When I need you

Januarie 19, 2011 at 11:20 nm 19 Kommentaar

Vandag het ek tot ‘n besef gekom.  Eintlik nie vandag eers nie, dit was gister al.

Ek was so lanklaas iewers heen, dat toe ek nou gister wou dorp toe gaan, toe het my kar se battery afgeloop en sit ek gestrand.  Weet julle, die mense wie ek gedink het my sou help, was die mense wie geskitter het in hulle afwesigheid om hulp aan te bied.   Hulle het gesms om te hoor hoekom die tweede Dinsdag in ‘n ry nie opgedaag het vir tee nie.  Dit is nie ‘n vaste afspraak nie, maar gewoonlik kom ek daar uit.  Ewentwel, toe hulle van my probleem hoor, wou hulle dadelik uitkom en kom help.  Die brug het egter nog oorgeloop en ek wou nie dat hulle dit waag nie.

Gisteraand sms ‘n vriend om ‘n guns te vra.  Ek antwoord ek sou graag wou, maar ek is gestrand.  Ek het nie weer van hom gehoor nie.  Vandag bel hy my en vra weer.  Toe het ek besluit die ou mense het gelyk gehad toe hulle gesê het een hand was die ander en so kom albei skoon.  Toe sê ek nee.  Hy het nie gevra of kan hy help nie,  hy het nie gevra of ek hulp gekry het nie, hy wou net eenvoudig weet of ek vir hom ‘n guns kon doen.  Toe ek sonder om ‘n rede te gee weier, het hy goedgunstiglik gesê as hy nie elders geholpe kan raak nie, sal hy plan maak om my kar aan die gang te kry.

Weet jy wat Bishop?  Jy kan jou hulp druk waar die son nie skyn nie.  Die swart mans wie die dak oorkant die straat verf het gister gesien dat ek sukkel.  Vandag het hulle by die hek kom skree en aangbied om my kar te “quickstart.”  Twee minute later het die Ford gebrul.  Hulle het niks in ruil gesoek nie.   Nou weet ek ook wat ‘n quickstart is.  😆  😀

Gedagte van die dag:  Soms lê hulp en uitkoms in die vreemdste plekke.

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

Dis verby Alles wat julle nog altyd wou weet

19 Kommentaar Add your own

  • 1. Wille Kjind q  |  Januarie 20, 2011 om 5:32 vm

    EERSTE!!!!!!!!!!

    Antwoord
  • 2. BB  |  Januarie 20, 2011 om 6:56 vm

    Truth! Ons het in Desember ‘n stuks of 10 “vriende” naby genoeg gehad om ons uit ‘n penarie te help – nie een het die moeite gedoen om selfs net te bel of sms om te hoor of ons ‘ok’ is of reggekom het nie… Die ander kant van die coin: my geliefde allermooiste Narcievriende (wat meer as 200km vêr weg was, besig met rustiger/ander/beter dinge om hul naweek mee te verdryf het in hulle kar gespring, sonder ‘n oomblik se huiwering/sonder verwagting van ‘skuld’, sommer net sonder om twee keer te dink.) Ons is die Nuwe Jaar in met baaaaaaie minder ‘vriende’ as wat ons gedink het ons het. Maar dis nogal bevrydend ook, om jou vriende werklik te kén. Die ‘agtergeblewenes’ is nou net kennisse. Niks minder en niks meer. No hard feelings… no feelings at all.
    LOL @ ‘quickstart’ – pasop net dat jy nie in ‘n sekuriteitskompleks/parkeerarea ge’vang’ word met daai een nie – it’ll take a whole lot of explaining :mrgreen:

    Antwoord
  • 3. Olga  |  Januarie 20, 2011 om 8:22 vm

    more, more.

    Biebs, die quickstart hft behels dat hul kar stoot. Ek kan glo jy kan dit nie in sekuriteitskompleks doen nie. Daar is nie plek nie. 😉

    Antwoord
  • 4. Xena Phoenix  |  Januarie 20, 2011 om 9:11 vm

    More More

    Ek het eendag gesien ‘n mens kry so ‘n contraption wat jy aan die battery koppel as dit pap is. Jy draai ‘n knoppie en ‘n sleutel en wham – die kar start. Jy moet dalk uitvind wat dit is en een koop vir jou huisie in die boendoes.

    Antwoord
  • 5. BB  |  Januarie 20, 2011 om 9:22 vm

    Jy kan altyd vir jou ‘n donkie koop. Is niks moeite om hom in te span nie… en hy’s low op maintenance :mrgreen:

    Antwoord
    • 6. Xena Phoenix  |  Januarie 20, 2011 om 9:29 vm

      Hy kan sommer ook die oerwoud in bedwang hou en gebruik nie eers petrol nie. Blink plan, die donkie.

      Antwoord
  • 7. Olga  |  Januarie 20, 2011 om 10:18 vm

    biebs en grieters, moet nie nog idees in my kop sit nie. Die donkie sal nie maldonkiesiekte kry nie, sal hy?

    Antwoord
    • 8. Xena Phoenix  |  Januarie 20, 2011 om 10:27 vm

      Jy gaan tog seker nie vir Isak beenmeel voer nie?

      Onthou net, hulle is hardkoppig. Jy gaan soms mooi moet smeek dat Isak sy gat moet lig.

      Antwoord
  • 9. Selene Phoenix  |  Januarie 20, 2011 om 11:30 vm

    Hi!

    Kan nie glo die ou soek ‘n favour en dan nie eens offer om te help nie, en wraggies terug bel nie! Weet jy party mense dink net aan hulself!!

    Ons het ‘n battery charger hier by die werk, want ons maatskappy kar gebruik ons baie min – so dan sit ons die battery so nou en dan op om te charge – vat bietjie lank, maar soms minder moeite om kabels oor en weer karre te sit vir ‘n jump start!

    My pa was so mens wie almal en alles altyd uitgehelp het! Sou km ver gery het om hulle te help, mense langs die pad met ‘n pap wiel sou hy selfs help al is die kar al opgejack en dis mans wat die wiel ruil!

    Antwoord
  • 10. Son  |  Januarie 20, 2011 om 3:55 nm

    Jare terug het ek en my ma langs die pad gaan staan sonder petrol. Wit vrou en wit klein kindjie stoksielalleen. Die WIT mense het verby ons gejaag dat jy net tyres ruik. Toe stop ‘n ou kleurling man. Hy het vir ons coke blikkie vir coke blikkie (want dis al houer wat ons tussen ons kon kry) petrol uit sy kar getrek, hy het agter ons aan gery tot by my ouma se huis om seker te maak ons is veilig. HY was die barmhartige Samaritaan. Bless his soul!

    Antwoord
  • 11. Lat vir my gat? « Kouevuur  |  Januarie 20, 2011 om 4:29 nm

    […] Olga […]

    Antwoord
  • 12. Olga  |  Januarie 20, 2011 om 4:52 nm

    dis so mooi selene. Dis wat mans nog gedoen het. Goeie voorbeeld wat hy jul gestel het.

    Son,
    ek se ook bless his soul. Hy het n man se hart.

    Antwoord
  • 13. Olga  |  Januarie 20, 2011 om 5:24 nm

    ek sien ek het nagelaat om te se, maar die 2 wie wou kom help, was dames.

    Antwoord
  • 14. leonvonmoltke  |  Januarie 20, 2011 om 6:07 nm

    Ek het die vakansie my kinders vertel hoe om dit te doen, hulle was baie beindruk dat hulle pa so slim is 🙂

    Antwoord
  • 15. Olga  |  Januarie 20, 2011 om 11:37 nm

    My aarde Leon, is jy nog in die land van die bloggers?

    Antwoord
  • 16. Olga  |  Januarie 20, 2011 om 11:38 nm

    Mens het egter ‘n tweede voertuig nodig om die “jumpstart” ding te doen.

    Antwoord
  • 17. toortsie  |  Januarie 21, 2011 om 8:03 vm

    jong, ek is self maar baie keer skuldig… so besig met my eie dinge dat belangrike goed verby gaan. Hier by ons is dit ook die kleurlinge wat eerste hulp aanbied!!

    Antwoord
  • 18. Olga  |  Januarie 22, 2011 om 9:14 vm

    toorts, is dit ironies dat dit altyd kleurlinge is wat sal hulp aanbied nie? Ons was eenkeer oppad nelspruit toe on n vorige kar van my nolie te laat diens toe die cv ding gebreek het. 2 kleurling dames was in aantog toe ons karretjie oor die pad geswenk het. Hul het gestop en ons gehelp om die karretjie uit die pad te stoot. In hul deftige werksklere.

    Antwoord
  • 19. Charms  |  Januarie 27, 2011 om 5:12 nm

    Dis darem maar aaklig dat mense mekaar nie meer help nie. R se Ma en sy sussie het ‘n ‘pothole’ getref een aand en ‘n swart man het hulle gehelp. Hy het vulstasie toe gery om die spaarwiel te laat pomp, teruggebring en dit geruil terwyl sy vrou by hulle gewag het. Die kleur van jou vel bepaal nie die kleur van jou hart nie.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: