Drie pikkewyne

Januarie 11, 2011 at 1:11 vm 21 Kommentaar



Na ses weke van 24 / 7 geselskap, is ek weer heeltemal alleen.  Hoe jok ek nou.  Bessie is darem hier.  Maar in die ses weke het sy heeltemal verhond en ek sit met die gebakte pere.

Praat ek met haar, gluur die gemene klein teef my aan asof sy ook ‘n gifoog het.  Ek het toe dadelik ondersoek gaan instel, maar haar oë is darem ewe groot.  As die reën ook nou net vir ‘n paar dae wil ophou sal dit goed wees.  Dan kan ek gaan stap en ook vermaak se kind word.  Dan kan ek die hoogmoedige skepsel in die huis toemaak dat sy kan voel hoe dit voel.  Ek dink ou Toughey begin nou te oud raak vir die gestappery.  Hy loop deesdae dikwels kruppel.  Ek moet hier egter sê dit blyk of die horrelpoot nie altyd dieselfde een is nie.  So ek weet nie of ek my te veel aan sy mankheid wil steur nie.  Soos julle nou al weet, soms besluit Bessie haar pote is moeg, dan moet ek by haar sit of haar dra.  As ek die dag met pisvoetjies opgestaan het, dan waggel ons aldrie, maar stap wil ons stap.

Ek dink ek sal in onguns met my wees as ek hom op pensioen sit en ‘n jonger hond aanskaf.  Sien, die ding is nou net dit, Toughey is so groot soos ‘n jong perd.  Sy grote, meer as enigiets anders dwing respek af.  Sekere mense praat dikwels van my waghond en verwys dan natuurlik na Bessie.  Ek vergewe haar egter.  As sy maar weet.  Toughey is die waghond.  Hy wag vir sy leiband net soveel as vir sy bak kos.

Julle sal my nie glo nie.  Ek is heeldag in en uit die huis.  Hulle is die werf vol, maar laat ek die leibande vat, dan staan Toughey en Bessie mekaar en vertrap by die hek.  Dan wag hulle om saam te stap.  Ek het al die leibande gewas en dan die varsgewasde bande weggesteek sodat hulle dit nie sien nie.  Watwo!  Hulle weet dis stap tyd.  Ek vermy soos die pes om dinge volgens ‘n patroon te doen.  Daarom gaan stap ons altyd op verskillende tye.  Maar of ek 8vm of 5 nm gaan stap, as ek die leibande gevat het, staan die twee en wag.

Dit is dus nou bewys, hond is ook vrou se beste vriend.

Gedagte van die dag:  Wees goed vir jou diere en hulle sal goed wees vir jou.

Advertisements

Entry filed under: Sug.

Hokaai, hokaai Dr dr.

21 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  Januarie 11, 2011 om 7:55 vm

    more, more.

    Antwoord
  • 2. toortsie  |  Januarie 11, 2011 om 8:09 vm

    Hello. Is ek sowaar eerste???
    In die EERSTE plek sal jy daar by my boksie moet gaan draai. Ek sien dnie die WordPress Boodskap hier nie, so, gaan kyk maar asb!!
    Die honde ken vir jou. Hulle sien in jou OOG dat jy beplan om te gaan stap!!

    Antwoord
  • 3. Olga  |  Januarie 11, 2011 om 8:29 vm

    ek weet nie so leke daarvan nie toortsie. hul sal buite wees. as ek bv komposgat toe gaan, kyk hul net. gaan ek tuin toe stap hul saam. gaan ek hek toe, spap hul net saam. gaan ek bin toe, kyk hul net. vat ek die bande, in die huis terwyl hul in die voortuin is, weet hul. hoe weet hul?

    Antwoord
    • 4. Son  |  Januarie 11, 2011 om 3:59 nm

      Mila reageer dadelik op die woord “STAP”. So mens moet versigtig wees om dit selfs in ‘n gewone sin te gebruik, want dan raak sy bezerk.

      Antwoord
      • 5. Olga  |  Januarie 11, 2011 om 10:52 nm

        Ek is alleen Son. So ek vat die bande en loop uit. Ek spreg geen sprag voor die tyd nie.

  • 6. Xena Phoenix  |  Januarie 11, 2011 om 9:35 vm

    Mens sal dink dat jy dankbaar sal wees vir ‘n bietjie rus en vrede. 😉

    Honde voel beslis dinge aan. Hoe? Wie sal kan raai.

    Antwoord
  • 7. Olga  |  Januarie 11, 2011 om 9:40 vm

    Mens moet nie dieselfde foon as die mense om jou hê nie. Bid jou aan iemand kom kuier. Op ‘n kol staan jy op om koffie te maak. Dan bring jy die koffie in en sy hou jou foon na jou uit. Tik, tik, tik klap jy daardie toetsies in antwoord op wat jy gelees het en submit. Ari gedorie en daar 5c jy as iemand anders. So het ek ook al as ons gunsteling heks ge5c.

    Antwoord
  • 8. Selene Phoenix  |  Januarie 11, 2011 om 10:01 vm

    Hallo!

    Ons honde weet ook wanneer ons gaan stap – wanneer ek tekkies aan trek, of ‘n gym broek dan weet Milo en hy hou nie op spring nie!

    En dan is dit ‘n mal huis… Milo spring bo-op Madonna om seker te maak hy is eerste, dan hol Madonna weg want dis mos lekker om haar te gaan vang om haar band aan te sit! En dan is dit kompetisie om te sien wie loop voor (en daar word gebyt as die een vinniger is as die ander een)

    Ek dink ek moet vir Ceaser van die Dog Whisperer kry om ons honde mooi te leer hoe om te loop! 🙂

    Antwoord
  • 9. Selene Phoenix  |  Januarie 11, 2011 om 10:02 vm

    O ja watse tipe hond is Toughey? Klink soos my tipe hond! 🙂

    Antwoord
  • 10. Jan Twak  |  Januarie 11, 2011 om 10:04 vm

    Dagsê Ant.. uh Mevrou Olga!

    Ek het jou raad probeer volg van goed wees vir jou diere en vanoggend met ons kat gaan stap. Maar heng, dit sukkel maar met die leiband!

    Antwoord
  • 11. Selene Phoenix  |  Januarie 11, 2011 om 10:18 vm

    @ Jan Twak 😆 😆

    Antwoord
  • 12. Olga  |  Januarie 11, 2011 om 11:00 vm

    welkom oupie jan. Jy hanteer jou kat verkeerd. Myne lei my, nie ek vir hom nie. Op daardie manier is die stappie gou verby.

    Selene, toughey is n boerboel x rifrug. Ek wou n foto van hom en bessie opsit, maar wp het alweer haar panty in n knoop geruk.

    Antwoord
  • 13. Selene Phoenix  |  Januarie 11, 2011 om 1:30 nm

    Ja! Sit asb ‘n fotos op – sodra WP klaar is met sy moods!
    Ek is mal oor albei honde tipes, so dis seker ‘n “best of both” hond! 😉

    Antwoord
  • 14. Olga  |  Januarie 11, 2011 om 4:53 nm

    ai, wp. Selene, ek het foto’s opgesit van Toughey.

    Antwoord
  • 15. Selene Phoenix  |  Januarie 12, 2011 om 10:48 vm

    Dankie Olga!! 🙂
    Hulle is pragtig!!! Wie is die 3de nat neusie?

    Antwoord
  • 16. Olga  |  Januarie 13, 2011 om 12:17 vm

    bessie en toughey en toughey alleen.

    Antwoord
  • 17. Selene Phoenix  |  Januarie 13, 2011 om 11:58 vm

    Ha ha ha!!
    En daar herken ek nie vir Bessie nie! 😳
    Jammer seker omdat sy geskeur is! Sy het soos ‘n ander hond gelyk… toe dog ek jy het drie honde!!

    Antwoord
    • 18. Olga  |  Januarie 13, 2011 om 11:41 nm

      no. 3

      Antwoord
  • 19. Olga  |  Januarie 13, 2011 om 12:15 nm

    😆 sy is nou skaam dat sy jou mislei het.

    Antwoord
  • 20. Selene Phoenix  |  Januarie 13, 2011 om 1:02 nm

    Ha ha ha!!
    Ek is mal daaroor dat elke een sy / haar eie persoonlikheid het! 🙂
    Wens ek kan daai twee van ons skeer, verloor hare asof daar geen more is nie!

    Antwoord
  • 21. Olga  |  Januarie 13, 2011 om 7:16 nm

    kam hul uit selene. Tougheo verloor nk hare asof hy ander baadjie gaan aantrek. Lyk of hul iets weet wat ons net gaan voel.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: