It’s raining, it’s pouring

Januarie 15, 2011 at 12:15 nm 14 Kommentaar

The old man is . . .  Keuse van drie dinge wat hy doen,

Ja, swaer, wie gee om?  Elo???  Hy kan maak soos hy smaak.   Dis my tweehonderdste post.  Whoop!  Whoop!  Nee, net omdat ek dit raakgesien het.  Ek is maar erg tegnologies gestremd.  Die reën is nou besig om my onder te kry.  My erf lyk soos ‘n oerwoud.  Bo en behalwe dat my grassnyer en “brushcutter” die gees gegee het, sê die mense van tuindienste dis te nat om te werk.

Ons kan nie gaan stap nie, die honde wil eerder slaap.  As ek met Toughey ‘n geselsie aanknoop, poep hy.  Die onbeskaafde vent.  As ek met Bessie wil gesels, draai die klein teef haar om, stert na my sê:  grrr uhmmmm en slaap.  Die kat het in die een of ander kas gaan skuiling soek.  Die hoenders loop doer onder waar ek nie naby hulle kan kom nie.  Almal (hulle inkluis)  weet mos as ek verveeld is, skop ek sommer ‘n hoender dood.  Dan het ek darem iets om te doen.  As ek die karkas dress vir die pot.

Willekjind lê pens en pootjies in die hospitaal.  Sy was so besig om haar neus in haar eie besigheid te hou dat ‘n motoris vir wie sy nie kon uitswaai nie, in haar kar in geploeg het.  Op die punt kan ek baie gelukkig vir julle vertel dat hy die ongeluk oorleef het.  Sy sê wat sy die meeste geniet oor die kuiertjie is die sexy jong fisioterapeut met sy sterk hande wat haar kort kort onder hande neem.  Glo totale bliss.  Ek hoop werklik hy doen huisbesoek, Wk.  Alle grappies op ‘n stokkie, spoedige beterskap Wk.  Ek is seker dat dit ‘n aaklige ondervinding was.  Ai, dit kan nou maar bietjie in China gaan reën.

Ek vind dat wp net so geïrriteerd soos ek vandag is.   Nee, eintlik was sy voor my. Ek sukkel al sedert gisteraand om op enige blog in te kom.  Maak nie saak wat ek doen nie, my pc sê heeltyd “this webpage is not available….  Tot ek vroegmôre my mur gepluk het en gesê he, “Jou lae bitch, ek sit nou jou tande in jou keel af.”  Toe kon ek darem inkom.  Toe was dit weer ‘n vergeefse stryd om op “add new”  te kom.  Weer moes ek met geweld dreig.  Tydens een van die vele pogings het ek gesien dat ek al 199 voltooide posts het.

Nou vir wat ek gisteraand al wou oor kerm.  Ek gelees dat besoekers voortaan nie meer drank die wildtuin in mag bring nie.  Maar die wet gaan eers vanaf paasfees toegepas word.  Wat ek myself nou afvra, is, hoekom eers paasfees?  Wil hulle eers hulle voorraad uitverkoop voordat hulle die wildtuin dopvry verklaar?  Of gaan dit nou maar ‘n geval wees van die besoekers mag nie alkoholiese drank inneem nie, maar hulle kan dit wel by die restaurante en winkels in die wildtuin aankoop?  Soos ek die redenasievermoeë van my landgenote ken, sal hulle dink dat die drank wat besoekers in die wildtuin koop gaan veroorsaak dat hulle ordentlik dronk word.  😛  Ek dink dat die reël wel die eerste van die doodsnikke van die wildtuin mag wees.  Suid Afrikaners gaan nie na plekke waar hulle nie kan suip nie.  Dis hoekom die kerke so leeg is.  Dan weer, die grondeise kommissie mag dalk oor ‘n jaar grond hê om die eisers mee te beloon.

Gedagte van die dag:   Bid vir al die slagoffers van die groot reën van Jan 2011.

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

Girls wanna have fun Moonlight lady

14 Kommentaar Add your own

  • 1. Gerda  |  Januarie 15, 2011 om 12:32 nm

    My aarde olga raak jy nou ook n statshoer?

    Antwoord
  • 2. toortsie  |  Januarie 15, 2011 om 12:42 nm

    Ai, Olga, ek wens ek kon help!!
    My WP gee ook soms probleme. Dan wys die STATS nie, ens. Al wat ek dan doen is om “uit te log” en weer van voor af “in te log”. Kyk of dit werk. Want WP is jou enigste hoop as jy verveeld is!!!

    Antwoord
  • 3. toortsie  |  Januarie 15, 2011 om 12:47 nm

    toe vergeet ek om te skreeu: VEELS GELUK MET JOU 200E POS!!! Wanneer was die heel eerste een???

    Antwoord
  • 4. Olga  |  Januarie 15, 2011 om 1:21 nm

    fluister *gerda, hoe betaal hulle? 😉

    toortsie ek weet nie eers wat stats is nie.

    Antwoord
  • 5. toortsie  |  Januarie 15, 2011 om 2:07 nm

    ons betaal nie eintlik nie. koop sommer op skuld!!

    Antwoord
  • 6. toortsie  |  Januarie 15, 2011 om 2:07 nm

    Wat ek bedoel met jou WordPress wat nie saamwerk nie… LOG OUT of TEKEN UIT. Dan begin jy weer met LOG IN…

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Januarie 15, 2011 om 3:06 nm

      Het al inlog uitlog ding tot vervelens toe gedoen. Dan speel ek maar madam fate tot ek sien daar is sterker sein. As die kwaai reën soos nou, het ons altyd probleme.

      Antwoord
    • 8. Olga  |  Januarie 15, 2011 om 3:10 nm

      Buitendien, stats pla my nie in die minste nie. Daar was ‘n tyd toe die merrieperd 400 – 500 comments per dag gekry het. Maar blog het nou al uitgeplat. Mense het aanbeweeg na nuwer dinge. Dis nog net vir blog virgins dat stats saak maak. Maar wat, môre skyn die son weer, dan neuk wp my nog rond. Dis maar ‘n omgewing hazard.

      Antwoord
  • 9. Xena Phoenix  |  Januarie 15, 2011 om 2:20 nm

    Die dop verbod is net op toepassing vir dagbesoekers (wat net so terloops verder moet ry as hulle uit die wildtuin is.). Mense wat oornag mag nog in die kampe drink, mits hulle hulle self gedra.

    Ek haal aan uit die Beeld:

    Dr. David Mabunda, uitvoerende direkteur van SANParke: “Daar is ook besoekers uit voorheen benadeelde gemeenskappe wat hierheen kom om piekniek te hou omdat hulle nie soortgelyke geriewe in hul onmiddellike omgewing het nie. Hulle stel nie daarin belang om die diere te bewonder nie, maar om hulself te geniet – daarom die musiek en dansery nadat hulle baie gedrink het,”

    http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Park-stel-verbod-in-op-drank-20110114

    Ek dink die nuwe stappe kan die wildtuin meer aangenaam maak.

    Antwoord
  • 10. Olga  |  Januarie 15, 2011 om 3:01 nm

    As die mense in die restaurant gaan sit en suip, Grieters, wie gaan weet of dit dag of oornag besoekers is? Ek hoop dat hulle piekniek gaan hou waar vuilbaard kan saam kuier.

    Antwoord
  • 11. Xena Phoenix  |  Januarie 16, 2011 om 8:50 nm

    Volgens wet mag ‘n restaurant nie iemand bedien tot hulle snotters is nie. Ja, ek weet. Werk net so in teorie.

    Antwoord
    • 12. Olga  |  Januarie 16, 2011 om 10:08 nm

      Ag, hulle sal wel ‘n antwoord hê vir mense wie gaan om in hul restaurantete gaan dronk word en dan te ry om by die hek uit te kom.

      Antwoord
  • 13. Xena Phoenix  |  Januarie 16, 2011 om 8:50 nm

    Baie geluk met nr 200!

    Antwoord
    • 14. Olga  |  Januarie 16, 2011 om 10:05 nm

      Dankie, dankie.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: