16 nm

      4k, nou is ekke bang.

      Antwoord
      • 22. Xena Phoenix  |  Januarie 21, 2011 om 2:19 nm

        TSK!! Dit is geen antwoord daardie nie, Olga Oksel.

      • 23. Olga  |  Januarie 21, 2011 om 2:52 nm

        ok, dan sal ek sê farouk watsenaam. Aka Freddie Mercury. Hy was nie bang om homself uit te leef nie. Tevrede Xena Phoenix???

      • 24. Xena Phoenix  |  Januarie 21, 2011 om 3:01 nm

        Bulsara!! Tsk!!! Moet ek jou nog van jou eie idol kom leer ook? GRRR!!!

        😉

  • 25. Twilight  |  Januarie 21, 2011 om 2:38 nm

    1. Sal jy wil leer belly dance?
    2. Hou jy van pienk?
    3. Sou jy iets anders wou doen as wat jy nou doen?

    Antwoord
  • 26. Olga  |  Januarie 21, 2011 om 2:53 nm

    1. Whoop, whoop!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Ja.
    2. Ja, ek hou van pienk.
    3. Weer ja. Ek dink ek sou ‘n goeie maar steng onderwyseres gewees het.

    Antwoord
  • 27. Sonlig  |  Januarie 21, 2011 om 3:48 nm

    1. IHoe is mens as jy van “beendere” praat?

    2. Wat lees jy op die oomblik?

    3. Wat is nog alles op jou “bucket list”?

    Antwoord
    • 28. Olga  |  Januarie 21, 2011 om 4:38 nm

      1. Na my mening? Long gone.
      2. Op die oomblik die blog. Maar die boek op my bedkassie is “Anderkan die oseaan” van Karen Kingsbury.
      3. Om my Bad Boy gekwalifiseerd te kry. My kusstaptog. Bellydancing. fietspomp te kry. Om nie ‘n kind van ‘n ander ras of kultuur aan te neem nie.

      Antwoord
      • 29. Sonlig  |  Januarie 21, 2011 om 5:25 nm

        Sorry – ek dink ek het jou nou gebaffle. Ek bedoel hoe OUD is mens as jy van jouself as “my ou beende” praat.

        Ok, hoe oud is jy Olga?

  • 30. Selene Phoenix  |  Januarie 21, 2011 om 3:52 nm

    1) Wat is jou gunsteling soort hond
    2) As jy gestrand is op ‘n eiland vir 1 week watse kind sal jy saam vat en hoekom?
    3) Hoe lank is jy al getroud
    4) As jy jou eie naam kon kies wat sal dit wees?
    5) As jy more uitvind jy is van blou bloed, sal jy intree as Queen?

    Antwoord
    • 31. Olga  |  Januarie 21, 2011 om 4:33 nm

      1. Chow.
      2. As ek net moet saam neem,dan sal dit Nolie wees. Hy sal goggas en slange ken.
      3. 31 jare.
      4. Anè.
      5. Nie vir ‘n vy nie. Die limelight is nie vir my nie.

      Antwoord
  • 32. Selene Phoenix  |  Januarie 21, 2011 om 4:49 nm

    Dankie Olga!!
    Anè is baie mooi!

    Queen Anè – kan werk 😉

    Antwoord
  • 33. Olga  |  Januarie 21, 2011 om 5:14 nm

    😆 Weet julle wat? Lienkie het so lekker vrae gevra en antwoorde gekry, maar niemand het haar getag nie. Of het ek dit gemis Selene? Willewragtig het sommer gaan wegkruip. Seker die fisiomannetjie gaan verlei voordat sy ook met ‘n tag geklap kon word.

    Antwoord
  • 34. Olga  |  Januarie 21, 2011 om 7:27 nm

    skuus sonlig, blonde oomblik. ek is 108 jaar oud.

    Antwoord
    • 35. Twilight  |  Januarie 22, 2011 om 11:29 vm

      In honde- of mensjare? 😆

      Antwoord
      • 36. Olga  |  Januarie 22, 2011 om 2:55 nm

        😆

Lewer kommentaar op Olga Kanselleer antwoord

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter